Vrou, minnaar gevonnis vir man se moord

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Vrou en haar minnaar is vandeesweek in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis nadat hulle saamgesweer het om die vrou se man te vermoor.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Setibane Geneva Lebepe (49) en Laurence Tlou Matlete (53) is elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklagte van moord en sameswering tot moord.

Volgens Ngoepe is die liggaam van Mokibelo Charles Lebepe op 22 Maart 2013 by ʼn sportveld in Lebowakgomo, suid van Polokwane, gevind nadat hy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek is. Mokibelo was ʼn verpleër by die Thabamoopo-hospitaal.

Mokibelo se vrou en haar minnaar is later in verband met die moord in hegtenis geneem. Dit het tydens die verhoor aan die lig gekom dat Setibane vir Matlete R100 000 betaal het om haar man te vermoor.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die ondersoekspan wat by die saak betrokke was, geloof vir hul werk om die skuldiges aan die pen te laat ry.

“Ons hoop dat hierdie vonnis as afskrikmiddel sal dien aan enige moordenaars daar buite wat sal sien dat ons genadeloos te werk gaan met sulke oortreders,” het Ledwaba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Se-maar-net ·

Voorwaar hierdie tipe moorde slaan my dronk, want dit is so maklik om deesdae te skei, hukom iemand vermoor om ontslae te raak?

Daar word nie gese hoeveel kinders betrokke is nie, maar ek dink dit is veilig om te se dat 10 mense se lewens skade lei deur so ‘n selfsugtige daad.

snoefie ·

wat my dronk slaan is hoe lank met hierdie saak gesloer was.

Mari ·

Wees asb consistent met voorname en vanne? Skies maar ek hou tred van statistieke…

Mariné Lourens ·

Dagsê Mari

Dankie vir jou kommentaar. Wanneer daar na twee of meer mense in ‘n berig verwys word wat almal dieselfde van het, sal Maroela Media dikwels eerder hul voorname gebruik om verwarring te voorkom. In hierdie geval deel Setibane Geneva Lebepe en Mokibelo Charles Lebepe dieselfde van en daarom word hul voorname gebruik.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.