Vrou kry ‘tweede’ hartaanval in wildtuin

ER24 het Vrydag ‘n vrou na die lughawe gehaas, nadat sy ‘n hartaanval in die Krugerwildtuin gehad het. (Foto: ER24)

ʼn 36-jarige vrou is per lugambulans na ʼn hospitaal geneem nadat sy ʼn hartaanval gekry het terwyl sy in die Krugerwildtuin op vakansie was. Dit is die tweede hartaanval wat sy in twee maande gekry het.

Die vrou het Vrydagoggend omstreeks 09:00 hulp ontbied toe sy borspyne ervaar. Sy het reeds die vorige aand borspyne begin kry en wildbewaarders by haar ruskamp het toe reeds aangebied om haar na ʼn 24-uur- mediese fasiliteit by Skukuza te neem.

Paramedici van ER24 is Vrydagoggend vanaf Tzaneen in Limpopo ontbied. “Toe hulle op die toneel kom, het hulle onmiddellik ʼn privaat mediese helikopter ontbied om na Skukuza-lughawe te vlieg. Die vrou was in ʼn ernstige toestand en ons paramedici het haar op die toneel met gevorderde lewensreddende toerusting behandel, voor sy na die lughawe geneem is,” het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Die pasiënt is toe na ʼn private hospitaal in Centurion gevlieg vir spesialis kardiologiese behandeling.

Dit is nie bekend wat haar toestand tans is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Spook ·

Laat ek raai. Het sy die covid-griepinspuiting gekry, so ‘n paar maande terug?

Pieter ·

Eish, julle is vreesbevange. Ontspan en vat daardie spuit.

JN ·

Myocarditis is bewys as n newe effek van die covid jab ouboet..Trombosis ens…Vat nie n wetenskaplikke om een en een by mekaar te sit nie.
Jy se ontspan nogal ne… Ai ja tog maar die skaapmense op ons planeet waar sekeres se spring skape en die skapies se hoe hoog meester hoe hoog?

Alta Alleman ·

Nêrens lees ek enige iets oor die jab wat sy gekry het nie. Nou loop almal se ideas op hol….eish !!

JN ·

Ek wonder ook..
My oom het so paar maande terug die covid jab gekry sommer n dubbel dossis en nie te lank daarna n hartaanval…Hmmmm miskien toeval en miskien nie…Kyk nou weer al die af duimpies..Ek sal jul ok sommer vertel waar om daai af duimpies te gaan opdruk…

Rooikopheks ·

Koos jy sê ń dubbel dosis, was dit nie ń drie dubbele dosis nie? Ek wonder nou net?

Kalla ·

Laat ek raai, as die kat kleintjies kry is dit ook seker die covid inspuiting!

JN ·

Kyk al die af duimpies jinne siestog..
Ai jinne seker maar al die neus geleide torre wat die jab gevat en nou hoop die nare hart probleme is nie as gevolg van die jab nie…
Sal maar moet wag en sien ne…
Spannende tye as jy jou hoop sit op n lot wat jou alles belowe sonder die kritieke antwoord of dit veilig is of nie en net dit kan dit beantwoord en dit is tyd….
Soos ons aanstap manifesteer al meer probleme nadat die lot gese het, onstspan net man en vat die jab..
Als is deur gejaag met gulsigge besigheids mense wat met een voet aan beide kant van die draad sit…
Met een voet in FDA kamp wat se die jab is velig en moet dadelik hevat word en met die ander voet sit dieselfe ou in die kraal van die vervaardigers van jab of dit nou Pfizer is of Moderna etc?? Nou hoe werk jy dit uit??? Baie geld te make hier veral as jy jou eie produk maak en bemark…
Hul sou dit in die engelse noem “a conflict of interrest”…
Anyhow tyd sal als onthul…

Rooikopheks ·

En kort voor lank hyg die regop duimpies na asem en is op ń ventilator in ICU.

Rooikopheks ·

Moenie so bang wees vir die afduimpies nie, wees eerder bang as jy in ICU beland met covid-19 omdat jy is te bang vir die jab.

Keith ·

Ek is Engels, en is nie seker van die korrekte gebruik van “met” of “op” vakansie nie. Dalk is dit so opgelos :- more is ek “met vakansie” Durban toe, maar sodra ek daar aankom is ek seker … “op vakansie”. Of hoe ?

Barney ·

Dis nou al seker 20 jong mense wat ek van hoor in die laaste maand wat ń hartaanval onlangs gehaad het. Die enigte ding wat almal in gemeen het is die inenting. Sorry ouens maar julle almal het mikro bloedklonte en dit gaan nie goed gaan nie. Ek bid maar net vir julle.

Pieter ·

Bid jy vir dieselfde god wat die entstof gegee het? Of is die entstof van die duiwel af. Alles word mos op die arme duiwel blameer.

Jeffrey ·

Barney, kan jy asseblief die feite staaf. Baie mense “het gehoor” van n oom se niggie se vriend se pa wat “oorlede” is agv die inenting.

Elmarie ·

En ek weet van minstens 40 mense wat NIE hartaanvalle na die inenting gekry het nie!

Reinier ·

Wat my verbuister laat is al die afleidings wat gemaak word met almal se kommentaar….
Wie weet tog wat is die vrou se mediese geskiedenis,dna leefstyl ens…of dalk sommer net die bogemiddeld stres wat mense deesdae beleef…
Enigste klonte wat ek hier kan sien is die klontkop opmerkings….
MM dink dis tyd dat julle die kommentaar opsie moet heroorweeg of dalk die slim kommentators “n werk aanbied by julle…

Jeffrey ·

Presies!! Mense wat “gehoor het” dat dit en dit en dat gebeur het se kommentaar moet verwyder word.

Rooikopheks ·

Presies wat jy hier sê Reinier, alles is deesdae die jab se skuld. Dis ń jammerte dat mense altyd net hoor van iemand, en dan nog ń paar ander by tel as hulle die storie oorvertel.

Fritz ·

Dis n abnormale lae ouderdom vir n hartaanval. En dan ook nog twee so kort na mekaar. Verbeel ek my, of is iets hier nie pluis nie? Hmmmm…….seker maar my verbeelding……

Rooikopheks ·

Gesonde jong mense kry hartaanvalle, baie faktore dra daartoe by.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.