Vrou met panga doodgekap; huis aan die brand gesteek

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man is Donderdag laat in hegtenis geneem in verband met die gru-moord van ʼn 33-jarige vrou van Kwaaiman, suidoos van Mthatha in die Oos-Kaap.

Lt. kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans het die vrou glo met ʼn panga aangeval en doodgekap.

Fatyela het gesê die polisie kon nog nie daarin slaag om die tweede verdagte op te spoor nie.

Volgens hom het die twee mans in die middernagtelike ure na die vrou se huis gegaan waar sy saam met haar ouma en ses broers en susters, almal tussen die ouderdomme van twee jaar en 12, gewoon het.

Die mans het die 33-jarige vrou glo bloot begin aanval en vermoor voordat hulle die huis aan die brand gesteek het.

Fatyela sê die bejaarde vrou en kinders het die voorval sonder enige beserings vrygespring.

Die motief vir die moord is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marius ·

Daar heers totale wanorde in die land. Dit raak net erger en erger. Ons kan net nie meer so aan gaan nie…

moelf ·

absluut daar is groot wanorde in ons land. n Lewe is vandag meer niks werd nie maak dood brand af hoe siek is ons land nie

Anoniem ·

Die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu en kyk wie hy kan verslind.

Bang ·

Ek raak angstig en bang as ek van die vreeslik wreedheid lees…..wat het geword van liefde, vrede en hoop.

Eddie ·

In die land lyk dit meer lesing van Wanorde, Korrupsie, Misdaad

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.