Vrou moet groot bedrag opdok oor k-woord

‘n Skermskoot uit die video wat deur eNCA op YouTube gelaai is.

Die eiendomsagent wat verlede jaar op videokamera vasgevang is toe sy ʼn Johannesburgse polisiekonstabel die k-woord toegesnou het, moet konst. Clement Mkhondo nou R100 000-skadevergoeding betaal.

Maroela Media het vroeër berig Vicki Momberg (48) is in Februarie 2016 op beeldmateriaal vasgevang waar sy op haar selfoon praat en die k-woord gebruik en vir iemand sê swart mense in Johannesburg is “verskriklik” en sy is keelvol daarvoor. Dit was kort nadat ʼn grypdief haar motorvenster stukkend geslaan het.

Die gelykheidshof, wat in die Randburg-landdroshof gesit het, het verlede week beslis dat Momberg buiten die skadevergoeding wat sy moet betaal, ook gemeenskapsdiens moet verrig as deel van ʼn program wat deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) en geaffilieerde organisasies soos die Ahmed Kathrada-stigting aangebied word. As deel van die program sal Momberg die Apartheidsmuseum besoek en die MRK se gemeenskapsuitreikprogramme en sensitisering-werkswinkels bywoon.

Sy moet ook ʼn onvoorwaardelike, geskrewe verskoning aan Mkhondo maak waar sy enige rassistiese uitsprake en haatspraak teen swart mense terugtrek. Die verskoning moet op Twitter, Facebook en die MRK se webtuiste gepubliseer word.

Momberg het tydens die verhoor aangevoer dat sy aan “tydelike nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid” gely het ná die rooftog wat vroeër die aand plaasgevind het. Die hof het egter bevind Momberg was in staat om te besef dat haar optrede verkeerd was en sy was in staat om haar verbale mishandeling op haar slagoffers te rig.

Momberg staan ook tereg op vier strafregtelike aanklagte van crimen injuria vir haar beweerde uitlatings. Hierdie saak duur steeds voort.

Die Cliffe Dekker Hofmeyr-regsfirma het in ʼn verklaring die gelykheidshofuitspraak verwelkom en gesê hy hoop dit stuur ʼn sterk waarskuwing uit dat rassistiese haatspraak nie geduld sal word nie.

Lees alle vorige berigte oor Vicki Momberg op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

ek ·

Ok, nou wat van al die swart op wit rassisme? Wat word daarvan? Ek sien nie dat een van hul boetes moet betaal nie???

al ·

En as ons Boere en Whiteys genoem word?! Wanneer wird ons mede landgenote ook sulke swaar strawwe opgelê. Soos dat ons setlaars is?
Ons wag MRK.
Alle rassistiese uitsprake moet hard aangespreek word.

CHRISTA ·

Boere en Whiteys is niks!! Wat daarvan as hulle in die strate loop en hulle ondersteuners aanmoedig “Kill the Boer, kill the Farmer”. Ek glo dis juis die rede hoekom daar so jag gemaak word op ons boere op hulle plase!!! Wie gaan HULLE vergoed – en dis vir LEWENSVERLIES!!!

Jaco ·

Ek raak nou dik vir hierdie eensydige rassisme!! Wat word gedoen aan die man wat gese het alle wit mense moet in stukkies gekap word? Nooit weer daarvan gehoor nie!!

Kaspaas ·

Weereens eensydig niks nuut. Wat sy gedoen het is nie reg maar weereens word net wittes gestraf. Die wat plasings maak dat wittes vermoor moet word, word nie eens aangekla of aangespreek nie, MRK is maar net n arm van die regering se Anti Wit houding. Soos hulle se Die wit ras is die enigste ras teen wat wettiglik gediskrimineer kan word.

Hesda ·

Wat goed is vir die een is goed vir die ander een ook. Hoop net daar word op ook op getree teen die wat ons as blankes ook name noem.

Pieterlewismuts ·

Ek wonder nou net wat gaan word van.daardie.haatspraak uitlatings op sosiaal media waar die skrywer sy god.gevra het om witman se erge te straf.met.die brande by Knysna en ook soortgelyke uitlatings deur.ander individue.

al ·

Daar is ñ klomp uitlatings waarvan ons nooit weer ñ woord hoor nie.

SêNet ·

So sy word gestraf maar sy is die slagoffer. ‘n Regstelsel om op trots te wees. Agge-nee arme vrou!!!

Elize Grobbelaar ·

Ek dink al ons blanke mense is gatvol vir die eensydige rassisme!! Verskoon my “French”” dis hoe ek regtig voel!!!

ELAINE ·

FLIPPEN ERG ONREGVERDIG!!!!!!!!!!!! WAT VAN GEVALLE TEENOOR ONS

Marius ·

Maroela media ek dink julle het die een verkeerd daai geld gaan nie aan konst.Clement daai geld gaan aan die staat.Anderste was ek n baie ryk polisieman.

Wonder net ·

Wonder net watter woorde is rassisties teenoor witmense?
Die konstabel was seker bereid om haar te help met haar klag?

Eugene ·

Beampte kon moeite doen om voorval op kamera vas te vang , maar waar is die deurskynende boef.

ek ·

Goeie vraag!! Die victim word gestraf en die dief loop vry rond!!

Neels ·

Die dame moet appeleer en Afriforum moet bystaan. Die saak as dit so deurgaan, gaan groot eise vorentoe meebring op enige aksie wat volgens huidige regering as rassisme geklasifiseer word.

peet ·

Ek wonder of die Cliffe Dekker Hofmeyr-regsfirma ook so ywerig gaan wees as die skoen aan ‘n ander voet sit. Snaaks hoe “positiewe” boodskappe uitgestuur word as dit jou sak kan pas.

Wessels ·

Hoe ver is hulle met die jong wat haar beroof het? Wens net dit kan dieselfde hoeveelheid aandag geniet. Dus hoekom die proteas uit die icc toernooi is en die bokke hond sleg is want hier in SA fokus ons op twak en nie op regte dinge nie.

Koos1 ·

Wessels, ek kan nie glo dat jy hier ‘n vergelyking wil tref met sport nie, of ek verstaan jou verkeerd?
Om op sport te konsentreer sal niks in hierdie land reg maak nie, wat wel sal werk is as almal saamstaan om van die huidige regeerders ontslae te raak en regeerders in te kies wat die landsbelange op die hart dra, en ja dan eers kan ons weer oor sport bekommer.

Shaun Serrao ·

Wil ek ook weet wat van swart op wit rassisme wat daagliks plaasvind. Wat word aan hulle gedoen? Niks sover ek weet nie.

Annette Sartori ·

Net jammer dit gaan net een kant toe… witmense kan gevloek en sleg gesê word op fb en orals, maar niemand mag terug baklei nie. Nice.

Penellope Jones ·

Lyk my dit gaan meer oor die geld wat ge-“oes” kan word as enigiets anders.

Ai ·

En al daai tweets wat op sosiale media geplaas was oor die brande? Ekt vir Afriforum skermskote en n link gestuur oor n rassistiese kommentaar op YouTube en al wat ek terugkry is “jammer ons kry teveel emails”

Jy hoor net krieke waar dit kom by haatspraak teenoor ons.

Annie ·

Dit is so waar! Ek kry die vrou bitter jammer. Dis helemal buitensporig hoog. Wat van al die haat spraak elke dag op sociale media. Maak mens so negatief.

Danie ·

Ons word nog steeds geblindoek. Die regsfirma het bedoel wit rassisme word nie geduld nie. Nou word daar gepraat van rassisme asof dit almal insluit.

Paseseun ·

Ek probeer weer, want my vorige kommentaar het verdwyn. Al wat ek hier lees is n gekla en dit sal nie help nie. Daar is makliker maniere om te protesteer. Wees kreatief en moenie vasgevang word deur n gekla wat net n pasiewe optrede is.

Rina Vermeulen ·

Hoekom is Afriforum se afwesigheid hier so ñ groot leemte? Een kommentaar het gesê sy moet appelleer ek stem saam en laat sy bystand kry selfs van die gewone publiek wat hierteen gekant is. Die arme dame was slagoffer van roof en geweldadige skade gedoen aan haar motor. Ek sê nie haar uitspraak is reg nie maar dink net in watse helse tramatiese posisie sy was toe dit gebeur het. Ons almal weet jy dink nie logies na so voorval nie en dit is verwerp deur die MRK .Ook dat die meeste aanvallers van die dade uit hul eie geleerdere kom dit word verswyg. Waar gaan die streep getrek word met hierdie eensydigheid en aanslag op net sekere mense vra net?

Johann Marx ·

Hahahahaha….ken julle wit mensies al die “rassistiese woordjies” wat julle toegesnou word in al die ander amptelike tale, of verstaan julle ook maar net die wat in Engels ge-uiter word? As julle maar net die waarheid kon weet….

Theresa ·

Ek is seker daar is baie. Die dinge wat reeds gepubliseer was deur maar net ‘n paar wat goed gesê het, is bewys daarvan. Dit word egter nie dieselfde hanteer nie. Tensy ons nie sien of hoor wat word daarvan nie. Dis nie moeilik om allerlei name vir andere uit te dink nie. En met ‘n eensydige optrede van watter aard ookal, sal dit uitbrei tot interessantheid. (Net my mening).

Nettie ·

Ek is seker die 9 ander inheemse tale is deurspek van vloekwoorde vir ‘boer’, witman, wit hond – word die sprekers van die inheemse tale ook so vervolg as hulle ‘n blanke person beledig? Nee, dit kan nie, want die woord ‘boer’, ‘witman’ of ‘wit hond’ is gewone Afrikaanse woorde wat opgeneem is in die woordeboek – dit is die konnotasie daaraan verbonde wat dit beledigend maak. En ek is eerder ‘n wit boer, as ‘n …………………………..

Theresa ·

What’s good for the goose is good for the gander. Kan alle haatspraak, aanhitsing vir moord, lelike woorde teenoor ”n ander volkgroep se uitsprake wat op media en deur MRK hanteer is die afgelope 2 jaar asb gepubliseer word. Die regverdigheid van die stelsel moet beproef word, asb. Mens kan tog sekerlik daarop aandring, of hoe?

t ·

Theresa jy het my nou so lekker laat lag. Jy glo tog seker nie regtig dit sal ooit gebeur nie?

Acca ·

Hoekom is dit net wit mense wat elke keer gestraf word en boetes moet betaal. Party van die goed wat deur swart mense gese word is meer rassisties en haatspraak en hits geweld aan maar daaraan word niks gedoen nie. Hoekom word hulle beskerm of is dit nie rassistiese kommentaar nie. Die hele veroordeling van blankes is rassisties. Self’s op tv mag ons nou beledig word en dan is dit reg en so hits hulle die mense aan.

Jane ·

Grypdief seker ook nog nie gevang nie, hulle konsentreer liewer op die vrou se gebruik van die k woord nadat sy AANGEVAL word.

Nettie ·

Aan wie dan nou? Die hele gay/lesbiër gemeenskap van Knysna? Nee boet, hy sal dan moet UITHAAL! Die Voëltjie-fees word nie verniet daar gehou nie!

Bridget ·

Die saak is nogal vinnig afgehandel gewoonlik word sake so uit gerek vra ek maar net

Anoniem ·

Cliffe Dekker Hofmeyer, kan ek vir julle n opname stuur waar ‘n swart persoon my vloek en as “whitey” uitkruit? Niemand was tot dusver bereid om my klag van rassisme te erken of aanvaar nie! Hopelik kan ek dan dieselfde skadevergoeding eis siende dat hy intimiderend en aggressief was? R100 000 klink vir my BAIE goed! Dis lekker dat almal RASSISME skree maar blankes en veral blanke vroue tot die uiterstes tart! Hoe werk dit?????

Nico ·

Moenie eers n antwoord terug verwag nie. Lees nou die inskrywings wat gemaak is op fb oor die brande in Knysna en dit mask seer. Neewat in hierdie land geld die rasismewette net vir ons.

Marina ·

Wat gaan gebeur as ons n crimen injuria saak open teen n persoon wat rassistiese uitlatings maak teenoor ons wit mense? Ek glo Afriforum en Solideriteit is in proses om hard te werk om te baklei vir ons regte in hierdie land. Al is ons wit het ons ook regte ons is ook mense al het ons n wit vel. ( as ek dit so mag stel)

Dries ·

Marina in die land is bewys dat die witmense gee regte meer het nie. Jou demokratiese reg is op papier en dit is al. Politiek, stemme en ‘n plek in die parlement is al waaroor alles gaan en word jou regte binne sekondes vertrap vir ‘n posisie en ‘n kruisie.

Nettie ·

Ag, beide Afriforum en Solidariteit is soos vegbulterriërs wat se tande alles getrek is: baie hap, maar geen byt nie!

Dries ·

Rassisme is net vir blankes, hoeveel keer hoor mens dat kleurling persone in die openbaar mekaar die ” K ” woord toe snou en daar gebeur niks .Die woord boer en whitties word ook daagliks gebruik , self op die politieke verhoog en wat alles met die boere gaan gebeur en geen haan kraai ooit daaroor nie

anton ·

Ek is sooooo siek en Gatvol vir die land, ek kan dit nie in woorde beskryf nie!!!

Bouwer ·

Jammer daar gaan ń voorbeeld van haar gemaak word, want dis al waarop die land nou kan fokus. Hulle voel tog so magtig as hulle tog net een ń les kan leer voor die hordes . Die landsregeerdes is goed om op sulke klein dingetjies te konsentreer maar maak van die res ń gemors. Sys seker wit, het ń werk en ń adres en kan betaal. Sorry jy moet maar die land vat soos hy kom ,ons drink aan die agterspeen en ons kinders gaan nog harder moet baklei en werk om voor te kom in alles.

Kobus ·

As hier nou ‘n innoverende versekeringsmakelaar op die groep is kan hy begin met ‘n Rassisme Polis. Die kliënt neem ‘n polis uit wat hom beskerm teen hofsake soos hierdie. Teen R200-00 pm dek jou versekerring rassisme sake teen jou. Noem dit die Penny Sparrow Polis.

Catryn ·

@kobus : en weer eens was daardie hofbeslissing dit gaan aan ‘n anc trustfonds

Nettie ·

Ek het gelukkig iets soos “personal indemnity insurance” by my polis laat inwerk – nou wonder ek net, as dit ‘n saak soos dié is, betaal dit dan uit? Dit is immers nie ‘n kriminele saak nie (of so reken ek) – slegs die MRK wat die bevinding en aanbeveling gemaak het. Hulle kan in elk geval die MRK maar hernoem – dit is nie ‘n MENSEREGTE kommissie nie – dit is ‘n kommissie vir SWART mense se regte, dus die SMRK.

antonie ·

Ek dink die HRC is daargestel om net nog ekstra geld uit die wit mense uit te kry. Wanneer n kar gesteel word, n huis uitgebrand word, n boer vermoor word-waar gaan die belasting wat moet betaal word heen:boedelbelasting nuwe kar wat gekoop moet, nuwe huis wat gebou moet word ens.ens. ? Die regering se staatskoffers is n put wat nie vol kan bly nie.

Catryn ·

@antonie : jy is 100% reg … regsbank word deur anc aangestel … kyk wie kry al die boetes, alles is anc trustfondse

Catryn ·

Hoekom doen ons dit aan onsself? Elke keer as boetes betaal word is dit ‘n anc trustfonds wat die boetes inkry – wie kry meer geld en wie se sakke word dunner?

Hoe gouer ons Afrikaners en boere, alle blankes wat moeg is vir hierdie eensydige rassisme en diskriminasie soos B-BBEE, en ons eie onafhanklike gebied opeis, hoe vinniger is ons ontslae van hulle rassisme en diskriminasie en hoe gouer is ons weg van hulle af en hoef ons ons nie so bloot te stel nie. Ons het ‘n internasionale reg tot selfbeskikking.

Dink net, ons belasting gaan aan ons eie munisipaliteite, eie besighede, sonder die ewigdurende oor die skouer kyk of die anc te verryk.

Dink voor jy praat en doen

Daniel ·

Rassisme is hier om te bly terwyl die huidige regering aan bewind is. Sit iemand in ‘n pos waar diegene nie hoort nie en dis nie lank nie of die person probeer homself regverdig deur sy magsposisie te misbruik om sy wil en sienswyse af te dwing. “ek is in beheer en ek sê so”. Ek moes ook al in die verlede aanhoor dat wit teen swart rassisties is maar dat swart teen wit geregverdige rassisme is.

Eugene ·

Weet die landdros wat hy of sy aanvang wanneer so n swaar boete aan iemand opgele word? Dit is nog meer rassisties as die woord wat geuiter is. Die SA justisie stelsel is besig om by die dag meer rassisties en onregverdig te word. Die landdroste en regters se name moet in die artikels gepubliseer word, sodat ons kan sien wie is regverdig en wie nie

Avokado ·

Haal eers die k-woord uit jou woordeskat. Dan kan jy ander aanvat as hulle jou beledig.

treurgrond ·

Wanneer is dit diskriminasie teen die Wit mense. Wanneer kan ons se die ander mense is rassisties. Wat moet ons meer genoem word. Wanneer wanneer wanneer kan ons iets daaromtrent doen wat aan ons gese word.

Oom Jan ·

Hande op: wie glo nog dat daar enige heil vir enige selfrespekterende blanke onder swart bewind? Die patetiese eenheidstaatpolitiek sal mos nooit as te nimmer ons belange bevorder nie. Intussen moet ons heeltyd op eiers loop en hulle geen gunste soos hierdie doen nie. Mense behoort ‘n blaadjie uit die Alt Regs se boekie te neem, en alternatiewe verwysingsterme kry vir die verskillende vyande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.