Vrou met renosterhorings by lughawe betrap

Argieffoto: SAPD

ʼn Vermeende renosterhoringsmokkelaar is vandeesweek by die OR Tambo-lughawe in Gauteng in hegtenis geneem.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, het gesê die vrou, ʼn 30-jarige Zimbabwiër, is Donderdag deur lede van die omgewingsbestuursinspektoraat, ook bekend as die Groen Skerpioene, aangekeer.

“Sekuriteitbeamptes het verdagte items opgemerk terwyl hulle alle bagasie geskandeer het. Die beamptes het doeane-amptenare in kennis gestel wat op hul beurt die Groen Skerpioene ontbied het,” Modise gesê.

Twee horings was tussen elektroniese ware in ʼn tas versteek. Die vrou is in hegtenis geneem op aanklag van smokkel en die onwettige besit van renosterhorings en moet binnekort in die hof verskyn. Die horings gaan na die polisie se forensiese wetenskapslaboratorium gestuur word om die oorsprong van die horings te bepaal en vas te stel of dit met ander ondersoeke verbind kan word.

Sowat twee weke gelede is ʼn 24-jarige Chinese vrou ook by die lughawe in hegtenis geneem toe 11 renosterhorings in haar besit gevind is. Sy was van Zambië op pad na Hongkong.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.