Vrou neem glo eie lewe in polisiesel

Berthina (Tienke) Stander (Foto: Facebook)

ʼn Vrou van Malmesbury in die Wes-Kaap het glo haar eie lewe in ʼn aanhoudingsel in dié provinsie geneem kort nadat sy vir dronkbestuur in hegtenis geneem is.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het Vrydag die voorval aan Maroela Media bevestig.

Dlamini het die vrou as Berthina (Tienke) Stander geïdentifiseer. Volgens hom het Stander haarself na bewering met haar eie T-hemp in die aanhoudingsel opgehang nadat sy op 18 Junie in hegtenis geneem is. Dlamini kon nie bevestig of die vrou wel in ʼn botsing betrokke was soos in die media berig word nie.

Hy sê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen en die polisie sal ná die uitslae van die ondersoek dienooreenkomstig optree. “In dié stadium word geen gemene spel vermoed nie,” sê hy. “Die geregtelike doodsondersoek sal juis bepaal of ʼn tweede of derde party by die voorval betrokke was en die polisie sal dan daarvolgens optree.”

Dlamini sê ʼn nadoodse ondersoek het bepaal dat die vrou wél aan ʼn hangdood gesterf het.

Op ʼn vraag oor polisie-sigbaarheid rondom die polisie-aanhoudingselle, sê Dlamini: “Geen afleidings kan op enige stadium van die ondersoek gemaak word nie. Ons kan wel bevestig dat die sigbaarheid van die polisieselle ook ondersoek word.”

Stander is volgens haar Facebook-profiel ʼn voormalige advertensiebemarker vir Media24. Sy is ook die eienaar van Inner Child Productions in die Wes-Kaap.

[Red] Die berig is gewysig sedert dit die eerste keer gepubliseer is.

Berthina (Tienke) Stander (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Lee ·

Hier slaap ‘n haas. Hoekom sal sy haarself ophang?? Maak gladnie sin nie. Wie was saam met haar in die sel? Gewoonlik nie net een nie of watter Polisie beampte weet wat hier aangegaan het. Iemand lieg verskriklik om hulle eie bas te red!! Rus in Vrede Berthina.

E.K. die eerste ·

Baie erg – wonder of die waarheid ooit regtig sal uitkom. Ai…

Albaster ·

Sy het gladnie die tipiese profile van iemand wat onder hierdie omstandighede selfmoordrisiko is nie. Die nadoodse ondersoek moet deeglik en onder valkoe uitgevoer word want kanse dat sy selfdood is baie klein.

Beanie ·

Geen individu mag toegesluit wordf vir dronkbestuur vir so ‘n lang periode nie en selfmoord…wat is die kans! Sy moes een masiewe t-hemp aangehad en sy moes veerlig gewees het vir die t-hemp om haar gewig te kon dra… Dit laat my wonder wat die dag en tyd van haar dood was…?

Johnna ·

Ai tog !hoekom was sy so lank in sel aangehou?Wat van borg voorwaardes,it’s nie lekker hier nie.

martin cilliers ·

malmesbury ja nee waar anders kan so iets gebeur!!!!!

ek vra weer ·

Ek wonder ook regtig oor soveel dae in die tronk – het niemand haar dan ook probeer help nie? Hoekom het niemand kom vra waarom sy nie borg kry? Iets hier is baie baie sleg jinne tog ek hoop dat nie net ‘n na-doodse ondersoek maar totale ondersoek na ALLES gaan kom. Hopelik is daar familie wat antwoorde gaan eis.

Denise ·

Hoekom het hulle haar in elkgeval opgesluit ek glo nie die vrou was so dronk nie dit is baie hartseer !!!

Willie ·

Weereens skitter die SAPD! Ek hoop hulle word uit hulle skoene gedagvaar… onbevoegde klomp ……

Albert Marais ·

Sekere mense bly 3 dae in die tronk vir moord Dan kry hulle byl en verdwyn

Lientjie ·

Dronkbestuur is gewoontlik 4 ure in die selle of tot jy die volgende dag in die hof verskyn indien jy in die aand gearristeer word. Hoe was sy 3 dae in die selle????? Ek was lank in die SAPD en dit is beslis nie reg nie. Die SAPD het verseker nie hulle werk gedoen nie.

Malcolm Lewis ·

Die mense het nie hulle feite reg nie. Sy is maandag namiddag vir dronk bestuur gearesteer.Sy het die Maandag aand ma ongeveer 3 ure se sit haarself opgehang in Malmesbury se aanhouding sel. Ek is maandag 18 junie omstreeks 22H26 in kennis gestel deer konstabel Hennie du Rand woordvoerder van Malmesbury Sapd.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Malcolm
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die feitelike foute in die berig. Ons het weer met ʼn woordvoerder in kontak getree en daarvolgens die foutiewe inligting in die artikel is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Theuns ·

Jammer oor jou verlies Malcolm. Is daar enige bewyse dat sy wel dronk was? Bloed toetse of iets? Iets klink baie verdag.

martin cilliers ·

tienkie waar is jou naasbestaandes dit is tragies???

Yolanda Cook ·

As ek haar kinders, man was het ek die nadoodse ondersoek privaat laat doen. Hier is iets anders aan die gang!

Walter ·

Maandag 18 Juni gearesteer, eie lewe geneem kort nadat sy gearesteer is,3 dae in hegtenis, Donderdag self opgehang aan n T hemp??? Vrydag melding gemaak.

Als jy n T hemp skeur hoelank is dan n T hempals jy daar ook nog 3 knope in moet lè?? Als n mens nie lug kry nie staan jy op
Sy kan nooit so hoog gehang het dat sy nie die grond geraak kon het nie.
Dink ma net )-:

Viper ·

Sommige gevalle waar die persoon hom of haar ophang vind plaas vanaf ‘n hoë punt, waar die liggaam vrylik onder swaartekrag swaai met die voete van die grond af. Ander kan egter ook voorkom wanneer die persoon kniel, sit of half lê, van ‘n relatief lae punt soos ‘n deurknop of bedpaal. Die gewig van die bors en arms is meer as genoeg om dodelike druk op die nek en lugweë uit te oefen; om fisies te ‘hang’ (die hele liggaam) is nie nodig nie

JoeV ·

Iets klink beslis nie reg hier nie. Sou graag by naasbestandes wou hoor hoe die storie verloop het.

Cyril Blackburn ·

Dagsê lesers
Dankie vir elkeen se kommentaar! Ons vra om verskoning vir die feitelike foute in die berig. Ons het weer met ʼn woordvoerder in kontak getree en daarvolgens die foutiewe inligting in die artikel is gewysig. Stander het haar lewe glo dieselfde dag geneem as wat sy in hegtenis geneem is.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

francois ·

Ek glo nie hierdie storie nie.
Dit is baie moeilik om jouself op te hang met n T-hemp. Dit is nie lank genoeg nie, materiaal te sag. Waaraan sou sy dit aan vasgebind het en hoe dit knoop ? Gevangenis word ook gewoonlik ge-opserweer in die selle.
Ek dink nie dat hierdie dame n geskiedenis het van vorige selfmoord pogings nie ?
Dus die kans is baie skraal.

rollie ·

Jy kan jouself “hang” met jou voete op die grond. Wat eintlik gebeur is dat jy jouself so kan versmoor met iets om die nek.

Snip ·

Rollie, ek stem. ‘n Vriend van ons het homself in 2011 “gehang” deur ‘n tou om sy nek te sit, en die ander om die diefwering van die venster. Hy het doodeenvoudig gekniel en vorentoe geleen asof hy op sy maag sou gaan lê. Volgens die nadoodse ondersoek was hy feitlik onmiddelik dood. My innige meegevoel aan haar familie en vriende. Hierdie is werklik die moeilikste pad om te stap. Ek self het my boetie aan selfmoord afgestaan en ken die seer. Mag julle eendag vertroosting vind. RIV Tienke

Annmemaré vd Merwe ·

Tragies. Ek het saam Tienke gewerk by Media 24. Rus in vrede, vrolike mens.

LouE ·

As sy in polisiehande dood is kan die polisie nie die saak ondersoek nie.

Anner Anton ·

Arresteer oombliklik alle personeel en werkers by die polisie stasie! Daar is n rot tussen hulle wat agter die muise wegkruip!

jessica ·

DIE POLISIE WEET, MAAR SAL NIE PRAAT NIE. THERE IS A HUGE RAT IN THE SELL, I SMELL IT FRIM A DISTANCE, MAKE THE COPS TALK TILL THE TRUTH COMES OUT.

MIke ·

miskien nie die ou SAPD nie, maar vandag se SAPD… Dit is presies wat hulle gesê word om te doen. Hulle opdragte was tot die letter toe reg uitgevoer.

Maretha Lorenzen ·

Ek is diep geskok.Ek het Tienke goed geken en weet sy sal NIE selfmoord pleeg nie.
RiP Tienke ….die waarbeid sal uitkom…sy n pragtige dierbare mens. My medelye aan haar ma en susters.

Malie du Toit ·

Ai mense, neem ASB die vrou se familie & vriende in ag en laat staan maar die kommentare?! En was een van julle daar om te weet wat gebeur het?

Mills ·

So situasie, om gearresteer te word en veral onder die invloed van alkohol kan ongelooflik traumaties en vernederend wees.

LHS ·

Lees ek iets mis, daar staan tog duidelik dat sy haarself opgehang het kort nadat sy in hegtenis geneem is op die 18de maar dat dit skynbaar vandag, Vrydag , bevestig is aan wie ookal navraag gedoen het. Met n T hemp ophang, verseker baie moontlik veral nog as dit goeie materiaal is. n Uiters treurige gebeurtenis, baie hartseer, sien een dame meld haar ma en susters, skynbaar dan nie ander naby familie. Daar mag iets sinister gebeur het maar net so wel kon sy dit aan haarself gedoen het. Laat dit maar eers ondersoek word voor afleidings gemaak word. Onthou net een ding, as sy skuldig was aan dronkbestuur is dit n uiters ernstige oortreding waar ander onskuldige mense baie seer kon gekry het.

Susan ·

Depressie is ‘n aaklige siekte wat baie keer agter ‘n glimlag verskuil word. Die drank misbruik was dalk reeds ‘n teken dat sy sukkel om te cope. Toe sy in hegtenis geneem is, was dit dalk net die laaste strooi. RIV Tienke.

Krewel ·

Ek hoop regtig SAPD het bewyse dat me Stander dronk was: enige asemtoets gedoen? Volgens ‘n inskrywing wat sy onlangs op haar facebook-blad gemaak het, was haar bloedsuikervlak meer as driemaal die normale vlak. Die simptome van lae of hoë bloedsuiker kan maklik met alkoholintoksikasie verwar word. Dit sou tragies wees as SAPD voor die voet toesluit sonder om hul van die feite te vergewis.

Christian ·

Tragies. Hulle moet ‘n privaat na doodse ondersoek doen. My simpatie. Mense, dronk bestuur is gevaarlik. Mens stel ook ander mense se lewe in gevaar, nie net joune nie. Dit is ‘n BAIE ernstige oortreding wat te VEEL Suid-Afrikaners nie ernstig genoeg neem nie. In Europa word dronk bestuur BAIE ERNSTIG opgeneem. Hulle vat jou lisensie vir ALTYD weg.

Oom Kalahari ·

Hierdie hele aangeleentheid klink baie verdag en ‘n onafhanklike otopsie moet uitgevoer word as 2de opinie. Vele kenisse van haar noem dat sy wel aan bloedsuiker gelei het wat ook sulke simptome kan openbaar onder medikasie. Mag die volle waarheid vorendag kom en alle medelye aan die vrou se familie en vriende. RIV Tienke Stander.

Michelle ·

Ai Tienkerbell, die skok is steeds groot en dit voel onwerklik. Niks wat gesê word sal jou egter kan terugbring nie. Jy is nou op ‘n beter plek. Rus in vrede.

Liefling ·

Dit klink baie verdag die storie. Hoekom sal n vrou wat haar eie besigheid het en n netjiese vrou op haarself haar t hemp UIT trek en haarself daarmee hang. Nee dit is nie reg nie. Hulle cover up. Sterkte aan haar fam. Met ons polisie wat so korrup is sal die regte waarheid seker nie uutkom nie. Dit was dalk n beampte self of 1 van die mede gevangenes in die sel wat haar wou verneder het. So so hartseer.

Ruben ·

Die eendag vertel julle mense die polisie moet begin hulle werk doen en dronkbestuurders ens van die paaie af hou…nou word hulle gekruisig oor hulle hulle werk doen.Was al self vir dit in die selle en op daai oomblik haat jy jouself en jys onder die invloed en sal baie dom dinge doen.Die polisie kan nie dit bekostig om iemand voor elke persoon te sit wat in n aanhoudingsel is nie…jys n oortreder en sal so behandel word.Dit vat net n oomblik om so iets te kan doen sy was defnitief onder die invloed aangesien sy nie so iets sou doen as sy nigter was nie volgens die mense wat haar ken.Die SAPD het net hulle werk gedoen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.