ʼn Vrou is Dinsdagaand met ʼn koevoet op ʼn plaas naby Franschhoek in die Wes-Kaap aangeval.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanval het omstreeks 22:00 plaasgevind. Volgens Van Wyk het ʼn aantal verdagtes, wat balaklawas gedra het, die huis deur die agterdeur binnegekom.
“Een van die verdagtes het die vrou met ʼn koevoet gedreig terwyl die ander verdagtes die huis deursoek het. Die verdagtes het hierna met ʼn skootrekenaar en selfoon van die toneel gevlug.”
Van Wyk het gesê die vrou het tydens die aanval beserings aan haar been opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir mediese behandeling. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en niemand is al in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê daar was minstens ses verdagtes wat op die huis toegeslaan het nadat die vrou se man vinnig gery het om glo werkers af te laai. Volgens Cameron het die vrou moontlik haar been gebreek tydens die aanval.
Cameron het intussen gesê daar was al 372 plaasaanvalle en 48 plaasmoorde sedert begin vanjaar, waaronder 13 aanvalle die afgelope maand.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
En nog geen sprook of sprak van leuenaar Ramaphosa en sy kaders
en waars die moord klag, ses mans teen een vrou
veragtelik, waars die vroue regte groep nou, skree julle nie ook vir haar nie?????????????
Inside job
En Malema kry polisie beskerming
Al die hoeveelste aanval die balaklawa mense , hoop hulle word nou vasgetrek.