Vrou nag lank vasgebind ná moord op man

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Vrou moes glo ʼn nag lank vasgebind in haar huis lê en wag op hulp nadat drie mans haar man doodgeskiet het toe hulle die egpaar Vrydag op ʼn plaas in KwaZulu-Natal aangeval het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê drie rowers het Vrydag omstreeks 17:00 vir David (Bob) Gawler (88) en sy 74-jarige vrou op die plaas in Glendale Heights, ongeveer 30 km van Ballito, oorval. Volgens Zwane is die vrou met kabelbinders vasgebind terwyl die aanvallers Gawler gedwing het om die kluis oop te sluit.

“Die verdagtes het ʼn haelgeweer en rewolwer uit die kluis verwyder en Gawler doodgeskiet. Hulle het toe van die toneel in Gawler se Toyota Hilux-bakkie gevlug,” het Zwane gesê. Hy het gesê die bakkie is later verlate in die Molweni-gebied gevind.

Die North Coast Courier berig Gawler se vrou het deur die nag hulpeloos vasgebind gelê en is eers die volgende dag omstreeks 09:00 gekry. Zwane kon dit egter nie bevestig nie.

Hy het gesê sake van moord, huisroof en voertuigdiefstal word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Ons doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting om die plaaslike polisie of Crime Stop by 08600 10111 te kontak,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Mike Kaapstad ·

Ai ai ai ai elke week hoekom……………………………..

Tanya ·

Sê eerder elke dag, nie elke week nie. Dit gebeur daagliks in SA.

MissDemeanor ·

Dis vir my net so hartseer…88 jaar oud, en dan word hy vermoor! Ek hoop die skuldiges word vasgetrek en in die tronk toegesluit vir altyd

Linette ·

Sien??? Jy bewapen jouself, maar moet jou vuurwapen(s) in ‘n kluis toesluit as jy dit nie aan jou persoon dra nie en dan breek die misdadigers in en skiet jou met jou eie vuurwapen(s). Ek sê altyd: dit wat jý het om húlle mee seer te maak, kan húlle van jóú afvat en jóú mee seermaak.

Zeus ·

Jy Moet slegs jou jag gewere in die kluis toesluit. Jou handwapen moet nooit in die kluis wees nie en altyd byderhand wees. Almal kan veilig leef maar dit hang van jouself af om jouself te beskerm want die huidige polisie sisteem is nie doeltreffend genoeg nie.

LB S ·

Al gehoor van die Wilde Weste? Wel, wie sou ooit as jong mens of kind gedink het ons gaan nog letterlik in die “Wilde Weste” tye leef hier in ons mooi sonskynland.

Stef ·

Gaan uit vir wapens en moord. Geen ander rede as koelbloedige moord nie. Niemand gaan gevang word nie, hulle word nooit gevang as hulle n boer vermoor nie.

LMF ·

Ek het nie meer woorde nie ek is uit my eie stem geskok ek is so jammer vir vrou en families maar mag ek vra of ons boere nie die nuus lees of luister en tot die besef kom hul is dalk volgende nie en so besef om paraat te wees nie ek gooi nie klippe nie ek vra maar net

Eish ·

Die boer, 88 en sy vrou 74. Die weerloostes onder die weerloses. Tragiese , treurige land.

IS ·

Oom, tannie… ek is so so jammer vir julle. My hart is seer. Mens kan jouself nie indink hoe dit moet wees nie… Oom, ek hoop Oom se siel sal kan rus vind nadat dit so ongelooflik wreedaardig uit Oom se liggaam geruk is & Tannie, al wat ek vir Tannie kan doen is bid… want woorde is daar nie! Daar is niks regverdig aan wat julle moes deurgaan nie, ons huil saam met julle.

Hartseer ·

Treurgrond!! Dis voorwaar ons land!! So jammer vir die verlies en pyn!! Mag die Here Tannie met sy liefde toevou!!

Stephen Namibia ·

Veritas: Nou praat jy. Ek het al in vorige kommentaar hierdie selfde gedagte geopper. Ek ken toevallig die familie wat hier betrokke is.

Lizelle ·

Ek raak net so keelvol-Ons Regering hou vol dat die oorsaak van misdaad ‘n gevolg van agterstand en tekort aan werksgeleenthede in die land is… Ek en my man bedryf ‘n besigheid wat nuut in Suid-Afrika is en wat wonderlike geleenthede bied om ‘n nuwe ambag aan te leer. Ons het die Regering en vele kontakte genader en aangebied om alle minder bevoorregtes te help. Geen terugvoering tot dusver….

leonsnr ·

Dit is so hartseer .
Wil ook net weet of die DA wanneer hierdie verdagtes in die hofverskyn ook buite die hof gaan piket want dit was hulle voorneme met die kis saak verhoor wat vandag begin het

mari-anne M ·

Vuurwapenwetgewing! Bestaan net vir teen gelisensieërde vuurwapens! Vuurwapens wat ingehandig is in polisiebewaring – gesteelde en ingesmokkelde vuurwapens, word vrylik gebruik om nog meer te roof en te moor. Ons bewoon ‘n wêreld waar jy nie wil wees en woon nie. Almal wie so roekeloos en sinneloos doodgemaak word, my hart breek vir hierdie onskuldige sagte teikens. Dit is so hartseer en onnodig. En nog iets wat baie pla, infrastruktuur word afgebreek, vernielde drade – sommige plekke geen grensdrade – en almal wat doen net wat hul wil? Dis geen vryheid nie! Dis ‘n totale wanaanpassing van mense wat iewers geleer is om alles af te breek en net so te laat staan – nie om te kyk nie – niemand te help nie, slegs aan te hou met hul dade. Nee wat, mense in Suid-Afrika – skrik net ‘n keer wakker!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.