Vrou na SA gebring ná kameelperd-aanval

Foto: Netcaree 911

Foto: Netcaree 911

ʼn Amerikaanse toeris wat deur ʼn kameelperd in Zambië aangeval is, sterk in Suid-Afrika aan.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het hulle Vrydagaand ʼn oproep ontvang omtrent ʼn Amerikaanse toeris wat by ʼn vakansiebestemming in Zambië deur ʼn kameelperd aangeval is. “Volgens berigte het die vrou gaan stap toe die kameelperd haar aangeval het.”

Mathe het gesê die kameelperd het die vrou met sy kop in ʼn doringbos ingestamp en dat sy in ʼn kritieke toestand aangetref is. “Die Netcare 911-stralerlugambulans het die vrou Saterdagoggend in Zambië gaan haal en na ʼn hospitaal in Johannesburg vervoer waar sy mediese behandeling ontvang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

DPJ ·

Ja nee buitelanders dink wild in Afrika is baie mak diere. Sterkte vir haar en mag sy gou aan sterk.
Hooplik het sy geleer die wild is nie so mak nie.

Dee ·

Toevallig het ek gister gekyk na youtubes waarin Amerikaners heftig te velde trek teen die kostes van lugambulanse. Nadat ek gesien het wat die kostes daarvoor is oor kort afstande in die VSA is dit ‘n interessante vraag wat ‘n stralerlugambulans se koste was (en wie daarvoor betaal) in diè betrokke geval. By die Yanks word gepraat van helikopterlugambulanse terwyl dit hier ‘n straler was. Wonderlik dat die fasiliteit beskikbaar is maar wat kos dit?

cobus ·

As jy geen dekkinghet nie. Usd dollars tussen 20000 en 25 000.

Sarie ·

Ek het nie gedink Kameelperde raak òòk aggressief nie? Iets moes dit aangevuur het…

Takkie Takuuza ·

Soms is hulle baie agresief meestal as daar kleintjies iewes naby is. Soms is daai dier maar net agresief. Ek is ook al plat geslaan deur een, amper doodgetrap. Wild is wild is wild.

cobus ·

Kostes wissel van veskillende mediese dekkings en versekering. In die geval soos hierbo as daar nie genoegsame dekking was nie sal 911 gewoonlik nie n straler of lugambulans laat opstyg in Suid Afrika voordat n delosito van Usd 20000 tot usd 25 000 betaal is nie….gewoonlik het die oorsese toeruste as hulle deur n toer agentskap werk versekering wat hulle uitneem sn sal dit die koste dek en geen probleem. As Suid Afrikaners moet jy baie versigtig wees as jy oor die grense in afrika gaan wdrk of vakansie hou.baie sa mediese fondse dek jou nie buite sa nie deel van fyn skrif. Sommige dek jou net vir 90 dae buite sa en dan verval dit. As jy geen dekking het nie deur jou mediese fonds dan moet jy kyk vir versekering vir dekking vir vacuation om jou terug te blieg na sa anders is dit n groot kopser en baie duur. Hoop die meisie sterk aan en word gou gesond.

François ·

Hoop sy besef, soos die meeste windgat Amerikaners, dat Afrika nie vir sussies is nie. Jy gaan stap doodeenvoudig nié alleen in die Afrika bos nie! Vertrou sy herstel gou.

Braam ·

Ek is met n lug ambulans (straler)4 jaar gelede van Upington na Pretoria gebring na n hartaanval; met n “cool price tag”van R80 000.00…..dit het my lewe gered !en Discovery het elke sent betaaal….betaal my maandelikse paaiement met n glimlag

Francie ·

Kan mense nie besef hulle is nie op besoek in” Disney Land” nie
Ek wonder dikwels of die groot getalle besoekers en uitlaatgasse nie die diere irriteer tot agressiewe optrede nie.
Jammer dat so iets gebeur het, ons is dankbaar dit was nie noodlottig nie, en daar is wel fasiliteite beskikbaar in sulke noodgevalle wanneer geld nie die eerste oorweging is nie.

Marous ·

Sjoe, die arme vrou het seker net kolle en dorings gesien. Hoop sy herstel gou.

Karma ·

‘Skuus, mense, die saak is ernstig, maar Marous – ek het darem nou lekker geglimlag vir jou opmerking! Inderdaad! Kolle en dorings. Sjoe, dit moes seer gewees het. Kyk, ek glo ‘n kameelperd kan jou disnis slaan met sy – is dit? – horings? Dit is mos van pure been gemaak? Die jong bulletjies veg ook mos so, kap mekaar disnis met die nek en horings (?). Dalk kom die kameelbulle (as dit ‘n bul was) ook soos olifante “in musth” of was daar dalk ‘n kalfie êrens naby wat die kameelkoei wou beskerm en was dit die rede hoekom sy aangeval is.

En om darem in ‘n doringbos te land … ek is seker die arme vrou het baie seergekry, veral as hy haar teen die kop, nek of skouers getref het. Sy sal seker nie gou weer “in Africa …” kom toer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.