Vrou met talle haelgeweerpatrone betrap

Die haelgeweerpatrone waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die haelgeweerpatrone waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ʼn 44-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat meer as 200 haelgeweerpatrone in haar besit gevind is.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Maandag gesê die inhegtenisneming volg op ʼn gesamentlike poging deur verskeie eenhede van die polisie en die weermag.

“ʼn Spesiale intelligensiegedrewe operasie is oor die naweek in die Umkhanyakude-omgewing in die noordelike gedeelte van die provinsie gehou in ʼn poging om voertuigkapings in die omgewing hok te slaan,” het Zwane gesê.

Die beamptes het Saterdag inligting ontvang en opgevolg oor ammunisie wat in ʼn huis in die Emanguzi-omgewing gehou word. Die beamptes het op die huis toegeslaan en dit deursoek. Altesaam 215 haelgeweerpatrone is in die vrou se besit gevind.

“Die vrou is oor die patrone uitgevra. Sy het gesê sy het dit in Mosambiek gekry en verkoop die ammunisie om ʼn bestaan te maak.”

Die vrou is dadelik in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van ammunisie. Sy moet binnekort in die Emanguzi-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Denise ·

Wonder net aan wie verkoop sy die patrone grootwild jagters ??? En waar koop jy sommer net patrone hulle moet liewer uitvind wie is die handelaar ?????

Cherokee ·

Denise en Oom Kalahari, dit is haelpatrone, nie koëlpatrone nie. Groodwild word nie gejag met ‘n haelgeweer nie.

Brie-brie ·

Ek dink daardie patrone is gesteel in SA na mosambiek toe.

Oom Kalahari ·

Dalk ammunisie gebruik vir Renoster stropery asook kyk watter tipe misdade was gepleeg in direkte omgewing waar hierdie tipe van kaliber in gebruik was.

Niel ·

Jy gaan jou vrek sukkel om ‘n renoster met haelgeweer plat te trek

Jan ·

N Soliede patroon ” Slug” van haelgeweer op n kort afstand is verwoestend. Sal n renoster maklik plat trek

Lance ·

Sy stap net heel gelate oor die grens met die patrone nutuurlik ..lalala

jaco ·

werk is bitter skaars. mense sal enigiets doen om aan die lewe te bly.

Nico Jbay ·

Wat van die honderde daagse gevalle van moord, roof en kapings met WAPENS. Is ‘n hopie haelpatrone sonder ‘n wapen wat gevind is nou ‘n nuuswaardige gebeurtenis waar die Polisie geprys moet word? Kry julle prioriteite reg – En met die “julle” bedoel ek die Polisie!. Daardeur sê ek ook nie dat daar nie vervolging moet plaasvind nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.