Vrou met lugambulans na hospitaal ná trokongeluk

Die vrou is in ‘n bedenklike toestand na ‘n hospitaal gevlieg. (Foto: ER24)

ʼn Vrou is in ʼn bedenklike toestand per lugambulans na ʼn hospitaal in die Vereeniging-omgewing vervoer ná ʼn ongeluk waarin ʼn vragmotor en ʼn motor Woensdagaand betrokke was. Die ongeluk het by die kruising van die R82 en die R54 gebeur.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici was net ná 19:00 op die toneel. Die motorbestuurder het op die ongelukstoneel rondgestap, terwyl ʼn vrou agter in die voertuig vasgekeer was.

“Die bestuurder het ligte beserings opgedoen en ʼn private nooddiens het hom behandel en na die Mediclinic Vereeniging vir verdere sorg geneem,” sê Campbell.

Lede van die brandweer asook paramedici van verskeie nooddienste het gehelp om die beseerde vrou uit die motorwrak te bevry.

“Die pasiënt is op die toneel behandel en daarna met ʼn mediese helikopter na ʼn private hospitaal vir verdere behandeling geneem.”

Volgens Campbell was die Emfuleni-verkeersdepartement en die polisie op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JM ·

Ek het lankal my bedenkinge oor die bestuursvermoë van vragmotorbestuurders. Daar gebeur net te veel ongelukke waarby vragmotors betrokke is. Het menige kere gesien hoe ‘n vragmotorbestuurder jaag en verkeerstekens verontagsaam. Sigbare verkeerspolisie bestaan feitlik nie.

MAGRIETHA ·

Vragmotors en taxis bykans daagliks in ongelukke betrokke

Anoniem ·

As dit nie ń taxi is nie dan kan jy byna verseker wees dit is ń trok. Suid Afrika se paaie is ń oorlogsveld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.