Vrou langs haar man in motor doodgeskiet

Quinton en Vanessa Dreyer. Foto: Facebook

Quinton en Vanessa Dreyer. Foto: Facebook

ʼn Ma van twee is Woensdag ten aanskoue van haar man in die oprit van ʼn huis in Edenvale doodgeskiet.

Kapt. Jean Olckers, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat Vanessa Dreyer (27) tydens die voorval doodgeskiet is. Haar man, Quinton, was saam met haar in die motor.

“Volgens die inligting wat ons tans het, was die paartjie tussen 19:00 en 20:00 in hul motor in die oprit van ʼn huis in The Avenues in Edenvale, toe ʼn wit Mercedes agter hulle gestop het. Die verdagtes het uit die motor gespring en op die paartjie geskiet. Die man het glo teruggeskiet en die verdagtes het gevlug,” het Olckers gesê.

“Vanessa is tydens die voorval raakgeskiet en haar man het met haar na ʼn nabygeleë hospitaal gejaag. Sy is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

Olckers kon nie bewerings dat die egpaar se twee jong kinders saam met hulle in die motor was, bevestig nie. “Volgens sommige verklarings was die kinders in die motor, ander beweer weer hulle was nie in die motor nie. Ons probeer dit nog vasstel,” het hy gesê. “Quinton het reeds aan ons ʼn verklaring gegee, maar hy was nog baie getraumatiseer.”

Volgens Olckers is dit nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was nie, maar is dit meer as twee. “Ons is vandag besig met forensiese toetse op die egpaar se motor en op die toneel. Ons probeer ook vasstel of daar enige kameras in die omgewing was wat dalk die gebeure vasgevang het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Herman Dreyer, Vanessa se skoonpa, het die nuus aan Maroela Media bevestig. “Ek weet self nog nie presies wat gebeur het nie, omdat Quinton nog te getraumatiseer is om oor die voorval te praat. Die hele familie is baie geskok. Vanessa was ʼn wonderlike mens in die fleur van haar lewe,” het hy gesê.

Olckers het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om dadelik die polisie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

kattt ·

baie jammer dat julle ook nou n statistiek is en jy jou lewensmaat verloor het.baie sterkte vorentoe vir julle.

N ·

Quinton, alle sterkte aan jou en julle arme kinders wat nou sonder n ma moet groot word. Ek verstaan nie hoekoem hierdie goed gebeur nie. Niemand doen nie. Dis geen wonder so baie mense wil uit hierise land uit kom nie. Ek is een van hulle. Saam my man en kind. Ek bid dat die Here jou, jou kinders en julle families sal dra en sal troos.

N ·

Ja ek se ook so. Hulle is gemors – n lewe is vir hulle niks werd nie.

Uvonka ·

Ek is Vanessa se niggie, haar 2 seuntjies was in die kar saam met haar oudste suster Charlet wat bo oor die seuns gele het.

Helena Mostert ·

Quinton, mag ons Hemelse Vader jou en jul kindertjies styf vashou in Sy Vertroosende Hande. Woorde het ek nie, oordeel mag ek nie, maar ek weet God sal intree. Sterkte vir al haar geliefdes ook.

Maria van Dieweeck ·

So jammer vir jul. Kan steeds nie ongeskok staan teenoor sulke nuus nie, al lees ek soveel sulke berigte DAAGLIKS. Nog kosbare bloed, maar dan word ons deur ons eie gemaan om nie modderspore te trap in die samelewing nie..wat van die bloedspoor van ons mense?

Willemien ·

Ai, dis weereens so hartseer om te lees. Baie sterkte aan haar naasbestaandes. Julle is in my gebede.

Pieter Grobler ·

Hi Gerhardt, hulle het probeer om die motor te kaap. Dis my suster se seun en sy vrou. Die 2 seuns (7 & 8) was inderdaad in die motor, asook Vanessa se suster.

Gerhardt O ·

Pieter dankie vir joun terugvoer.. Uiters tragies. Ons innige meegevoel aan julle en familie.

Ken ·

Siek regering, siek situasie. Wanneer begin ons as landsburgers ministers verantwoordelik hou vir hierdie sinnelose moorde?? En wat beteken ons Grondwet – absoluut boggerol. Absoluut tragies vir die jong vrou se hele familie….. Nie woorde nie, net woede.

Pastoor ·

Om van optegooi. Walglike bloedvergieters. Julle ook in julle eie bloed sterf

JJ ·

Baie sleg. Ek hoor duidelik die stilte van die MENSEREGTEKOMISSIES

Freud ·

Maar gegeurde kondome kry voorrang in die parliament terwyl die land uitmekaar val!

Willem ·

Daar kom n tyd dat die volk dinge in hul eie hande sal neem het Niklaas van rensburg meer as 90 jaar gelede voorspel.Dan gebeur dinge vinnig.Word wakker die drek wat regeer is kriminele en wil almal uitmoor.Hoe lank wil julle nog met oogklappe loop,voete was en versoen?

Daan Du Plessis. ·

Ons kan nie sit en wag dat hulle ons kom uitmoor nie.Ons sal moet begin mobiliseer.

wilma ·

Dit is baie baie hartseer……. my meegevoel ga saam die families haar man en 2 klein kindertjies

Caroline ·

We have been so so sad since we heard this news. Courage. Courage. Courage.

RH ·

Vir verkragting kry hulle lewenslange tronkstraf, maar vir moord 6maande tot n jaar. Waar gaan alles eindig.
Bring die doodstraf terug ASB.
My innige meegevoel met die familie.

Lollapot ·

My hart gaan uit na die familie – dis ‘n skielike leemte wat ontstaan het deur gierige wesens.
Ek stem ook saam oor die doodstraf, maar ongelukkig gaan dit dan ‘n meer “wettige” manier wees om van ons boervolk ontslae te raak.

Uvonka ·

Ek is Vanessa se Tannie. Sy was die pragtigste mens en wonderlikste Ma. Hoe hartseer dat die lewe van ‘n mens niks beteken nie en hulle die reg het om te moor soos hulle wil? Ek wonder hoe slaap sulke koelbloedige moordenaars.

Theresa ·

Mag jul baie krag ontvang van Bo om hierdie aaklikge trauma te verwerk. Mag die mense in die wit Merc tienmaal meer trauma binnekort ervaar.

Wenner ·

Ek troos my net aan een ding: eendag GAAN hulle voor die groot Regter staan. En dan gaan GEEN verskoning help nie.

Maggie van Zyl ·

Dit is jammer jou pragtige vroutjie is oorlede, maar welgedaan dat jy die res van jou familie ten minste kon beskerm teen die hyenas, Quinton. Sterkte, moeilike tye wat voorlê.

Johanna ·

Baie hartseer. rus in vrede moedertjie. jammer dat die klein kindertjies dit moes ervaar. Ek stem volkome saam met Lollapot. die doodstraf sal teen ons nasie gebruik word.

Jacques ·

Ek vind myself staar na fotos van jong mense met drome. Mense soos ek. Drome verwoes deur sinnelose bloedvergieting wat my elke keer rilling gee. Ons almal glo en weet God sal ons dra. Ek dink wel God se arms dra swaar in ons pragtige land. Hier is geen respek vir lewe en ek lê dit voor die deur van ons regering.

Dit spyt my dat tragedies soos dié weg kwyn in die statistieke en geen impak of verandering bring.
Alle Suid Afrikaners word negatief beinvloed deur die land se slapgat houding teenoor geweld en die belaglike prys wat kriminele betaal sou hul aan die pen ry.

Ek bid vandag vir nog n man sonder sy lewensmaat Kinders wat nie weer hul moederlike liefde sal ervaar. Ouers wat die onnatuurlike taak het om hul kind te begrawe.
Oh liewe Heer! Help ons land uit die donker gat wat ons mense verslind.

Ria ·

Sterkte aan julle. Die verdomde sleg goed ek mag nie vloek nie het my pappie net 2weke terug so vermoor. hom in die kop geskiet nadat hy by huis gekom het hulle kos op tafel gaan sit het en hek wou gaan sluit het. Ek is vol haat en woede en niks of niemand gaan dit verander nie. Hulle het nog werkies op aarde gehaat en dan word hulle lewens gesteel nog voor hulle dit kon voltooi het. Dit is helse skok as mens dit nie verwag het nie. Toe ek dit hoor het ek gebid en smeek dat dit nie dood is nie maar hulle het hom dood geskiet met een skoot. Hy het nie kans gekry vir terug baklei nie. En een was wel gevang waar is die ander loop en moor sekerlik verder. Sterkte dit is moeilik glo my ek is net eerlik en moet nie dat ander se dit word beter nie want dit sal nie. As dit siekte was wat dood veroorsaak het kon ek se miskien maar ook nie gou nie maar dis moord heel anders.

Catryn ·

Sterkte aan die familie , geen maklike taak om voort te gaan sonder ‘n ma of vrou of kind nie. Mag HY julle troos en so ook elkeen wat al sedert 1994 hul lewens so moes verloor.

Dit is so met al ons moorde, onopgeloste moorde waar ons net kan simpatie betoon – genoeg is genoeg, maar gaan ons almal eers daar op daardie bladsy wees, as niemand meer oor is nie?. Dis onregverdig. Ons het ook ‘n reg in hierdie land, al dink miljoene nie so nie, dis ons land, nes dit hulle sin is. Daar is ‘n gebied, waar ons soewereine onafhanklikheid kan kry, ook ‘n internasionale reg, en as ons dit nie verkry nie, gaan hierdie dinge nooit ophou nie. Elke etniese volk het daardie internasionale reg. Hoekom moet ons uitvermoor word of so verarm word, tot ons tot niet is… gaan ons dan te laat wakker skrik, ‘n swerwersvolk wees buite ons grense. Etniese swart volke het reeds Trustgebiede, en hulle bly lekker daar, elkeen op hul eie, met hul eie tradisionele leiers, sien nie hoekom ons nie ook ‘n gebied kan verkry nie.

Heinrich ·

Ai mense wat kan ek sê?Ek en my vrou sit albei hier in trane.Ek is lid van die Primrose Polisie se sector 3 CPF(GPF) ek het die berrig vroeg oggend op ons Whatsapp gekry ek kon my oë nie glo nie was uiters geskok.Wat daai arme mense darem moes deermaak.Al wat ek kan sê is sterkte aan die familie ons gebede us met julle.God is met julle.

Soekie Scherman ·

Sterkte aan die familie en vriende. Ek dink aan julle. Tyd dat ons begin saam staan. En die Doodstaf moet definitief weer terug kom. Sal definitief minder misdaad wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.