Vrou leef ná trok op motor beland

Foto: Netcare 911

ʼn Vragmotor het Dinsdagmiddag in Port Elizabeth in die Oos-Kaap bo op ʼn motor beland.

Die voorval het omstreeks 14:50 in Diazweg in Millard Grange plaasgevind, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

“Dit blyk dat die bestuurder beheer oor die vragmotor verloor het, waarna die vragmotor van ʼn helling afgery en bo op ʼn motor in die pad onder die helling beland het.”

ʼn Ses-en-twintigjarige vrou, die bestuurder van die motor, het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel. Meganiese toerusting moes gebruik word om haar uit die motorwrak te bevry.

“Nadat sy op die toneel behandel is, is sy per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.”

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

emily ·

Het julle al gesien hoe ry die goed, Sommige is so onpadwaardig, maar die eienaars is net bekommerd oor die geld wat hulle moet maak en gee nie om, om nasien werk ens. te doen nie. En hoeveel van daai bestuurders het regtig n lisensie.

Jerry B ·

Emily ek stem en dis ook daai selfde vragmotor wat sy kind en kleinkind kan verongeluk. All about money, te hell with the rest, so sad.

Laetitia ·

Sjoe! Wat ‘n skok vir die arme vrou. Wens haar ‘n spoedige herstel.

Wettelose SA ·

Nog n bewys hoe groot ons God is! Prys die Here! Sy sal volkome herstel om n groot getuienis vir God te wees!

Bekommerd ·

Spoed,spoed spoed! Ek kan nie verstaan waarom vlooteienaars nie die gedrag van hulle trok operateurs monitor nie.Daar is soveel toepassings beskikbaar maar “tyd is geld”Van hierdie operateurs jaag soos die duiwel,almal moet pagee want hulle het voorrang….volgens hulle.En dan,is hierdie operatuers bevoeg om hierdie voertuie te bestuur? Beskik hulle ooit oor die nodige vaardighede? Wonder hoe sal hulle in die VSA vaar. Vra maar net

Dommer ·

Ek neem aan jy was daar en natuurlik binne in die trok. Het hy by die spoedgrens gehou sou dit dieselfde effek gehad het. Was dit vinniger sou ht 10 teen 1 tot in die anderkant beland het. So probeer volgende keer verstaan en moenie altyd klippe gooi nie!

Sue ·

Die Here se genade is groot!!! Dis al wat haar van die dood gered het. Baie sterkte aan haar en mag sy spoedig volkome herstel.

Blom ·

Ek ken daai area. Het groot geword daar. Dis n helse afdrand daar waar die trok afgekom het. Brieke of iets het seker die gees gegee. Daar sal verseker ondersoek ingestel word. Mag die bestuurder van die Opel volkome genees word. Sterkte aan haar.

Ronel ·

Dit verstom my dat mense altyd kan oordeel voordat ‘n ondersoek afgehandel is.
Baie sterkte aan die 26 jarige vrou met haar herstel.

Nel ·

Ai, verkeerde plek op die verkeerde tyd. Ek’s bly sy het dit oorleef – hoop maar sy sterk spoedig aan.

Nettie ·

Ja, Nel – beslis op die verkeerde plek, op die verkeerde tyd. Ek glo die dame het nie die vaagste benul gehad van wát haar getref of gebeur het nie. Ek hoop sy maak ‘n 100% herstel – sterkte ook aan die drywer van daardie trok; ek is seker iets meganies het verkeerd geloop en dat hy (sy?) ongelooflike skuldgevoelens moet hê.

Wettelose SA ·

Nog n bewys hoe groot ons God is! Prys die Here! Sy sal volkome herstel om n groot getuienis vir God te wees!

Marietjie ·

Dis nou net ‘n wonderwerk van die Here af! Alle eer aan Hom

DS ·

Hierdie gesprek is dieselfde gesprek wat ons gaan he oor motorfiets ryers. My man bestuur trokke agv die aard van sy werk maar is nie ‘n trokdrywer nie. Menige aand kom hy by die huis en vertel stories van mense wat voor hom inry en morsdood stop en dan verwag daardie massiewe gewig moet net stop of gee hom nie kans om in’ n ander baan voor hulle in te gaan hulle druk hom af asof hy met ‘n speelgoed trok ry. Ja ek stem baie trokke is onpadwaardig en drywers onbevoeg maar baie van ons se optredes veroorsaak dat die trokdrywers “onbeskof” ry. Gee hulle’ n kans om van baan te verander en moenie morsdood voor hom stop want volgende keer kry hy dit miskien nie reg om betyds te stop nie…..

Lotz ·

Stem saam, basiese wette van fisika. Newton se momentum. Baie padgebruikers dink volgafstand is vir ongeskooldes.

LOSKOP ·

DS Mense wat nog nie self agter die stuur van n swaar vragmotor was sal weet dat op n spoed van 60 k/p/u het n vragmotor nagenoeg 50 meter nodig om tot stilstand te kom , al is sy remme hoe goed .

Leoni ·

So dankbaar vir haar en haar familie dat sy dit oorleef het. Hoop vir ‘n spoedige herstel.

Pieter ·

Hier in ANC land koop jy sommer n lisensie kar trok motorfiets en daar gaan jy

Lotz ·

Stem saam, basiese wette van fisika. Newton se momentum. Baie padgebruikers dink volgafstand is vir ongeskooldes.

Joon ·

Ek staan in verwondering oor die bekwaamheid van ons nooddieste. So poffessoneel. Baie dankie vir hulle onbaatsugtige, flunke en geduld met redding. Waardeer julle en bid vir julle

lanie ·

Trok, taxi bestuurders, of sal ons se, drywers is onbekwaam en onbevoeg. Weet nie wat hulle op ons paaie doen nie.

Naomi ·

Wettelose SA, ek stem 100% saam met jou.
God is groot. Net Hy kon haar lewe spaar.
Spoedige hestel aan die beseerde vrou.

Mb ·

Kom ons veronderstel die trok se remme het op die afdraande gefaal. Dink net hoe moet die trokdrywer voel. Maak nie saak wat sy kleur is nie. Hoe groot moes hy net nie geskrik het nie. Ek is seker hy het dit nie opsetlik gedoen nie. Baie sterkte aan albei.

Baaienaar ·

Volgens nuusberigte hier (P.E), het die trok bestuurder teen die skuinste waarvan @Blom praat, geparkeer om sy seun by die skool op te tel.

“Police spokesperson Captain Sandra Janse van Rensburg said the truck had been parked in Potgieter Street at about 2pm and left there while the driver went to fetch his child from Parsons Hill Primary.
When he returned to his truck, he noticed it was no longer parked where he had left it.

“He then noticed that the truck had rolled forward and collided with an Opel Adam that was travelling in Diaz Road towards CJ Langenhoven Drive,” Janse van Rensburg said.

Cindy ·

@Divan nee. Dit was in Diaz Road net bokant Kengsington by Parsons Hill skool.

Anne-Marie ·

Die Artikel praat nie 100% die waarheid nie. Die Bestuurder het nie beheer verloor nie. Hy het die Trok parkeer en uit geklim om sy kind by die skool te kry en vergeet om die Handrem op te trek en toe roll die trok by die afdrand af en tref die Voertuig.

Juanita ·

N Trok het laas week op n rooi streep gestop in n nou 2x baan straat. Toe my dogter verby ry maak hy sy deur oop en slaan haar spieeltjie af. Fotos geneem als. Maar nou wil die eienaar nie die skade betaal nie. Trokke dink hulle is die pad se baas

Debbie ·

Wys jou! As dit nie jou tyd is Nie is dit nie jou tyd Nie! Die Here is Groot!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.