Vrou net betyds uit brandende huis gered

Die slaapkamervenster se diefwering is afgesny om die vrou te red. (Foto: Verskaf)

’n Vrou is vroeg Saterdagoggend uit haar huis in Newart-straat in Helderkruin, Roodepoort, gered nadat ’n brand in die huis uitgebreek het. Sy het slegs ligte rookinaseming opgedoen.

“Paramedici het probeer om die vrou se hond wat nog in die brandende huis was te red. Hulle was ongelukkig onsuksesvol,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, Maandag aan Maroela Media vertel.

Volgens Meiring was die huis reeds in vlamme toe paramedici op die toneel aankom.

Paramedici en plaaslike veiligheidsbeamptes het begin ondersoek instel, waarna hulle die vrou vasgekeer in die slaapkamer van die brandende huis gevind het. Hulle het die vrou uit die kamer bevry deur die diefwering van die slaapkamervenster weg te sny. Sy was betyds uit die kamer gered voordat die vlamme die kamer verswelg het. Haar hond moes egter agterbly.

Met paramedici se aankoms omstreeks 03:26, was die huis reeds in vlamme. (Foto: Verskaf)

Paramedici het die vrou vir ligte rookinaseming behandel. Sy is na die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg vervoer vir verdere mediese behandeling.

Volgens Meiring het die huis tot op die grond afgebrand.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nettie ·

Hoekom “moes” die hond agterbly? ‘n Lewe is ‘n lewe, of dit nou ‘n tweevoetige- of vierpotige een is. Of is dit ‘n kwessie dat die brandbestryders van ‘n sekere herkoms is, wat nie veel waarde heg aan “mens se beste vriend” nie?

KaterinaKat ·

Die arme hond, dis erg hartseer. Ja hierdie dinge gebeur omdat ons in tronke moet leef om te probeer oorleef!

HeinRich ·

Moderne huise is eintlik groot petrol bomme. (Beina alles is vlambaar)

Margaret ·

Ja dis sooo hartseer..Ek ken die tannie goed en die ou groot hond was haar grootste vriend en het by haar in haar in haar kamer geslaap….haar oppasser vir jare…???? shame my hart is stukkend vir die tannie en die hond. .. Baie Bly die tannie is gered…maar Hoop maar die rook het hond oorval Voor hy verbrand het…????????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.