Vrou met gholfstok doodgeslaan

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Vrou van George is Saterdag ten aanskoue van haar vriendin deur ʼn 43-jarige man met ʼn gholfstok doodgeslaan.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 13:45 in Formosaweg plaasgevind.

“Kaatjie Lambrecht (60) het saam met haar vriendin op ʼn sypaadjie gesit en gesels toe ʼn bakkie langs hulle stilgehou het. Die man het glo uitgeklim en Lambrecht met ʼn gholfstok aangerand. Hy het haar verskeie kere oor haar lyf en kop geslaan en sy is op die toneel dood,” het hy gesê.

Volgens Pojie het die man daarna terug in sy voertuig geklim en weggery. Paramedici is ontbied, maar Lambrecht was reeds dood. Die man is ʼn halfuur later op ʼn nabygeleë varkplaas in hegtenis geneem.

Volgens Pojie het Lambrecht en die verdagte mekaar geken, maar hulle was nie in ʼn romantiese verhouding betrokke nie. “Ons vermoed die motief vir die moord was wraak, maar die presiese rede vir sy optrede is nie bekend nie,” het hy gesê.

Die man sal Maandag in die George-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ig ·

Blykbaar is die man die Vark in die verhaal.Bly hy by op die varkplaas of kry hy opleiding daar?

Annie ·

Ek hou van jou kommentaar Ig. Die vark sal seker skot vry afkom – dis seker ook nog ‘n gesteelde gholfstok ook.

wilma ·

Wat dink j Annie hy sal niks oor kom nie. Sal ook nie weer hoor wat verder gebeur nie

Frik Dippenaar ·

Is dit waartoe ons samelewing verlaag het?? Here help ons.

m ·

Mense maak darem ma maklik dood deesdae. Ons is omring deur siek mense.

Veritas ·

‘Hy het haar verskeie kere oor die kop en lyf geslaan’. Wonder wat is sy ‘handicap’ as hy verskeie houe moes slaan. Tensy sy ‘handicap’ tussen sy ore sit.

Ronel ·

Ons mense is nerens meer veilig nie. Daar is te veel mense wat skroewe los het, oploop.

Remondo ·

nou hoe nou? is dit waarna ons mensdom gaan? aanranding op vroue met golfstokke? Sies man

scalla ·

So van nou af moet n gholfstok as n gevaarlike wapen beskou word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.