Vrou langs man doodgeskiet: Name bekend gemaak

Marlet en Manie Entres (Foto: Facebook)

Die Gautengse provinsiale gemeenskapspolisiëringsraad, het bevestig die 61-jarige vrou wat Sondagoggend vroeg langs haar man doodgeskiet is tydens ʼn aanval op hul kleinhoewe in Buffelsdrift Bavaria in Roodeplaat, Gauteng was die vrou van die adjunkvoorsitter van Kameeldrift-Oos se GPF.

MR Patel, skakelbeampte, het gesê die raad betuig sy innige meegevoel met Manie Entres en sy familie en vriende met die afsterwe van Marlet Entres.

Entres en sy gesin was die oggend die slagoffers van ʼn gewapende roof by hul huis.

“Sy was ʼn gewaardeerde en geliefde lid van die gemeenskap en ons sal haar baie mis. Ons deel die hartseer saam met almal wat deur dié verlies geraak word,” het Patel gesê.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek ʼn saak van gewapende roof en moord. “Ons is vol vertroue dat die owerhede die voorval sal ondersoek en geregtigheid laat geskied.”

Maroela Media het vroeër berig twee verdagtes het diefwering van die huis oopforseer en die huis op so ’n manier binnegekom.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê die inbrekers het die egpaar, hul dogter en kleindogter vasgebind. Die vrou is toe in haar bors geskiet en later op die toneel dood verklaar.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die voorval bevestig. “Die aanvallers het gevlug met selfone en die egpaar se Isuzu-bakkie.”

Volgens Müller moes Entres, wat betrokke is by die plaaslike brandvereniging, sowat ʼn uur spook om homself los te wikkel langs sy vrou se liggaam om hulp te ontbied.

Müller het verder bevestig dat die dogter en kleindogter in die huis was, maar dat hulle ongedeerd is. AfriForum reël dat die misdaadtoneel skoongemaak sal word.

Masondo het Maandag aan Maroela Media bevestig niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Celtis Africana ·

” Afriforum reël dat die misdaadtoneel skoongemaak word.”
Daar is niks wat soveel punte tel as diè klas van bystand nie, niks!
Wanneer die getraumatiseerde familie terugkeer na hul woning is alles opgeruim!
Dit is voorwaar net daar waar die “tyre” die teer slaan!
Met groot dankbaarheid teenoor Afriforum.

friedfrog ·

En so word daar weer ‘n onskuldige vrou uit die gemeenskap weggehaal! Waar is die regering? Kan net praat en praat en praat. Wat sê die wet oor staatsbegrafnisse? Dit voel al vir my daar is net te veel wat op belastinggeld begrawe word! Hierdie mense moet hul eie begrafniskoste dra. Dis nie reg nie!! Dankie, Afriforum vir jul baie praktiese hulp.

Johann van Cullinan ·

My innige meegevoel met die skielike en onnodige moord op mevrou Entres.
Dit is baie jammer dat hierdie soort misdaad net onder die mat ingevee word.
Ons is die minderheid en ons as ‘n volk, almal wat Jesus ken moet regtig op ons kneë gaan en God se hulp vra.

Dereck Le Roux ·

‘n Lewe het werkluk niks waarde meer in hierdie vervloekte land nie.

Nelia van Zyl ·

Ai nee, hoe lank gaan hierdie tragiese omstandighede , hierdie koelbloedigheid nog voortsleep? Dit skree ten hemele!

GP ·

Dit gaan aanhou en vererger solank ons die gewillige sagte teikens is. Daar is ‘n massiewe aantal mense in ons land wat onder groot armoede leef. Aan die ander kant is daar ‘n groot hoeveelheid mense wat baie meer het en maklik is om te teiken. Dit maak tog sin dat die armes gaan toeslaan.

Gaan loop vanaand om die huis en kyk waar kan hul maklik inkom en maak dit die moeilikste plek om in te kom. Beplan ‘n aanval op jouself en kyk wat jy moet doen om dit af te weer. Besef niemand anders gaan vir jou veiligheid sorg nie.

Ons lewe in gevaarlike tye mense ons moet daarby aanpas.

Mariaan ·

Daar was n hond in die huis wat die inbrekers ook dood geskiet het…geen genade vir niks….ongelukkig ons mooi land se wrede werklikheid…jammer vir hierdie familie

Hannetjie ·

Ek wonder om watter rede die vrou doodgeskiet is? Nie dat ek meen…van die ander mense eerder geskiet moes gewees het nie.waarom die vrou? Regtig so onnodig

Hazeldean ·

Goeie vraag Hannetjie. Lyk so asof sy spesifiek geteiken is….
Baie baie sterkte aan die familie

Johnnie ·

Die diefwering is maar van n baie swak tipe, hulle sal baie beter tipe diefwering moet aanskaf af hulle hulself beter wil beskerm. My innige simpatie met die famielie.

LH ·

Hoekom is net die vrou geskiet? Laat mens wonder? Is daar meer aan die saak?

Jozi ·

Nelia, slegte nuus.
Dit gaan nie net aanhou gebeur nie, dit gaan erger raak.
Moet nie vir een oomblik dink die regering of die polisie is bekommerd oor plaasmoorde nie.

Dirk01 ·

Dit is totaal buite beheer , ons is in n oorlog . Statistieke het bewys die plaas aanvalle is die meeste deur zimbawiers en ander immigrante…….begin deur hulle terug te jaag en verbeter grense se deur loop. En moet nie korrupte polisie lede vergeet nie.

GP ·

Almal wat werk gee aan uitlanders sonder ID’s moet besef hul ondersteun misdaad en is deels verantwoordelik vir die soort misdaad.

Ella ·

Ons is besig om uit die land te trek, ons wil nie, maar wat lê hier vir ons kinders voor? Niks. My hart is so seer oor ons land. Volksmoord is nie iets wat ons wil hê vir ons kinders nie. So baie mense al gesterf, onnodig. Ek ween vir Suid Afrika, my geboorte land.

Nettie ·

@Ella, ek is bly vir julle. Ten minste kan julle dit bekostig. Wat van 1000’e ander, soos ek, wat dit nooit ooit, nie eens náástenby, kan bekostig nie?

Ons moet maar hier sit, letterlik sit soos “sitting ducks” en wag tot dit ons beurt is, want ons beurte gaan kom – die ANC regering wil hierdie land suiwer van blankes, en hierdie is maar net die begin. Hulle voer 10 000’de Afrikane in van midde- en Noord-Afrika – om (1) vir hulle te stem in 2019 en (2) te sorg dat blankes “skrikgemaak” word met die wreedheid van aanvalle (en dus padgee, diegene wat kan).

GP ·

Nie op die spesifieke saak gerig nie maar oor algemeen.
Hoekom moet daar eers soveel dinge gebeur voor mense begin voorbereiding tref?

Dit verbaas my dat daar steeds mense is sonder ‘n gekoppelde alarm. Dis goedkoper as DSTV, dat mense staat maak op ‘n klein hondjie in die huis in die tye is belaglik.

Dat mense steeds nie ordentlike diefwering op het nie, hoe is dit moontlik veral op ‘n plaas of plot? Mens weet tog watter misdade op watter areas gebeur, op plase en plotte, sit ook staal hekke op die kamer deure, sit bewegings verklikkers in die huise werk met batterye en kos minders as R300.

Sit beams om die huis as dit moet.
Dis uiters hartseer om van hierdie sort gevalle te lees. As ons net kan leer uit sulke gevalle en ons self begin beveilig.

Thea ·

GP, nie almal kan dit bekostig nie. Het jy nou onlangs gekyk wat kos ‘n ordentlike staal hek? Nie minder nie as R1200 per hek. Dan die soort staal waarvan jy praat, ‘n lengte kos jou al oor die R200 en een lengte is defnitief nie genoeg nie. Waarom begin jy nie ‘n onderneming en skenk hekke aan behoeftige mense nie? Het jy gesien wat kos beams? Klein simpel goedkoop beams? R600 elk!! Nie almal kan dit bekostig nie! Ek is 100% seker as hierdie mense beter kon bekostig het, sou hulle lankal beter opgesit het.

Amelia ·

Siek siek siek siek – dis asof hulle net wag vir ‘n naweek om toe te slaan. Net nog ‘n plaasmoord – moenie eens omgee wie dit is nie net nog ‘n moord en whoopi vir hulle………Ons raak siek siek siek vir dit. Ons gaan werk toe en moet met dit deel – als is net ‘n grap maar dis nie ‘n grap meer vir ons nie…….

Nettie ·

Ek kan dit nie verstaan nie. In die huidige omstandighede van plaasaanvalle waarvan ons gereeld – nee – dáágliks lees, sien mense steeds nie die noodsaaklikheid daarvan om te belê in ‘n goeie huisalarm met gewapende reaksie nie.

Ek wil sê dat heelwat noodlottige aanvalle sodoende voorkom kan word, want ‘n huisalarm (1) stel jou eerstens daartoe in staat om BEWUS te wees van toetreders tot jou eiendom/huis [en dus te reageer deur jou eie vuurwapen te gryp of jouself in die huis te beveilig] en (2) dit ontbied hulp van buite.

Rosie ·

Baie baie bloed op moordenaars se hande………..so so hartseer verby. God slaap nie…..oordeel kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.