Die polisie ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing ná ʼn vrou glo ʼn kleuter langs die pad in Midrand, Gauteng, afgelaai en weggery het.
Xolani Fihla, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), sê volgens ʼn ooggetuie het ʼn vrou Sondag in ʼn wit Volkswagen Polo die kleuter – tussen twee en drie jaar oud – in Sagewoodstraat in Noordwyk afgelaai en daarna weggery. Die ooggetuie sê daar was ʼn man en ʼn vrou saam met dié betrokke vrou in die motor.
“Die voertuig se nommerplaat is ongelukkig nie waargeneem nie,” sê Fihla.
ʼn Metropolisiebeampte, Sithembile Malgas, wat in die omgewing was, het die ooggetuie en kleuter na die polisiestasie in Midrand geneem. Die kind is na ʼn plek van veiligheid geneem.
Angie Mokasi, die waarnemende hoof van JMPD, het Malgas geloof dat hy sy tyd afgestaan het om die kleuter te help, hoewel hy nie aan diens was nie.
Enigiemand met meer inligting kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 of die Midrand-polisiestasie skakel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
29 Kommentare
Onmenslik en kry die skuldige partye en gee hoogste straf denkbaar!!!
Dis nie mense wat so maak nie. Mag die kleintjie n gelukkige huis vind en mag die “ouers” rot.
Nie eers ‘n hond sal haar kleitjies weggooi nie.
Dalk is hierdie klein seuntjie ontvoer uit ‘n township, dis ‘n groot moontlikheid.
Liewe genade Kerneels hierdie kindjie is tussen 2 en 3 jaar oud. En hoe durf jy so n aanmerking maak.??