ʼn 44-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat meer as 200 haelgeweerpatrone in haar besit gevind is.
Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Maandag gesê die inhegtenisneming volg op ʼn gesamentlike poging deur verskeie eenhede van die polisie en die weermag.
“ʼn Spesiale intelligensiegedrewe operasie is oor die naweek in die Umkhanyakude-omgewing in die noordelike gedeelte van die provinsie gehou in ʼn poging om voertuigkapings in die omgewing hok te slaan,” het Zwane gesê.
Die beamptes het Saterdag inligting ontvang en opgevolg oor ammunisie wat in ʼn huis in die Emanguzi-omgewing gehou word. Die beamptes het op die huis toegeslaan en dit deursoek. Altesaam 215 haelgeweerpatrone is in die vrou se besit gevind.
“Die vrou is oor die patrone uitgevra. Sy het gesê sy het dit in Mosambiek gekry en verkoop die ammunisie om ʼn bestaan te maak.”
Die vrou is dadelik in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van ammunisie. Sy moet binnekort in die Emanguzi-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Wonder net aan wie verkoop sy die patrone grootwild jagters ??? En waar koop jy sommer net patrone hulle moet liewer uitvind wie is die handelaar ?????
Ek dink daardie patrone is gesteel in SA na mosambiek toe.
Dalk ammunisie gebruik vir Renoster stropery asook kyk watter tipe misdade was gepleeg in direkte omgewing waar hierdie tipe van kaliber in gebruik was.
Sy stap net heel gelate oor die grens met die patrone nutuurlik ..lalala
werk is bitter skaars. mense sal enigiets doen om aan die lewe te bly.