Vrou ná verkragting met warm lepel gemartel

Die verdagte wat in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

ʼn 33-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy weke lank die polisie ontduik het ná die beweerde verkragting van ʼn 40-jarige vrou wie se geslagsdele hy glo ná die voorval met ʼn warmgemaakte voorwerp gebrand het.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê die verdagte het sowat twee weke gelede glo die slagoffer in Tembisa verkrag.

“Ná die beweerde verkragting het hy ʼn eetlepel warmgemaak en die slagoffer se geslagsdele daarmee gebrand en daarna op vlug geslaan,” het Kgasago gesê.

Kgasago het gesê lede van die EMPD se gemeenskapsdienseenheid het Dinsdag omstreeks 15:00 inligting ontvang oor waar die verdagte skuil. “Beamptes is na die Tsenolong-nedersetting in Tembisa waar hulle die man gevind en in hegtenis geneem het.”

Volgens Kgasago is die slagoffer onlangs uit die Tembisa-hospitaal ontslaan en sterk sy tuis aan.

Die verdagte is in aanhouding by die Tembisa-polisiestasie en moet binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

SA moordmuseum ·

Hiers n plan: stig n plaasmoordmuseum sodat die toeriste van oorsee en die van SA wat na ander media wat nie eers hieroor berig nie hiervan bewus kan word. Daar is nie enige beskaafde land in die wereld waar bejaardes en kinders, babas so wreed vermoor word soos in SA nie. Die museum kan virtueel wees, of oorsee wees. Dit sal BAIE publisiteit lok.

K ·

SA Moordmuseum – is dit nou weer die plaasmoordbrigade wat oral wil insleep…? Hierdie is nie ‘n plaasmoord nie. Hierdie het niks met enige plaasmoord te doen nie. Ja, plaasmoorde is afskuwelik, maar so ook hierdie. My siening is dat die feit dat mense so absoluut in die oortreffende trap lawaai maak oor plaasmoorde, deel van die rede is dat daar nie veel aan gedoen word nie. Ek kan ten minste erken dat ek verkeerd mag wees, maar kan julle? Kyk asb na elke geval op sy eie meriete. Hierdie betrokke insident is ‘n afskuwelike aanval op ‘n onskuldige persoon in ‘n nedersetting/dorp (Tembisa) aangerand en gemartel is. Dit is nie ‘n plaasaanval nie. Moet asb van hierdie afskuwelike gebeurtenis probeer weg neem deur jou/julle propoganda op hierdie platform te spuug nie. Doen dit asb gerus op berigte waar daar van plaasaanvall en plaasmoorde melding gemaak word. Dankie

Albaster ·

K, lees mooi en dink breed, dit gaan gladnie net oor plaasmoorde nie maar oor die wreedheid van moorde in SA in die algemeen.

Pieter ·

Ek dink dit is n goeie idee maar sal nie so ver gaan om n museum te open nie maar beeldmateriaal,fotos ens onder die beskaafde lande se aandag te bring ??

Jacques ·

Dit is siek om die minste te se . Hoekom word sy gesig nie gewys nie ? Bring aub die doodstraf terug om met hierdie tipe elemente in ons daaglikse lewe af te reken , ons het nie sulke tipe burgers nodig nie , wat nie eers respek het vir sy medemens wat nog te se van homself .

Michael ·

Hoekom is ons nasie so geweetenloos en wreed? En hoekom moet n mooi land soos ons sin so daal eintlik moet S A n voorbeeld vir die res van die wereld wees. maar hoe doen n nasie dit met al die geweld en n regering wat net nie bel angstel nie.

Eish ·

Dink ek moet weer my oë laat toets, ek sien net n swart kol.

MJ ·

Wat sal die duiwel nog in hul ore fluister om te doen aan onskuldige mense.. mans, vroue en kinders.. swart, wit, bruin of geel? Dit raak net al hoe meer sadisties. Daar is ‘n uiterse haat sigbaar in al hierdie goed waarvan ons in die nuus lees. Ek wil nie meer nuus lees nie..

No ·

Maar Momberg kry tronkstraf en moet R100 000 betaal vir woorde, die ou gaan wegstap met R500 bail en niks verder nie.

Kannaland ·

Erger. Sopas bekendgemaak dat sy 2 jaar tronkstraf kry! Die wereld moet uitvind wat hier aangaan.

Witney ·

Siek siek SIEK!!! Wat word van die mensdom, wat bereik mens deur so iets te doen? NIKS ??

Skim ·

En zuma en sy trawante wat die land geplunder het is almal nog op vrye voet, terwyl ons gewone landsburgers onmiddellik gearresteer word wanneer dit blyk dat daar net ń moontlikheid van ras gebonde kan wees. Daar word nie kans gegun word om ook eers allerlei besware te opper en uitgenooi te word om tee te drink saam met die NVG en persoonlik ingelig te word of daar opgetree gaan word of nie

Jacques ·

Nou het ek nie meer antwoorde nie… TOTAAL onaanvaarbaar en wreed…Boys, ons sal ‘n plan moet maak, so kan dit nie aangaan nie…

Oom Kalahari ·

Sadistiese optrede en geen vrou of kind moet so iets deurmaak nie.

Daan ·

Gaan kyk wat wys die TV stasies,veral ETV in die aande tussen 9nm en 5vm.Dis moord,geweld,verkragting en demoniese films en reekse wat veral op die jong volwassenes gemik is.Ook die ydelike gebruik van God se naam.Daar is so baie mooi en opbouende materiaal wat beskikbaar is. ‘n Man se honde het aan honderesies deelgeneem.As hy wou hê sy swart hond moet wen dan gee hy hom meer kos,dieselfde met sy wit hond.Hulle is besig om die swart hond kos te gee (alles wat boos en sleg is) en dit beinvloed die wit en swart jongmense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.