Vrou met dwelms op lughawe betrap

Die Kaapstadse lughawe. (Foto: Cape Town International Airport/Facebook)

ʼn Vrou wat van Brasilië na Suid-Afrika gereis het, is Dinsdag op die Kaapstadse lughawe met kokaïen en heroïen betrap.

Die 28-jarige vrou sal nou in ʼn Suid-Afrikaanse hof verskyn op aanklag van dwelmsmokkelary.

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), saam met die misdaadintelligensie en doeane-afdeling van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het ʼn wenk ontvang oor ʼn verdagte persoon wat van São Paulo, Brasilië, na Kaapstad op ʼn vliegtuig van die Qatar-lugredery reis.

Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het owerhede haar bagasie deursoek nadat die vliegtuig geland het en glo 2,7 kg kokaïen en 200 g heroïen daarin gevind.

Dié dwelms het ʼn straatwaarde van sowat R870 000.

“Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op die dwelms.”

Sy sal Donderdag in die Bellville-landdroshof verskyn.

Brig. Mushavhaduvha Ramovha, waarnemende provinsiale hoof van die Valke in die Wes-Kaap, het die geïntegreerde reaksiespan bedank vir hul samewerking om die beweerde smokkelaar vas te trek.

“Hierdie is ʼn aanduiding van veiligheidsmagte se vermoë om talle pogings om die lughawe as ʼn deurgang vir dwelmsmokkelary te gebruik in die kiem te smoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

AmY ·

Sy kan haar sterre dank sy is hier in hegtenis geneem. Ons tronke is hotelle in vergelyking met die tronke in die Ooste.
Tensy hulle haar terug stuur…

Chantel ·

SA is baie laks wat sulke sake betref. Ons moet dalk begin maak soos ander lande en die mense net eenvoudig in die tronk stop.

SjN ·

Gaan seker weer eers n sop storie spin, stuur haar terug dat sy haar vonnis in haar eie land gaan uitdien.

Marisa W ·

ja stuur haar terug, my belasting geld betaal al reeds vir genoeg gevangenes

Lida ·

Wel gedaan!!!! Families wat geraak word deur kinders wat dwelms misbruik gaan deur hel!!! Sluit haar toe en gooi die sleutel weg. O ja dit sal seker ook nie help nie in ons tronke smokkel bewaardes net so lekker saam.

Nie Verbaas ·

Een gevang uit hoeveel uit? Suid Afrika se lughawens is daarvoor bekend dat smokkelaars maklik deurkom so moet julself nie op die skouers klop nie.

Marisa W ·

Het die owerhede heel waarskynlik die wenk gegee om die aandag af te trek van die groot smokkelaars wat op ander vlugte dieselfde tyd land

Voilet ·

Ek wonder hoe hul nie die dwelms by haar gekry het voor sy hierheen gevlieg het nie.

minnie muis ·

nee , die sakie gaan wegraak en dan sy los…. as sap nie eers hulle eie vuurwapens kan oppas nie …. kyk maar getuienis gaan seker wegraak en delms gaan smouse toe ……

capie ·

Dit is altyd vreemd as so ‘n “wenk” ontvang word. Word dit nie net gestuur om ‘n baie groter vrag te laat “deurgaan” nie ?

Hein ·

Ai tog. Hulle gebruik iemand om met ‘n onbenullige volume die land in te kom en alle aandag is nou op daai draer wat gevang word. Intussen kom die regte smokkelaars in met groot volumes.

JohanR ·

Moenie bekommer vrou van Brazilie, by Vrydag is jy uit op borg en die einde van die saak sal eers in 2027 wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.