Vrou ná taxi-aanval: ‘Ek het verbete terugbaklei’

Al die motor se vensters is stukkend geslaan (Foto: Verskaf)

“Ek het net verbete terugbaklei.”

Só vertel ’n getraumatiseerde ma van Pretoria nadat sy Woensdagoggend deur ’n groep taxibestuurders omsingel en in haar voertuig in die Waterkloofrif-omgewing aangeval is.

Maroela Media het vroeër berig die stad is die oggend ontwrig deur die Nasionale Taxi-alliansie (NTA) se een dag lange staking. Optrede van geweld en intimidasie deur taxibestuurders het talle motoriste vreesbevange gelaat.

Die 47-jarige vrou het die oggend haar dogter by die skool afgelaai waarna sy op pad huis toe skielik die taxibestuurders in Eridanusweg, naby die Rigellaan-oorgang, sien staan het. Hulle het die pad versper.

“Ek het oor die Rigellaan-oorgang gery, toe die een ou skielik by my venster kom staan het. Die volgende oomblik het daar nóg rondom my motor kom staan,” vertel die vrou.

Die taxi’s het reg rondom haar voertuig stilgehou en sy kon nêrens heen ry nie. Sy sê al die taxi’s se nommerplate was toegeplak.

’n Onbekende aantal taxibestuurders het die vrou se voertuig met knuppels bygedam.

Hulle het die voertuig vol duike geslaan en meeste van die ruite is gebreek. Nie al die ruite kon breek nie, want dit het film opgehad. Die voorruit is uitgeslaan.

“Hulle het my motordeur oopgeruk en my geruk en geslaan. Hulle het probeer om my beursie en foon uit my hand te gryp. Ek het verbete terugbaklei.

“Die een man het gestaan en rook en die aanval aangemoedig. Dit was blatante, redelose geweld.”

Ná ’n paar minute, wat vir die vrou soos ure gevoel het, het die taxibestuurders die aftog geblaas en in hul taxi’s geklim en gery.

“Ek het my kans aangegryp, my motor in trurat gesit en weggejaag. Ek het iewers in ’n straatjie afgedraai, stilgehou en al rukkend my man gebel. Ek was so geskok.”

Een van die taxi-bestuurders wat op die vrou se kar afgestorm het (Foto: Verskaf)

Die egpaar het die Brooklyn-polisie en plaaslike gemeenskapspolisiëringsgroep van die voorval in kennis gestel. Die vrou sê sy was baie beïndruk met die polisie se vinnige terugvoer en optrede.

Die vrou het verskeie kneusplekke opgedoen en onder meer haar bors en skouer seergemaak. Sy het ook moontlik haar enkel verstuit. Dele van haar liggaam is vol glasstukke, soos die glas gespat het. Sy is nog erg getraumatiseerd ná die voorval.

“Ek het die oggend Bybel gelees en ’n vers raakgelees wat lui ‘wees versigtig’ en ‘God sal jou beskerm’. Ek het in daardie oomblik in my motor gesit en gedink ‘God sal my beskerm; Hy is magtig’.

“Ek het besef ek is vroualleen, maar het in die hitte van die stryd probeer kalm bly. Ek het nie geskree of beheer verloor nie.”

Die vrou se motor is erg beskadig. Al die panele is ingeduik en die ruite is stukkend geslaan.

Die vrou en haar man beoog om ’n saak teen NTA aanhangig te maak.

“Die taxibestuurders moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul dade. Hulle het my vroualleen geteiken en my lewe bedreig. Nog boonop in ’n tyd waar geweld teen vroue in die voorgrond is. Ek gaan die saak nie net hier los nie, ook ter wille van die ander slagoffers daarbuite.”

Haar man sê hy is doodseker dat sy nie die enigste ouer of vrou is wat vanoggend onder hierdie soort geweld deurgeloop het nie.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ‘n saak van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Persheks Adri ·

My bloed kook!!! Die res van my kommentaar kan ek nie hier sê nie ek sal in die tronk gaan sit…

SomeOne ·

julle taxi bestuurders wat die paaie so afgeblok het is nes ‘n lee klomp blikke, raas, raas, raas, ons is gemanierd, maak nie geraas nie, maar as die dag kom wat ons gaan ONTPLOF, nie raas nie, gaan die perde horings kry

Sarel ·

Maak ‘n saak teen die Orgsniseerders masr kan u nou al vertel dat dit kamtig nie van hulle lede was nie. Ons Regstelsel os onbevoeg om sulke sake te hanteer

Marie ·

Sarel ek moet met jou saam stem. Hulle sal nes die EFF sê dit is nie ons mense wat Clicks gevandaliseer het nie.

Pieter ·

Die oorlog is baie naby party mense dink om dat hulle swart is hulle kan maak net wat hulle wil

Nic ·

die hele anc regering is pateties en MAG doen net wat hulle wil BY BLOED KOOK

Nerina ·

Daar was n voorval waar n vrou se notor vol koeels geskiet is.
Ek stem saam – hierdie is geweld teen vroue! Dit moet stop!!

Yvonne ·

My man was op dieselfde plek met ons Gr R seuntjie in die kar. Toe hy links draai in Rigel toe is die klomp taxi’s voor hom. Hy kon nie omdraai nie en een taxi het moedswillig in hom vasgery. Hulle het met knopkieries hom uitgetart en op die kar geslaan. Gelukkig was ek nie ver agter hom nie. Ek het my kar parkeer en tussen die geweldadige mense deurgeloop om my kind te gaan haal. Hy het so gehuil en was so bang. Almal het na drank geruik en baie aggressief. Niemand het seer gekry nie maar die kar is erg beskadig

Misky ·

Ek hoop julle het ook n saak gaan maak en so bly julle is okay. Ek dink die versekeringeise gaan weer hoog loop. Hoop hulle maak sake oop teen NTA en hulle moet pa staan vir hulle lede.

Lodewyk Johannes ·

Dagvaar die regering jy betaal belasting en dis hulle plig om jou veilig te hou

Anoniem ·

Wanneer ek nuus kyk, lees ens., besef ek een ding. Die groter meerderheid (our people) is besig om te sorg dat hierdie land agteruitgaan en vinnig ook. Die regering kyk weg en hierdie eens pragtige land word nou ‘n “has been”. Ons kan dink soos ons wil, redeneer soos ons wil, ons koppe in die sand indruk, maar die waarheid is daar vir jou en vir my om te sien. Ek hoop die arme vrou kom gou oor hierdie trauma.

Piet ·

Kan iemand dalk die mense regte kommissie se kommentaar probeer kry.
Die vrou se regte is ernstig aangetas.

Johannes Andreas ·

Jammer Piet, sy is Wit. In RSA. Nie lid van een van die stamme van Our People nie. Sy het nie menseregte nie. Die MRK is in elk geval so vêr links, hulle ‘waardes’ en meetsnoere is eintlik krom getrek.

Toffie ·

Dis die logiese oplossing Piet, maar kom ons wed dat daar net mooi NIKS van gaan kom nie. Sekere mense het volop regte en ander geheel en al glad nie.

Flip ·

Dis opvallend dat die media nie so n ophef van hierdie saak maak soos met die “doodskis” saak of soos die onskuldige juffrou Barkhuizen saak nie. As dit wit mans was wat dit met n swart vrou gedoen het was hulle almal al agter tralies en sou dit wereld nuus gewees het.

Nic ·

flip jy is 100 persent reg ons is nie deel van ( our people ) nie

Pierre ·

Ek sal saak teen die taxi assosiasie wat dit gereel het maak vir trauma en skade vergoeding.

Piet parys ·

Gebruik jou voertuig as n wapen . Moenie uitklim nie !!!!

Petrus ·

Die is mos nie kwaadwillige saakbeskadiging nie polisie, dit is poging tot moord en ons soek die beste Advokaat in die Land om hulle in die wiele te laat ry. Ek kry gereeld dat Taxi drywers my van die pad wil afdruk en vloek mens sonder rede. Geen wonder polisie is bang vir hulle nie.

pieter ·

Tyd om te praat met hulle is verby , saamstaan en optree is nou nodig .

Nico ·

Alweer die taxi’s, waar is Ramaposa en Bheki Cele, die twee het mos hordes lyfwagte waarvoor die belasting betaler voor betaal.

Pieter ·

Ek verwag elk geval geen menslikheid of maniere nie, en dus word ek nooit teleur gestel nie.

Suzette ·

Dit is regtig vir my onaanvaarbaar dat ons sulke goed in hierdie land moet deurmaak. My hart breek in stukke want dit kon so anders gewees het. Ek is trots dat jy geveg het. Maak daardie saak teen NTA en sommer teen die regering ook want hulle is die oorsaak van al hierdie tjol in die land. Laat hulle betaal.
Ek is net dankbaar dat jy lewendig uit hierdie situasie gekom het. Sterkte met jou herstel want hierdie tipe trauma gaan sit nie in mens se klere nie.

Jakes ·

Niemand sal my oortuig dat beskaafde mense so iets sal doen nie. het hierdie maters ooit n opvoeding gehad?

Andre ·

Hulle het seker ook gehoor Biden se “Score” is die hoogste en die plaaslike antifa is hulle s’n. Wat ‘n skok wag nog op hulle.

Matilda ·

Lafaards! Hulle operate net wanneer hulle meer as een is, en hulle teiken net sagte teikens soos ou mense en vrouens. Ek bid vir die dag dat onse hooggeplaastes onder soortgelyke insidente deurloop, dan sal daar seker iets aan gedoen word.

ES ·

Die groot probleem met die regsaksie teen die NTA is dat hulle jou en jou vrou gaan teiken en viktimiseer want dit is wat hulle doen, maar staan sterk en doen dit, want die hel weet, iemand moet begin om terug te baklei teen hierdie “mense”.

Vanessa ·

Ek kan net dink hoe bang die dame moes wees.

Daar het ‘n taxi voor my ook ingery (in Atterbury) en toe het hulle uitgespring en aan my kar se deure geruk en aan die venster gekap. Hulle het ook met stokke na ‘n bus gehardloop en die bus daarmee geslaan. Gelukkig het hulle my kar nie beskadig nie en my uitgelos.

Daar was een van die taxi bestuurders wat die verkeer gestop het en vir my gesê het ek moet ry, wat ek dadelik gedoen het, ek het sommer daar weg gespin as ek dit so kan stel. Ek het so gebewe dat ek skaars die stierwiel kon vashou.

Ek voel dis onnodig om onskuldige mense deur so iets te sit. Staak as jy wil staak, maar los die mense uit. Ons het mos nou niks aan jou gedoen nie, ons ry ook maar werk toe en terug. Wat het die busse te doen met die hele storie waarom ontwrig julle hulle. Hoe sal julle voel as ons julle vrouens aanrand en vloek. Gaan dink bietjie oor julle dinge van gister of dit nou reg was.

Regverdigheid ·

So verkeerd hul kan doen net wat hul wil. Taxi bestuurders dink hulle is Baas tyd darr opgetree word teen hulle .

Villie ·

Die taxi bedryf, eienaars en bestuuurders, is eintlik die regeerders van die land en die sogenaamde wettig gekose regeerders bewe voor die taxi bedryf.

Kokerboom ·

Stel voor Afriforum stel ‘n dringende versoek aan die President dat die taxibedryf ernstig in die bek geruk word

christo ·

Êrens gaan iemand die skurk in die foto herken. Dan maak mens soos die Israeli’s maak….

Lee ·

Hoekom word mense in hul motors aangeval as taxi’s staak?
Wat het motoriste nou hiermee te doen, dit is asof hulle optogte sien as n groen lig om te doen net wat hulle wil.

Dup ·

Die taxibedryf in sy geheel word op ñ misdadige en roekelose manier bedryf.Daar gaan nie ñ dag verby dat die woord “taxi” in ñ nuusberig voorkom nie.

LANA is ELANè ·

So tipies van hierdie tipe mense, hulle gaan altyd vir sagte teikens omdat dit nie in hul is om iemand wat hulself kan verdedig aan te val nie. En boonop word dit altyd in groepe gedoen, want een tot een is hulle maar stil en lamsakkig. Bloody boewe, wys net weereens niemand kan taxi verenigings as ‘n diens beskou nie, hulle is ‘n spul boewe wat mense vervoer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.