Vrou met messe gesteek; vir dood agtergelaat

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn 28-jarige vrou van Orkney in Noordwes is met 12 meswonde agtergelaat nadat ʼn groep mans haar oorval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die vrou was na bewering besig om haar winkel oop te sluit toe ʼn groep mans haar genader het, in die winkel ingedwing het en haar toe met messe begin takel het.

Die paramedici is deur die polisie gekontak en die vrou is in ʼn kritieke toestand in ʼn plas bloed aangetref.

Volgens Meiring is “die pasiënt op die toneel noodbehandeling toegedien en daarna na die Life Anncron hospitaal geneem”.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Werkloosheid ·

Mense gaan almeer besighede sluit of nie eers stig nie as gevolg van die tipe misdadigers. Die werkloses moet dit begin besef, en misdadigers soos die uitsorteer dat hulle nie weer dit doen nie.

Maryna ·

Oepsie, verkeerd gelees!! Twaalf keer gesteek… Een man is sterker as ‘n vrou, dis regtig sleg.

Wat-ek-lees ·

Die naam is eerder ‘vuilgoed’ en nie die naam ‘man’ werd en dit het niks met etnisiteit te doen. Sulke handeling is laag en gemeen. Hy behoort lank gebêre te word.

Koos ·

Ek lees die berig van die wit polisiemanne in Dallas wat ‘n swart man geskiet het.Die voorval het op betogings uitgeloop in Suid-Afrika word die huidige benadeelde minderheid gereeld aangeval deur die bevoordeelde meerderheid maar hier is dit nie polities korrek om ‘n spade ‘n spade te noem nie en daarom aanvaar ons dit maar net omdat ons eerstens te bang is en tweedens te goed opgevoed is om Orkney toe te gaan en die polisiestasie af te brand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.