Vrou maak gru-vonds by buurvrou se huis

misdaadtoneel

Argieffoto

WAARSKUWING: Inligting in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Vrou van Kimberley het Dinsdagmiddag dadelik die polisie ontbied toe sy ʼn gru-vonds op haar buurvrou se erf maak.

Sers. Majang Skalkie, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die vrou het afgekom op ʼn skedel wat vermoedelik dié is van haar buurvrou Elizabeth Nobantu Dube, wat op 27 Junie 74 jaar oud geword het.

Dube se woonplek was nie gesluit nie, maar die buurvrou wou nie alleen die huis binnegaan nie en het gewag dat die polisie opdaag, vertel Skalkie. “Binne-in die huis het ons beamptes op ʼn vrou se ontbinde onderlyf en haar vier honde afgekom.”

Dube se stiefdogter het haar aan haar klere uitgeken, sê Skalkie, maar forensiese ondersoekers probeer nog die oorsaak van haar dood vasstel. “Dis moeilik omdat net haar onderlyf en bene in die huis gekry is, maar dit lyk asof sy geruime tyd gelede dood is.”

Die polisie, wat vermoed die honde het hul eienaar se skedel buitentoe gedra, het die diere na die plaaslike DBV vir versorging gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tokkolos ·

Dit is nou wat gebeur as kinders en ander familie nie betrokke is nie
Tot die buurvrou het sy nie opgelet dit is stil daar nie
Dalk hartaanval ?
Hoop nie honde het haar opgeeet nie
Skedel? Dit vat mos tyd om te ontbind
Dalk vermoor

Annelize ·

Goeie goeiste!!! Het niemand niks eers geruik nie? Die reuk van ‘n ontbinde liggaam is iets verskrikliks. Dis voorwaar gruwelik.

humor ·

Maak n gruvonds klink nie reg nie. Moet dit nie eerder ontdek of vind n gruvonds wees nie.

Koos ·

Ja dis omdat dit direk van Engels vertaal is….make a discovery

Morné van Rooyen ·

Dagsê humor en Koos. Dankie vir jul kommentaar. Volgens die WAT is dit aanvaarbaar om ’n vonds te maak, al klink dit vreemd. “In 1868 word … ‘n vonds gemaak van 62 stukke silwer tafelgerei (Ens. v.d. Wêreld 5, 1973, 46).” Groetnis, Morné nms Maroela Media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.