Vrou met sambok doodgeslaan

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn 28-jarige vrou van Ngqamakhwe in die Oos-Kaap is Vrydag in die vroeë oggendure na bewering deur haar kêrel met ʼn sambok doodgeslaan.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in die Goodhope-gedeelte van die Kotana-nedersetting by Ngqamakhwe gebeur. Ngqamakhwe is ongeveer 35 km van Butterworth geleë.

Volgens Manatha was die vrou saam met ʼn ander man by haar huis toe haar kêrel omstreeks 21:00 by die huis aangekom het. Die kêrel het vermoed dat sy meisie hom kul en ʼn rusie het tussen die twee ontstaan. Die ander man is daar weg en het die stryende paartjie agtergelaat.

“Die vrou is omstreeks 03:00 vanoggend met ʼn sambok geslaan totdat sy dood is. Die polisie is van die moord in kennis gestel en het vinnig gereageer en die verdagte in hegtenis geneem,” het Manatha gesê.

Die vrou se 37-jarige kêrel sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Die oorledene se naam kan nog nie bekendgemaak word nie, aangesien haar naasbestaandes nog in kennis gestel moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leser ·

Ek kan myself nie eers indink die pyn wat daardie arme vrou deur moes gaan nie. Hou vir hou…. Dit was ‘n wrede dood…

Anoniem ·

Jammer maar ek kan jou nou al sê. Mens kan blou moord skreeu vir die doodstraf dit gaan nie gebeur nie.

elisa ·

Ek kan myself dit nie indink dat n mens met n sambok doogeslaan kan word nie. Dit moes verskriklik gewees het. Soveel haat. Mag sy in vrede rus.

Nooi ·

Op 8 Augustus 1982 het die pa van my enigste kind, (my dogter), my meer as 30 sambokhoue geslaan…
Ek sal dit nooit ooit kan vergeet nie!!!

elisa ·

@Nooi, dit is verskriklik waardeur jy gegaan het. ek bid dat jy nou op n beter plek in jou lewe is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.