Vrou moet operasie ondergaan ná wrede Potch-aanval

Nanna sterk aan in die hospitaal. Foto: Verskaf.

Nanna Viviers (25), die vrou wat Saterdag in die vroeë oggendure op haar verjaardag saam met haar kêrel, Albert John (23), in hul huis in Baillie Park in Potchefstroom wreed aangeval is, sal vandeesweek ʼn operasie aan haar oog moet ondergaan.

Jacques Viviers, Nanna se pa, het aan Maroela Media gesê Nanna word in ʼn private kamer in die Life Groenkloof-hospitaal in Pretoria behandel. “Haar sinusbank en wangbeen is gebreek, haar oogbank het ook gesak. Die chirurg was gister hier en ons sien hom vanoggend weer. Die swelling het ʼn bietjie gesak. Dit lyk nie of haar sig iets oorgekom het nie. Hy is vol vertroue dat sy mooi kan herstel. Die ogie is bietjie oop vandag, maar sy het baie pyn,” het Viviers gesê.

Viviers vertel dat Nanna gisteraand begin nagmerries kry het en kalmeermiddels moes ontvang om tot bedaring te kom. Die twee bly maar drie weke in die huis.

John, ʼn sakeman, is gisteroggend uit die Mediclinic in Potchefstroom ontslaan en kuier nou by Nanna, ʼn streeksbestuurder van King Price.

Maroela Media het vroeër berig Viviers het vertel Nanna en John het gelê en slaap toe hulle omstreeks 02:30 wakker geword het van Nanna se worshondjie wat blaf. Volgens Viviers het die twee dié aand die alarm in die huis afgeskakel omdat die honde veroorsaak dat dit deur die nag afgaan.

Nanna en Albert Sondag in die hospitaal. Foto: Verskaf.

“Toe Nanna haar oë oopmaak, het daar ses van hulle om die bed gestaan.” Die indringers was met bobbejaanmoersleutels, pistole en messe gewapen. Drie van hulle het klapmusse opgehad, terwyl die ander drie se gesigte sigbaar was. Hulle het Afrikaans, Engels en Tswana gepraat.

“Nanna vertel daar het die kenmerkende reuk van dagga om hulle gehang. Sy kon dit duidelik ruik. Albert wou net onmiddellik begin om te baklei, maar sy het hom kalm gemaak en gevra dat almal net rustig moet bly.”

Die aanvallers het hulle egter nie aan Nanna se versoek gesteur nie. Die volgende oomblik, terwyl hulle nog so in die bed sit, het die moersleutel haar agter die kop getref.

Viviers vertel dat die aanvallers vir Albert en Nanna erg aangerand het – só erg dat die bloedspore ná die tyd deur die hele huis sigbaar was. In ʼn stadium het die aanvallers vir Albert met sy skoenveters vasgebind en hom op die bed neergegooi. “Toe sê hulle vir hom, vanaand gaan jy kyk hoe ons jou meisie verkrag.”

Die swelling aan haar oog het teen Maandagoggend klein bietjie gesak. Foto: Verskaf.

Viviers sê toe Nanna dié woorde hoor, het sy besef dat sy nóú vir haar lewe moet baklei. “Sy sê sy het in daardie oomblik gedink, vanaand kom ons nie hier uit nie. Dit is nou lewe of dood. En sy het begin baklei met alles wat sy in haar het,” sê hy.

In die struweling kon Nanna daarin slaag om die paniekknoppie te druk en met dié het die aanvallers op die vlug geslaan. Hulle is vort met net die paartjie se selfone en Albert se beursie.

“Hulle het nie gekom om goed te steel nie,” sê Viviers. “Hulle het by ʼn klein venstertjie van die huis ingekom en is verby die televisie en ander waardevolle goed reguit kamer toe. Ses van hulle met al daardie wapens. Hulle was nie daar om te steel nie.”

Kapt. Mvula Chaka, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Anet ·

Dis totaal sinneloos! Ons as leke wat nie in regsberoepe is nie weet dis poging tot moord. Om dit huisroof te noem bewys onbevoegdheid.

Anet ·

Ai, gaan die wetteloosheid en misdaad dan nooit ophou nie? En dan werk die regering boonop hard daaraan om ons te ontwapen! So mooi mensie wat onnodig so lelik verniel word…

Andrea van Vuren ·

Gaan lees Ps 10. Het nooit kon dink hoe relevant die skrywe nog in vandag se siek wêreld is nie!

DERICK BRONKHORST ·

Die lafaards sal nooit alleen kom nie. Kom altyd in bendes voor. Bang vir een op een.

Se net ·

n Argument by KFC is poging tot moord, maar om iemand met ‘n moersleutel aan te rand is net huis roof ???

marous ·

Stuur die fotos en berig wereld wyd ! Die wereld moet hierdie land se krane totaal toedraai. Kom ons om , dan kom ons om , maar daar kan nie so geleef word nie .

Jessica ·

Ek stem saam, wys die wereld wat in ons land aan gaan, sodat niemand van ander lande as touriste hier moet kom nie, ons land is wreed en genadeloos,

Norman ·

Die waarheid word in afrikaans geplaas terwyl die leuens in engels verkondig word.
Hoeveel mense buite Suid Afrika verstaan Afrikaans?

Sê maar net 1 ·

Die wêreld weet presies wat hier aangaan. Die vraag is gee hul om?

corne ·

Nog n geval mense woord aangerand en amper vermoor maar SAPD ondersoek huisroof.

FELICITY ·

Dapper meisie. Jy het beslis albei julle lewens gered met jou dapper optrede. Hoop jy herstel gou.

MS ·

Huisroof? Aanranding met poging om ernstig te beseer, poging tot moord, wat daarvan? AS, en dis n baie groot AS, hierdie ouens gevang word, sal hulle seker 5 – 6 jaar kry per klag, maar hierdie vonnisse sal gelyktydig uitgedien word wat beteken hulle sal binne 2 – 3 jaar weer op vrye voet wees. Die regering sal “brag” oor hierdie “swaar vonnisse” en die ZERO TOLERANCE van die ANC/SAPS, maar hulle flous net hulself.

Kwaad ·

Die wettiging van dagga in hierdie land gaan nog baie bloed laat bloei. Baie moorde en ander misdade gaan hoogty vier. Maar nouja, van hierdie hopelose misdadige regering is dit te wagte

Frozen ·

Ja Jan,as hulle nie dagga gerook het nie sou hulle dit nie gedoen het nie.So ons moet al die dagga verwyder dan sal hulle nie sulke goed aan ons doen nie! OMW!!!Dagga of nie dagga…..dis nie eers n faktor nie.Met of sonder dit sal ons gemoor word!

Sp ·

Huisroof?! Dis poging tot moord!
Wat sê die SAPD se Misdaadintelligensie?
Is dit nie georganiseerde misdaadgroepe – want 6 is ñ definitiewe getal by plaasaanvalle en gewapende rooftogte.

Willem ·

Moenie laat hulle jou onverhoeds betrap nie. Moenie sonder ‘n wapen wees nie en moenie dink mooi praat en kalm praatjies gaan jou red nie!! Veg vir jou lewe al staan jy met die rug teen die muur. Dis beter om te veg en te vergaan as om soos ‘n skaap keelafgesny te word nadat jy moes toekyk hoe hulle jou vrou verkrag.

Lana ·

Dit lyk vir my tussen die mense wat moet besluit watter klag dit is, is nog ‘n paar mense met MBA-grade van NWU.
Huisroof se dinges. Dis poging tot moord!!

Gerhardt O ·

Lana, daardie SARS IT dame se MBA is in 2003 deur die Universiteit van Noord-Wes (Bophutatstwana) uitgereik. Ongelukkig word die NWU-PUK nou daarmee verbind.

Wat betref Nana en Albert John, mag julle vinnig beter word en ons is trots dat julle so dapper was.

Lana ·

Jammer, NWU-PUK.
Het nou die regte inligting en dit maak meer sin.

Lana ·

Jammer, NWU-PUK.
Het nou regte inligting en dit maak meer sin.

Afrikaanse Knaap ·

Sterkte aan hulle met die trauma wat voorle. Mens kom nie oor dit nie.

Albatros ·

Wow. Huisroof.

Eintlik is ek nie meer verbaas nie. Ek is meer verbaas oor dat ons hierdie dubbele standaarde nog toelaat.

Lana ·

Nanna en Albert – wees sterk. Julle is baie beter as die lae gemors wat dit aan julle gedoen het. Hulle dag sal kom!!

Molly ·

Dis reg poging tot moord moet ook ‘n klagte wees maar polisie gee sekere sake spesifiek laer klag kodes om die stats te manipuleer. Sy was so braaf wens haar alle beste toe met die herstel en ASB maak die huis meer veilig vir die toekoms

Hennie ·

Die staat moet die mediese onkostes betaal. Om te dink ons moet Vat betaal op sulke rekeninge, so die staat ontvang 15% op die rekening. Dis om van te kos!

Antjie ·

Huisroof?
Die twee jongmense is seker iemand se besittings!
Of SAPS dink so…
Of is dit nou NVG?
Watookal, dis anti-wit om dit so te verkondig aan die media. Of, watter ander rede kan daar wees? Anti-huisinwoners, anti-selfooneienaars, ens., klop eenvoudig nie met die wreedheid en MO nie. Wat is dan so sensitief om aanranding en poging tot moord te ignoreer? Waar is die swartmense wat op dieselfde MO en wreedheid aangeval word in hul huise terwyl hulle slaap? Ons wil regtig hê die media moet dit ook vir ons wys as dit bestaan, of oor die verskriklike vooroordele begin berig, groot asseblief!

Troos ·

Nanna jy is nog steeds pragtig en sal mooi herstel
Jy is n heldin

GP ·

Wonder waar is al die geld insamelaars nou? O ja nou weet ek.

Soveel mense het al gepraat oor huis beveiliging. Kry gekoppelde alarm en sit elke aan aan. Kry gang deur. Gaan om die huis en kyk waar hulle maklik kan inkom en maak dit die laaste plek waar hul kan inbreek……. Los die honde buite. Hulle meng in met alarms moet uitgaan deur die nag ens. Al die dinge val maar altyd op dowe ore en dan moet die buiteland ons weer kom help.

Sterkte aan die slagoffers van hierdie aanval. Hoop julle herstel spoedig.

CJ ·

Die blatante, brutale geweld teenoor ons mense is buite beheer! Die idiliese prentjie van n droom-demokrasie met n grondwet wat alle rasse in Suid Afrika se reg op vryheid en veiligheid beskerm, wat deur die owerhede die wereld ingestuur word, is doodeenvoudig n totale wanvoorstelling. Die wereld moet van die waarheid en werklikheid in Suid Afrika kennis neem, sodat internasionale optrede hierdie mense kan dwing om reg en geregtigheid toe te pas teen geweldenaars wat hulleself die reg toe eien om gruweldade teen ons mense te pleeg. Baie sterkte aan die slagoffers van die soveelste aanval op onskuldige minderheidsgroepe wat n vreedsame bestaan onder chaotiese omstandighede soos nog nooit tevore probeer maak. En neem kennis, hierdie aanvalle op minderheidsgroepe in ons stede en plattelandse neem geweldig toe, net soos dit die geval is met plaasaanvalle. In die plaaslike media verskyn nuusberigte oor hierdie euwels gewoonlik in klein beriggies erens in die middel van n dagblad. Maar o wee, enige moontlike refleks of aksie teen die meerdeheid is dadelik voorbladnuus! Mag die Hemelse Vader spoedig ingryp teen die euwels in ons eens so mooi land. Obs noet hande vat en bid soos nog nooit tevore nie! Ons Skepper luister!

B ·

Dit was nooit die plan (idilliese vreedsame vryheid) -> die werklike (revolusionere) plan word inderwaarheid perfek uitgevoer, en gaan net nog meer momentum optel.

Ella ·

Sterkte, julle kan trots wees op julleself en jammer dat julle hierdeur moes gaan.

JB ·

Wat n siek en onbevoegde derdewereldse land is ons nie. Jammer dat daar nie genoeg omgee mense in die kabinet is om hierdie land ten goede te herstel nie.

Amerikaner ·

Ek tik vanuit Amerika en is so bitter jammer dat hierdie dinge gebeur. Staan sterk boere en weet een ding – hier is miljoene wat saam met julle bid en hoop vir ‘n beter toekoms. Mag Nanna weer vrede en rustigheid vind … sy het moed gehad om terug te baklei teen ‘n oormag. Mag haar moed ons almal hoop gee!

Bossie ·

GP, wanneer ek jou kommentaar lees is dit met die volgende gedagte: kyk hoe moet ons leef, kyk hoe moet ons jeug al leef, kyk hoe “normaal” het die “abnormale” geraak. Doen dit, doen dat, beveilig jouself, kry honde, diefwering, alarms, vuurwapens, wees bedag op jou omgewing, moenie saans braai sonder ‘n vuurwapen nie, moenie alleen gaan stap nie, moenie saans tuin natmaak nie, moenie alleen dorp toe gaan nie, kyk dat hul nie jou kind gryp in die inkopiesentrum of in ‘n restaurant nie en verkrag nie WANT indien jy nie AL die waarskuwings nakom nie is dit JOU EIE skuld dat die goed met jou gebeur! TWAK! Ons weet almal wie sr skuld dit is! Mense is verby gatvol. Iewers, baie spoedig, gaan mense se geduld opraak. Ek vrees hierdie mense se teenreaksie. Dit gaan nie mooi wees nie.

Nanna en Albert, ek vra namens die Regering verskoning vir wat met julle gebeur het. Ons bid vir julle. Mag God Sy Hand oor jul hou en jul jong gemoed weer eendag inkleur. Dit is hartverskeurend wat in ons land gebeur. Jammer dat jul jong geslag niks anders ken nie. Help die land deur op jul knieë te bly. Ons moet eers deur die drif en dit is julle helde en heldinne se name wat in geskiedenisboeke opgeteken sal staan. Julle durf en moed sal deel wees van die stryd. Die stryd is al wat oorbly….

Elsa ·

Sterkte vir julle Nanna en Albert. Ek hoop van harte die geestelike letsels van hierdie aanval sal ook vorentoe genees en dat julle nie permanente letsels sal oorhou nie. Julle is twee pragtige jongmense en jul lewens is met ‘n doel gespaar.

se maar net ·

HUISROOF????????? ….. DIS HOEKOM DIT IN DIE LAND GAAN SOOS DIT GAAN, DIS POGING TOT MOORD

wonder ·

# Kapt Chaka?? seker kapt vir die SEEROWERS??? HUISROOF????????????????????????????
Mense Julle moet julle gesin en familie begin beskerm vat gereg in jul eiehande as julle moet , want julle gaan nie hulp van die government af kry nie!!!!!!!

Realis ·

@Bossie, so waar….jy kon jou kommetaar namens my geskryf het. Die onskuldige, hardwerkende, “goeie” burgers van die land is in n hoek, en almal weet wat gebeur wanneer jy met jou rug teen die muur staan. Jy VEG……!!! Mnr die President, jou stilswye, jou onvermoe om in die land reg en geregtigheid te laat geskied, jou ontkenning van die probleme, jou onvermoe om deur die bank regverdige stellings te maak, ens ens, gaan n oorlog in SA veroorsaak. Is dit wat julle soek? Gaan ons, dan gaan ons!

GP ·

Bossie, ek stem heeltemal met jou saam. Dinge is ver van waar dit moet wees. Ongelukkig weet ons die regering gaan niks doen nie, ons weet ook ons kan nie op die polisie staat maak vir beskerming nie. Ons kan ook nie aangaan dat ons mense so mishandel word nie.

My vraag is altyd, wat kan ons doen? In my opinie is ons sagte teikens met relatief baie geld en besittings (se nie ons het abnormal baie nie, maar ten minste iets), tussen letterlik miljoene mense wat amper niks het nie. Dit skep ‘n baie gevaarlike prentjie.

Ons eerste stap behoort te wees huis verharding, self beveiliging en kring dan uit na verdere beskerming, bure GPF ens. Ons moet moeiliker teikens word.

Die scenario is nie normal of gewens nie maar wat anders? Natuurlik help internasionale bewusmaking en teenstand wat op politieke gebied gebeur baie. Ek dink nie ons sal werklik in massas opstaan en teenkanting bied nie. Dalk is ek verkeerd, maar ons word al minder en hulle al meer. Dit gaan ook al jare en jare aan en ons doen niks as massas nie behalwe ‘n optog nou en dan.

Sarie ·

HUISROOF – statistieke gëorienteerd sodat die wêreld nie kan sien hoe hoog ons MOORDSYFER is nie.

Ian ·

Dit is ten minste annranding met die doel om ernstig te beseer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.