Vrou met kokaïen in sjampoebottels betrap

(Foto: Verskaf)

ʼn Suid-Afrikaanse vrou wat by die King Shaka Lughawe in Durban betrap is met vloeibare kokaïen ter waarde van R4 miljoen in sjampoebottels versteek, het Dinsdag in die Verulam-landdroshof verskyn.

Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, sê Yangaphi Ntombizanele (36) het Saterdag by die lughawe geland op ʼn Emirates-vlug van Dubai. Oomblikke nadat sy van die vliegtuig afgeklim het, het doeane-beamptes haar voorgekeer.

“Lede van die SAPD en beamptes van doeane en aksyns het op ʼn wenk reageer en die vrou voorgekeer en haar bagasie deursoek. Daar het hulle vloeibare kokaïen gevind wat in handelsmerk-sjampoebottels versteek is,” het Naidoo gesê.

Ntombizanele is in hegtenis geneem en aangekla van dwelmbesit en dwelmhandel. Die saak teen haar is tot 6 Augustus uitgestel wanneer sy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Geen Borg nie !!!! As sy daarmee betrap is is sy mos skuldig of hoe!

Johan

En terwyl die polisie hulle self op die skouer klop gaan die groot besending ongemerk verby. Ou truuk van smokkelaars om aandag op een persoon te vestig met n kleiner besending terwyl die groot vis rustig verby swem

Sanna

Goeiste, waarom kokaien uit Dubai na SA toe bring? Daars baie meer geld te make vir hierdie produk in Dubai as in SA.

Elna

Ek wonder hoeveel dwelms word daagliks so in en uitgevoer in Suid Afrika? As n mens so kyk na die daaglikse dwelm handel op straat elke dag en niemand kom niks oor nie en die SAPD lede staan en kyk hoe die dwelm transaksie gedoen word en niks word daaraan gedoen nie.

Marinda

Story sounds fishy, R4m worth of cocaine. Why would you want the police to confiscate so much cocaine?
That’s a lot of money.