Vrou met Britse paspoort dood aangetref op Durban-strand

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn vrou is op Durban se strand aangetref, het die polisie in KwaZulu-Natal Sondag gesê.

“Die liggaam is Saterdag tussen Batterystrand en die gewilde Sun Coast Casino-strand aangetref,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

ʼn Britse paspoort is by die liggaam aangetref, maar Zwane kon nie bevestig of dit aan die vrou behoort nie.

“Daar was geen uitwendige beserings nie,” het Zwane gesê. “ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van dood bepaal.”

Die vrou is vermoedelik in haar vroeë 30’s, het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

arie plaasboer ·

@ Karolis,
Sjoe dis `n slim antwoord wat jy daar gee.

Verseker het niemand ooit tevore so daaroor gedink nie.

GES ·

Die foto in die paspoort is waarskylik ‘n monochroom foto en hulle kon nie die ooreenkoms met die werklikheid raaksien nie ; -)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.