Vrou met steekwonde ure lank in kamer toegesluit

Argieffoto: Kent Williamson

’n 64-jarige vrou is vanoggend op ’n kleinhoewe in Bloemdal in die Vrystaat aangeval deur vier gewapende mans.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het vanoggend omstreeks 08:00 plaasgevind toe die vrou die deur oopgemaak het. Die vrou was volgens hom alleen op die plaas ten tyde van die voorval.

“Vier verdagtes met klapmusse aan het ingestorm en haar aangerand. Hulle het haar vasgebind en in een van die kamers toegesluit,” het Marope gesê.

Die vrou kon eers omstreeks 13:00 daarin slaag om haarself los te wikkel en uit die kamer te bevry en hulp te ontbied. Sy het volgens Marope talle steekwonde opgedoen.

“In dié stadium is dit moeilik om vas te stel wat alles gesteel is tydens die aanval omdat sy nog in die hospitaal is,” het Marope gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. “‘n Klag van aanranding sal moontlik later bygevoeg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Me ·

Verskeie steekwonde maar geen klag van poging tot moord? Dit is belaglik!

Ada ·

Hannes ek sal ook graag wil weet.Is die media verantwoordelik vir die rassisme – aanslag vir sensasie?

PJC ·

Duidelik moet mense opgelei word oor veiligheid in en op hulle wonings anders gaan hierdie tipe voorvalle drasties toeneem. Ek wens hierdie dame ń spoedige herstel toe.

André ·

Huisroof? Regtig???
Witmense se lewe beteken net niks nie! Laat ‘n swart persoon ‘n paar keer met ‘n mes gesteek word deur ‘n wit persoon, dan sien jy hoe haal dit die hoofnuus en word sommer ‘n prioriteit saak.

Boerseun ·

Ek wonder maar net hoeveel plaasaanvalle was daar al hierdie jaar.,dis nou so algemeen dat dit snaaks is om nie van een te lees nie,en natuurlik word die arme mense elke keer vir dood agter gelaat.

Maggie ·

Huisroof en moontlik aanranding?Dit is belaglik om di minste te se!!Dit is poging tot moord!!
Baie sterkte vir tannie,hoop tannie herstel spoedig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.