Vrou ná nagmerrie-nag op plaas: ‘Hoekom ons?’

[WAARSKUWING] Die inligting in hierdie berig kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

Die gesin in gelukkiger tye op die plaas. (Foto: Verskaf)

“Die vraag wat jy na so iets vra is, hoekom? Hoekom ons? Wat het óns gedoen dat dit moes gebeur?”

Dié vrae maal opnuut deur Rachel* se kop nadat ʼn man vandeesweek in die hooggeregshof in Port Elizabeth verskyn het in verband met die gru-aanval op haar en haar kinders verlede jaar. Die beskuldigde se naam mag nie bekendgemaak word nie aangesien hy op ʼn seksuele aanklag teregstaan en nog nie gepleit het nie.

Rachel en haar drie kinders, toe 9, 13 en 15 jaar oud, was op 23 Maart verlede jaar alleen by die huis op hul plaas buite Hankey in die Oos-Kaap toe die aanval plaasgevind het. Rachel het in haar slaapkamer op die bed ontspan toe sy gehoor het hoe skote afgevuur word. Die kinders, wat besig was om in die woonkamer TV te kyk, het in die slaapkamer ingehardloop gekom.

Rachel het opgespring en die kamerdeur toegedruk. Die aanvaller het van buite probeer inkom en in die proses nog skote afgevuur. Rachel is gewond en die koeël is by haar linkerboud in, het haar ruggraat met ʼn sentimeter gemis en het in haar regterboud vasgeslaan.

Sy sê sy glo vandag nog dat sy sou doodgebloei het as die koeël aan die ander kant van haar lyf uit was en daar nóg ʼn bloeiende wond was – want nadat sy geskiet is, het daar nog vier ure van hel vir haar voorgelê voordat die nagmerrie uiteindelik verby was.

Die aanvaller het vir Rachel en haar kinders na die woonkamer gedwing waar hy hulle met draad vasgemaak het. Hy het Rachel later na die slaapkamer geneem en haar daar verkrag. Daarna het hy haar dogter gaan haal en haar ook na die slaapkamer geneem met die doel om haar ook te verkrag. Rachel het hom egter gesmeek om dit nié te doen nie; hy het vir Rachel daarna ʼn tweede keer verkrag terwyl haar dogter moes toekyk.

Nadat die aanvaller verskeie items uit die huis geroof het, het hy Rachel gedwing om hom in haar voertuig na ʼn kitsbank in Hankey te neem om daar geld uit haar bankrekening te gaan trek. Rachel sê sy weet egter die man het nié gekom om te roof nie – hy het gekom om haar en haar hele gesin dood te maak.

“Hy het net aanhou vir my sê, niemand van julle gaan leef nie. Ek gáán julle doodmaak. So ek het net geweet ek moes hom wegkry by die huis sodat my kinders ʼn kans het om weg te kom,” sê sy.

‘n Uitknipsel van ‘n berig in ‘n Australiese koerant oor die aanval met ‘n foto van Rachel se skietwond. (Foto: Verskaf)

“My twee tienerkinders het ook kalm gebly en vir my gesê ‘Ma, ons moet doen wat hy sê’. Ons kon nie veel praat nie, want hy het verskriklik kwaad geraak, maar terwyl hy die huis geplunder en goed in sakke gegooi het, het ons bietjie kans gehad om te praat.”

Sy sê sy dink omdat almal kalm genoeg was om te doen wat die aanvaller sê, kon sy daarin slaag om hom by die huis weg te kry.

“Ek het geweet as ek hierdie ding gaan oorleef, sal hy moet geld kry. So ek het hom die regte kaarte gegee, die regte PIN-nommers en hom baie spesifieke opdragte gegee hoe hy te werk moet gaan om die geld te onttrek. Ek dink hy het op ʼn vreemde manier dalk gedink, ‘miskien is hierdie vrou aan my kant’,” sê sy.

“Nadat hy die geld gekry het, het hy my vir nog ʼn halfuur aangehou. Ek het net aangehou om met hom te praat. Ek het net gesê, ‘ek weet jy is nie ʼn slegte mens nie en ek weet jy wil ons nie doodmaak nie’. Ek dink dalk het iets in sy gedagtegang verander.”

Sy sê teen middernag het haar lyf in skok begin ingaan. “Daar was bloed oor die hele kombi en ek het so geruk, ek kon amper nie bestuur nie. Ek het vir hom gesê, ‘jy moet my nou laat gaan, anders gaan ek doodgaan in hierdie voertuig en dan gaan jy teregstaan op aanklag van moord’. Ek het hom belowe ek gaan nie polisie toe nie, ek gaan net my kinders by die plaas oplaai en dan gaan ek hospitaal toe.”

Hy het haar opdrag gegee om vir hom die sakke vol gesteelde goedere aan te gee. En toe het hy haar laat gaan.

“Terwyl ek weggery het, het ek heeltyd gedink hy gaan nou skote op die kombi afvuur. Maar hy het nie en ek het links gedraai na die plaas toe en toe net voet in die hoek gesit. Ek moes net op die plaas kom, want ek het nie geweet of daar nog aanvallers was en of my kinders nog gaan lewe as ek daar kom nie.”

Die 32-jarige beskuldigde is in April in hegtenis geneem. Volgens Rachel het hy voorheen as ʼn seisoenwerker op die plaas gewerk, maar was hy nooit ʼn vaste werknemer nie. Nie sy, haar man of haar kinders het hom geken nie – die voorman op die plaas het direk met die seisoenwerkers gewerk en daarom het geen lede van die gesin ooit kontak met die man gehad nie.

Vir Rachel is dit steeds ʼn raaisel hoekom dié man gekies het om hul gesin aan te val. “Ek weet dit was nie ʼn rooftog nie, hy wou ons doodmaak. Hy het herhaaldelik vir ons gesê ons gaan doodgaan, hy het gesê hy gaan ons opkap en as hy ons nie doodmaak nie, sal hy iemand stuur om ons te kom doodmaak. Hy wou ons dood hê.”

Sy sê die aanvaller se skote het beide haar dogter en ouer seun net-net gemis en die man het verskeie kere die vuurwapen teen haar kinders se koppe gehou en gedreig om hulle te skiet.

Volgens Rachel was daar nooit enige konflik met die man, enige loongeskille of enige probleme rakende sy kontrakwerk op die plaas nie. Sy glo dat die aanval óf polities gemotiveerd moes wees, of gespruit het uit jaloesie teenoor ʼn gelukkige en mooi gesin.

Die beskuldigde staan op altesaam 15 aanklagte tereg van onder meer verkragting, huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, ontvoering, vier aanklagte van poging tot moord en die dwing van ʼn kind om ʼn seksuele oortreding te aanskou.

Hy moet op 27 Mei weer in die hof verskyn en bly in aanhouding tot dan.

*’n Skuilnaam word gebruik om die identiteit van die slagoffer te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Heksie ·

dit is ‘n verskriklike ding wat julle getref het en ek kan my net die hel indink waardeur julle gegaan het, maar ek het net 1 vraag ….

Waar was jou vuurwapen????

Bekommerd ·

Snaaks dat die kinders wat op die plaas agtergebly het terwyl sy en die rower gaan geld trek het, nie die polisie of buurtwag in kennis gestel het nie? Of mis ek iets?

JJS ·

@Bekommerd, het jy gelees “met draad vasgebind”? Ek het in Standerd 4 al gesien hier kom groot probleme in ons land toe 38 van die 41 kinders hulle Afrikaanse Begripstoets gedruip het…

Koos ·

Sy het ‘n vuurwapen gehad, sy het gesukkel om die “safety” af te haal in die harwar

Paul Gerber Vf plus ·

Enige man se vrees die. Boere, asb bewapen jou en jou gesin. Gee hul n kans om die tiepe aanval af te weer. Gaan skiet gereeld, sit pepperspray in die huis. Wees paraat!

Elvira ·

My wens vir jou Rachel is dat jy hierdie ondervinding agter jou sal kan sit en vorentoe kyk, al gaan dit HOE moeilik wees. My wens vir JOU, verkragter, dief, ontvoerder, “moordenaar van n siel”, is dat jy NOOIT WEER DIE SON OP JOU VEL SAL VOEL NIE.

barend v d westhuizen ·

dan word die man n mens genoem hy is gemors

schalk ·

Hierdie man sondernaam behoort ook aan n ras sonder naam hulle is deel van die gesiglose korruptes in die land sonder naam. Land met n naam het verantwoordelikheid teen oor sy burgers.O raslose,gesiglose eendag sal jy jou loon ontvang.

Al ·

My gedagte ook!
Sterkte aan die gesin in hul geweldige trauma.

Sharon ·

As “poachers” 25 jaar tronkstraf opgelê kan word, kan plaasaanvallers, verkragters en moordenaars lewenslank opgelê word…sonder parool! Waarom moet hul net paar jaar kry om dieselfde daad weer te doen?

Joey ·

My gebed is dat ons Hemelse Vader daardie nag uit jul geheue sal vee. As mens kan ek my nie indink dat so gebeurtenis nie letsels agterlaat nie. Elke keer as ek so berig lees dan wonder ek hoe gaan mens aan na so voorval. Hoe raak jy ontslae van die nasmaak….daar moet seer sekerlik bitterheid wees. Verdien so persson wat so dierlik, gewetenloos en arrogant is enige iets anders as die doodstraf?

Ella ·

My hart pyn vir hierdie gesin.
Dank die Vader dat hulle nie dood is nie maar die trauma waarmee hulle leef gaan nooit verby nie.
En die vieslike skurk word nog steeds deur die wet beskerm. Hy gaan NOOIT skuldig pleit nie so sy naam bly onbekend.

Strand looper ·

Sjoe wat n nagmerie ondervinding net ons Hemelse Vader kon jou hier deur help. Ek weet Hy sal die krag gee om dit agter jou te sit. Die lafaard wat vroue en kinders aanval vir jou sal ek bid al wil alles binne my kwaad met kwaad vergeld. “God is not dead”

Patricia Trollip ·

Kan hierdie verslag in engels oor gesit word. Ek wil dit oorsee stuur. Dankie. Laat weet asseblief.

Hennie ·

Probeer ‘n bietjie een of meer van die oplyn vertalers. Dit is verbasend hoe goed dit soms werk en neem ‘n minuut of twee. Lees eers maar deur en korrigeer enkele woorde. Daar is verskeie wat goed werk.

Hanna Hoekom ·

Ja, ou Paddaman… Plaasaanvalle en plaasmoorde bestaan mos nie, ne? Hierdie is haataanvalle. Niks anders nie. Dankie tog die vrou het kopgehou! Jy is n heldin.

Blommie ·

Jy is n vreeslike dapper mamma om jou kinders so te kon beskerm.
Baie Sterkte vir julle, dis baie erg en hartseer dat onskuldige mense so iets moet deur gaan.

Andrea ·

Wat n verskrikking moes dit nie wees nie! Dankie Here dat hul oorleef het. Ek bid dat Hy jul help om die verskriklike trauma te verwerk. Baie sterkte.?

Elanie ·

Hoop hulle sluit hom toe en gooi die sleutel in die see. Regte gemors!!!!!!
Sterkte vir die gesin so ‘n aanval is nie maklik om oor te kom nie!

Jan Brand ·

En nou het Orania sy deure oopgegooi vir enige ras,solank hulle Afrikaner belange op die hart dra. Nee wat…trek weg Afrikaners,hier is geen hoop nie.

PaulV ·

Jan Brand; alle rasse wat die Afrikaner en hul kultuur goedgesind is was nog altyd welkom in Orania. Tot dusver was daar nog net nie enige ander ras wat tussen wit mense wou woon nie.

Jan Brand ·

Ek gaan dan nie verder dié organisasie finansieel ondersteun nie. Voorspoed vir julle.

Hartseer ·

So bitter bitter hartseer. Seker ons almal se grootste vrees.

Ek is so jammer.

Kandas ·

Dit was SO ontstellend net om dit te lees, wat nog van om self deur soveel hel te moes gaan!!! My hart gaan uit na Rachel en haar drie kinders. Ek dink so gebeurtenis moet ‘n letsel op ‘n mens laat, maar mag hulle deur Gods genade en goedheid leer om daarmee saam te leef en heel te word. Baie, Baie sterkte!

pinkie ·

Wreed. Sy is gebreek en haar dogter vir ewig “gescar”. Net God sal julle krag gee.

Daniel ·

Tronkstraf is nie goed genoeg nie. Mag julle toekoms geseend en vol geluk wees.

JP ·

Hi Maroela.

Wysig paragraaf 7 asb. Paragraaf 4 praat van een “aanvaller”. Paragraaf 7 praat van “aanvallers”.

Dankie. Baie goeie berig. Sterkte met recovery aan familie.

Mariné Lourens ·

Dagsê JP

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Oom Doug ·

Stem saam, Hy wou net dood maak, Maar ja, een of ander organiesasie sit hier agter.

Sonja ·

Liewe Here. Die arme mense. Wat ‘n wonderlike vrou en ma. Ek bid dat hul op ‘n manier genesing sal vind. :(

Willie ·

Wys jou net, die gemors kan jou lewe in sekondes verander vir ewig.. Die staat en owerhede draai hulle rug weg. Volksmoord en roof word aangehits, en die sogenaamde waghonde word gedek deur die ANC, EFF en BLF. Nou moet jy weet wat se gemors broei daar uit!

Geregtigheid ·

Dan veg advokate, wat deur belastingbetalers betaal word, vir sy onskuld en menseregte !Slym wat veg vir slym! Hou maar die saak dop!

Andre ·

Voel so jammer vir die gesin en al die duisende ander wat so aangeval word. Onse arme verdeelde volk. Onse arme afrikaaner volk. Kan net nie meer saam stem of saam staan nie. Wanneer word ons wakker???

Daniel ·

Tronkstraf is nie goed genoeg nie. Mag julle familie ‘n gelukkige en geseende lewe vorentoe he.

Boerin ·

GOD HELP ONS …beskerm ons en ons kinders teen hierdie afgryslikheid.

Rachel mag God jou en jou kinders styf vashou.

Dewald ·

Hoe lank gaan ons wit Suid Afrikaners met hande gevou sit en ons onsteltenis net in woorde uitdruk? Ek werk al sedert 1995 in 12 Afrika lande en het oorloë beleef, maar nog nooit soveel swart haat teëgekom as in SA nie. Ek het die blanke boere in Zimbabwe bedien en bygestaan en daar was nie naastenby sulke geweld nie en haat nie. Almal weet die onvermydelike gaan een of ander tyd moet gebeur.

Engela de Klerk ·

Baie, baie, baie dankbaar ons het Suid-Afrika verlaat. Te veel wreedheid. Ek kan amper nie eens die gesin se storie hanteer deur net te lees wat hulle deurgemaak het.

James ·

Te danke aan Malema, volg sy mense die instruksies wat hy gee.

Charlotte ·

Ek het nie woorde nie. Wat ek Wil sè kan ek nie sè nie. SO HARTSEER. Waar was haar man gewees?

GM ·

Charlotte, mans kan ongelukkig nie altyd oral wees nie, al wil hul graag. As die man wel daar was, was hy heelwaarskynlik doodgeskiet – dit is mos die kriminele se modus operandi.

Die skurk het geen reg gehad om hul plaas te betreë nie. Mag hy kry wat hom toekom.

Diklizzy ·

My dogter is Mei 2018 deur ‘n amper soortgelyke ervaring na sy onder sig van kameras en sekuriteitswagte gekaap is. Sy het net aanhou praat en bevestig dat sy vergewe. Ons was almal stomverbaas toe ons besef hoe lig sy daarvan afgekom het na 4 ure. Hartseerste was egter al die voertuie wat by haar verby gery het terwyl sy om hulp staan en SKREE langs die pad.

Nina ·

Dis sleg sterkte aan gesin jy mag nie dood maak nie maar soms wens ek daar was n laksman pos ek Sal eerste aansoek gedoen het met n smile net om daardie knopie te druk vir elke mens wat seer gemaak word en se lewe wat vernietig word tronk is nie n uitweg dis n gratis vakansie

hercu ·

as oud moord & roof speurder kom die gesig wat daardie dag/nag afgespeel het in my geestesoog op!

die doodstraf was in my loopbaan nog in werking en ek sou graag wou sien dat dit weer ingestel word!

baie sterkte aan die familie wat alles weer moet deurmaak tydens die verhoor!

Driekie ·

Onse Vader….laat U wil geskied….vergewe ons ons oortredinge ……en verlos ons van die bose! In Jesus naam!

Michelle ·

My gebede gaan uit na jou en jou kinders net ons hemelse Vader kan julle vashou en versterk jul weer heel maak. Vir die verkragter die regter moet hom nooit weer die lig laat sien nie hy verdien nie eers ‘n lewe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.