Vrou kry borgtog ná model se tref-en-trap-dood

Olivia Sieff (Foto: Boss Models/Facebook)

Onesimo Makhubalo het Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn in verband met die tref-en-trap-ongeluk buite ’n kuierplek in Claremont wat die lewe van Olivia Sieff, ’n Kaapse model, geëis het.

Makhubalo het op ’n aanklag van strafbare manslag in die hof verskyn en is op borgtog van R3 000 vrygelaat, het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Haar borgtogvoorwaardes behels onder meer dat sy elke Vrydag tussen 18:00 en 19:00 by die Wynberg-polisiestasie moet aanmeld.

Die saak is tot 25 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Makhubalo (31) se motor is met behulp van kringtelevisiebeeldmateriaal geïdentifiseer as die motor wat by die ongeluk betrokke was, waarna sy in hegtenis geneem is.

Die 18-jarige Sieff is omstreeks 01:50 Sondag buite die gewilde nagklub Tin Roof in Hoofweg ten aanskoue van ander jongmense deur ’n motor getref.

Die bestuurder van die motor het ná die voorval van die ongelukstoneel gevlug.

Sieff is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Sy het verlede jaar aan die Herschel Girls School in Claremont matriek behaal en was ’n model vir die bekende modelagentskap Boss Models.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tubac ·

Te maklik met borgtog. Dit is duidelik n bewys van die swak toestand waarin die regstelsel tans is.

Nico ·

Wat doen die NGV is hulle besig om die skuldige persoon te beskerm, handel die saak af en sluit die beskuldigde toe.

Misky ·

Belaglik hoe maklik sekere lede van die publiek deesdae borg kry.

Waarnemer ·

Was die bestuurder van die voertuig n blanke vrou sou borgtog nooit toegestaan gewees het nie
Slegs n klag van strafbare manslag?Wat van die versuim om by die ongelukdtoneel stil te hou?Wat van die versuim om die ongeluk by die polisie binne 24 uur aan te meld?
Tien teen een was die beskuldigde nog dronk if onder die invlied van sterk drank of dwems en nou kan dit nie bewys word nie omdat sy van die toneel af weggery het!!!

Maritza ·

Hoekom kry sy borgtog? Syt dit gedoen. Finish en klaar. Hoekom die saak laat snoer?

Lekker in SA ·

Ek wil n vloek woord gebruik maar ek mag nie …. ons land se krimenele loop op vrye voet rond en die wat onskuldig is kry tronkstraf …. dis mos hoe dit is in SA! Siek verby mag jou gewete jou pla!!!!

Swerwer ·

As jy in ag neem wie die bestuurder van die motor was, kan mens glo dat die peroon op borgtog van R3000 vrygelaat is nadat sy moord gepleeg het. Nou gaan dit jare neem om die saak af te handel en intussen moet die familie van Olivia Sieff die stukke optel en probeer aangaan met die lewe. Dit is hartveskeurend dat ons land se regstelsel so korrup is.

Janette ·

R3000 Borg vir n lewe wat geneem is…………………..

Jacobus ·

Kan iemand vir my verduidelik wat beteken; “verdere ondersoek”, wanneer al die konkrete bewyse, reeds in die polisie se besit is?
Ons regstelsel werk so, indien jy iemand van die “aangewese groep” is; jy betaal jou borgtog, verdere ondersoek volg, die saak word uitgestel, die saak word uitgestel, die docet raak verlore, jy eis jou borgtog terug, jy is vry!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.