Vrou met koevoet aangeval op Franschhoek-plaas

Argieffoto

ʼn Vrou is Dinsdagaand met ʼn koevoet op ʼn plaas naby Franschhoek in die Wes-Kaap aangeval.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanval het omstreeks 22:00 plaasgevind. Volgens Van Wyk het ʼn aantal verdagtes, wat balaklawas gedra het, die huis deur die agterdeur binnegekom.

“Een van die verdagtes het die vrou met ʼn koevoet gedreig terwyl die ander verdagtes die huis deursoek het. Die verdagtes het hierna met ʼn skootrekenaar en selfoon van die toneel gevlug.”

Van Wyk het gesê die vrou het tydens die aanval beserings aan haar been opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir mediese behandeling. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en niemand is al in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê daar was minstens ses verdagtes wat op die huis toegeslaan het nadat die vrou se man vinnig gery het om glo werkers af te laai. Volgens Cameron het die vrou moontlik haar been gebreek tydens die aanval.

Cameron het intussen gesê daar was al 372 plaasaanvalle en 48 plaasmoorde sedert begin vanjaar, waaronder 13 aanvalle die afgelope maand.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Callie ·

En nog geen sprook of sprak van leuenaar Ramaphosa en sy kaders

Frik ·

Hierdie bende sal fisies verwyder moet word, maar daar is geen ruggraat nie. Net fatalisties terugsit en wag vir beter dae wat nooit sal realiseer nie, terwyl ons passief bly toekyk.

leser ·

en waars die moord klag, ses mans teen een vrou
veragtelik, waars die vroue regte groep nou, skree julle nie ook vir haar nie?????????????

Hoe nou....... ·

Nee wat die odds is mos altyd in favour van die krimineel as is hulle 20 teen een! Viva die regstelsel.

KL ·

Die vrou moet swart wees en die krimineel wit, dan sal die vroueliga iets se, maar as dit anders om is, is dit mos die wit vrou se skuld, of hoe CR en ANC?? Waars die DA se musi? Ook maar net groot bek as dit soos eersgenoemdes is.

Landi ·

Ja se ek ook … nie eens n aanranding saak met gebreukte been?

Emma ·

Al die hoeveelste aanval die balaklawa mense , hoop hulle word nou vasgetrek.

Oujongvrou ·

Mense julle moet ekstra paraat wees die tyd van die jaar. Ons leef in n oorlog geteisterde land en hulle doen nou shopping vir kersfees .

Pieter ·

Ek lees ook die berig van die boer wat in Potchefstroom aangeval is. Modus operandi stem baie ooreen. Word die aanvalle in opdrag van iemand uitgevoer? Is dit Malema se manier om terug te slaan na sy loesing en wat nog gaan kom in die hof?

George ·

Met ‘n koevoet gedreig en die saak word ondersoek vir huisroof??????

Roelf Berg ·

Kan iemand ons almal vertel – wat is die verksil tussen n Huisroof en n Plaas aanval. Hoekom is enige aanval op n plaas, of die in die huis of erens op die werf nie n Plaas aanval nie. Is dit nie hoekom daar so min plaas aanvalle is volgens Polisie rekords nie. As jy op die plaas aangeval word is dit verseker n plaas aanval. Hoe nou !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.