Vrou met helikopter van Tafelberg gered

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou moes op Oujaarsdag met ʼn helikopter van Tafelberg af gered word nadat sy sonsteek opgedoen het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou, vermoedelik in haar 60s, was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opdaag.

“Sy is deur reddingswerkers van Metro Rescue en Skymed gestabiliseer en van die berg af gebring na waar paramedici op haar gewag het. Noodbehandeling is op haar toegepas voordat sy hospitaal toe gehaas is,” het Bodasing gesê.

Bodasing kon nie bevestig of die vrou aan ʼn staptog op die berg deelgeneem het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.