Vrou lê dae lank op vloer langs man se lyk

Louis en Baby du Toit. Foto: Verskaf.

Louis en Baby du Toit. Foto: Verskaf.

ʼn Pensioenaris van Bronkhorstspruit, Gauteng is nog erg getraumatiseerd nadat sy ten minste drie aande lank vasgebind op ʼn betonvloer langs haar man se liggaam moes spandeer.

Ansie van Dyk, die broerskind van Baby Du Toit (68), het Maandag aan Maroela Media gesê die hele familie probeer nog om die tragedie te verwerk.

Du Toit, die enigste ooggetuie, kan self nog nie alles onthou wat gebeur het nie. “Wanneer sy iets van die voorval onthou, skryf sy dit op ʼn papiertjie neer,” het Van Dyk gesê.

Die Du Toit-egpaar het nie kinders nie en woon al meer as 30 jaar lank alleen in Bronkhorstspruit.

Na wat vasgestel kan word is sy en haar man Louis (72), Dinsdag laatmiddag aangeval terwyl sy na die sepie, Days of Our Lives, op televisie gekyk het. Hulle is glo deur twee of drie mans, wat verfwerk vir hulle gedoen het, oorweldig. Die mans het op geld aangedring. Louis is glo aangerand en verwurg en Baby is langs hom in die motorhuis op die grond vasgebind.

“Ons het ʼn reëling dat ons mekaar twee keer ʼn week skakel,” het Van Dyk bygevoeg. “Oom Louis se suster het nog Sondag die laaste keer van hom gehoor. Die mense by die besigheid langs hulle het vir ons gesê hulle het hom Maandag deur die dag in die tuin gesien. Ons het Woensdag geskakel, maar kon hulle nie in die hande kry nie. Hulle het ook nie van hulle laat hoor nie. Toe ons teen Donderdagaand nog nie iets gehoor het nie, het ons ʼn veiligheidsmaatskappy versoek om ondersoek in te stel.”

Die egpaar is Vrydagoggend omstreeks 07:00 vasgebind langs mekaar in die motorhuis opgespoor. Baby het geen kos of water by haar gehad nie.

ʼn Onbekende hoeveelheid kontant en Baby se juwele word vermis.

Sy word nou deur Van Dyk en haar man in Krugersdorp versorg. “Ons reël ook dat sy berading kry. Sy is baie huilerig, maar eet darem goed. Sy sal ook fisioterapie moet kry. Sy het onlangs haar heup erg beseer nadat sy geval het, en die heup gee weer probleme na die aanval. Sy is van ʼn rolstoel afhanklik, en kan slegs kort entjies loop,” het Van Dyk bygevoeg.

Louis se roudiens gaan na verwagting in Krugersdorp plaasvind. Hy laat sy vrou en vier susters agter. Hy en Baby was 42 jaar getroud.

Konst. Zanele Vilakazi, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie vra dat enigiemand met inligting hulle sal skakel by 08600 10111.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chivago ·

Ongevoelige barbare! Skuim van die aarde, mag hul lewens suiwer HEL wees tot in ewigheid.
Om dit aan weerlose mense te doen is ondenkbaar, baie sterkte tannie, ek hoop en vertrou op spoedige herstel – liggaamlik en meer nog, geestelik.

Theresa ·

Ek stem saam met jou Chivago. Hoop die grootste pes en ellende tref hulle. ‘n Mens moet maar vandag ander plan maak om goed by jou huis te laat doen. Die uitvaagsels is dit nie werd om vir hulle werk te gee nie.

annatjie ·

Sulke gevalle is so onnodig. Mense moet meer bedag wees om mense van die straat af te neem om vir hulle te werk. Dis altyd goed om ‘n afskrif van ‘n I’d te he van werkers. Dit kan help met die Polisie ondersoek.

HETTI DE BEER ·

sjoe dis baie moeilik om my mening te gee as ek die lysie hier bo deur gelees het, kom ek se dan maar net sterkte aan die familie en dat ek sal bid vir hulle!

eileen jordaan ·

Dit maak my siek! Hulle is erger as diere en weet hulle kom weg met moord! Bring die doodstraf terug!

Chivago ·

Nee Eileen, geen dier doen so iets aan mede-diere nie – roofdiere maak dood om te eet, nie vir die lekkerte nie! En ek stem BRING TERUG DIE DOODSTRAF.

Drieks ·

Weereens vra ek , hoekom kan hierdie vrou nie van die regering eis vir alles wat in haar lewe nou finasieel verander het nie. Begrafnis, skade, dokters, hospitaal, pyn en lyding ensv…. Hierdie aanval is deur ons slap gat regering veroorsaak.
Hoekom moet ons, ons eie skade betaal….
Sterkte du Toit familie,,,,

Ernst Crouwcamp ·

Same day Respons from Facebook: Elderly couple from Bronkorstspruit burgled and tied up for 3 days in their garage. I tried to get hold of my aunt and uncle from Wednesday morning 19 Nov 2014. I tried their cell numbers and home number, but no answer. I go worried! This Friday morning at 02h00 I used Google Maps and Street View to check their physical house number (You always know how to get there, but don’t know the physical address).

I could get the house number but not the security emblem on the gate. So I went one house back and I could read the neighbors Estate agent advert. I phoned this person at 06:30 this morning to check on my family members.

Their company relocated and suggested to phone the local trusted security company in the area. So I phoned them, leaving all my details. The trusted security company phoned me back with the BAD news. My Uncle did not survive. However, my Aunt was alive and well! The Security Company then phoned the police and relevant Crime Scene Personal.

Lin ·

Ek wonder watter storie WAAR was ? Elke koerant berig iets anders !!

Hanna ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG, DAN SAL ONS LAND N BETER PLEK WEES, OM IN TE BLY. WAT JY SAAI SAL JY MAAI

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.