Vrou lewend in vlak graf gevind

Die vrou toe sy gevind is. Foto: Verskaf

Die vrou toe sy gevind is. Foto: Verskaf

ʼn 24-jarige vrou word in ʼn Vrystaatse hospitaal behandel nadat sy Sondag, lewend en erg aangerand, in ʼn vlak graf gevind is.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die vrou het Vrydagaand uitgegaan en ʼn onbekende jong man by een van die kuierplekke wat sy besoek het, ontmoet.

Sy is Saterdag vir die laaste keer by ʼn kuierplek in Mabolela naby Phuthaditjhaba, suidwes van Harrismith, gesien, toe sy saam met die man huis toe gestap het.

“Die man het haar vermoedelik op pad na haar huis oorweldig en erg aangerand. Sy het ernstige beserings aan haar hele lyf opgedoen, veral aan haar gesig. Die man het haar in ʼn vlak graf gegooi, haar met klippe toegepak en vir dood agtergelaat,” het Mophiring gesê.

ʼn Skaapwagter het Sondag op die vrou afgekom en die polisie ontbied.

“Die vrou is na ʼn plaaslike hospitaal geneem waar sy aansterk. Haar toestand is stabiel, maar sy sal waarskynlik gesigsrekonstruksie moet ondergaan. Sy is só erg aangerand dat sy nie kan praat nie.” Hy het gesê die rede vir die aanranding is onbekend en word ondersoek. “Aanvanklik is gedink sy is verkrag, maar toetse daarvoor was negatief.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Joh. 3:16 ·

Illa. Ek walg ook in die kommin-tare. Die Bybel leer ons ‘wat jy saai sal jy maai’. Dit het my laat wonder of swart mense ook so onmenslik is as ‘n wit boer, vrou en kind so ongenadiglik behandel word? Ek dink van hulle maak ook sulke opmerkings. So, daar is nie ‘n verskil tussen die barbaarse opmerkings van sommige wit mense en sommige swart mense nie…. Lyk my ons het baie meer in gemeen… So saai ons… en so oes ons…

Drikus ·

Geen mens verdien dit nie. Mag sy volkome herstel en nooit weer hierna hoef terug te kyk nie. Die wreedaard daarenteen … mag hy nooit weer die kans kry vir so ‘n veragtelike daad nie.

Berhalet Beukes ·

Die brutaliteit van die kriminele in Suid-Afrika is afskuwelik en walglik! Hulle het geen genade vir enige iemand nie! Ek kry hierdie vrou ongelooflik jammer!

patricia ·

Ai same is die man gevang. Ek kry haar verskriklik jammer sy lyk so klein. Ek hoop haar gesiggie kan herstel word. Sterkte aan die fammielie. Ek hoop hulle doen aan die vark wat hy aan haar gedoen het. Dit sal sy verdiende loon wees.

sb ·

Somige mense se filter is stukkend. Dan is dit nodig vir ander om in te gryp

Elbie ·

Dit word net meer brutaal. Ons word gedwing om saam met wreedaards saam te leef! Dis barbaars en siek! Sterkte aan hierdie mens

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.