Vrou noem aanvaller se naam voor sy sterf

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Charlotte Giddy (55), die vrou wat op 16 Januarie saam met haar vriend, Bernardus Johannes (Bernie) van Zyl (84), op hul plaas by Panbult in Mpumalanga oorval en aangerand is, het haar aanvaller geken en het sy naam aan die polisie genoem voordat sy dood is.

Só sê Henry Geldenhuys, adjunk-president van TLU SA, wat op die toneel was kort ná die aanval.

Maroela Media het vroeër berig Van Zyl se liggaam is in die huis op die plaas aangetref, sowat 40 km van Dirkiesdorp. Volgens Geldenhuys het Giddy Saterdag omstreeks 16:30 by die huis gekom nadat sy die dag saam met ʼn vriendin deurgebring het. Van Zyl was vermoedelik teen daardie tyd reeds dood, maar Giddy het hom nooit gesien nie.

“Toe sy by die huis kom het ʼn man haar naby die huis ingewag. Sy het hom geken, want hy het ook op die plaas gewoon, so 100 m van hulle huis af. Hy het nie vir hulle gewerk nie, maar wel vir ʼn houtkapkontrakteur van Driefontein,” het hy gesê.

“Die man het vir haar gesê hy is honger en sy is die huis in om vir hom kos te gaan haal. Toe sy terugkom om die kos vir hom te gee, het hy een van haar krukke gegryp en haar aangerand.”

Volgens Geldenhuys het die man haar só erg aangerand dat sy haar bewussyn verloor het. Albei aluminiumkrukke wat die aanvaller gebruik het, was glo in stukke geslaan. “Ons vermoed hy het gedink sy is dood, want hy is daarna terug na sy huis waar daar reeds ʼn paar gesteelde goedere was wat hy vroeër uit die huis verwyder het,” het hy gesê.

Die aanvaller het vermoedelik vir ʼn geleentheid gewag om die gesteelde goedere te kom haal, want hy het nie van die toneel gevlug nie, maar net in sy huis bly wag. Volgens Geldenhuys het die gesteelde items ʼn windbuks, ʼn .22-geweer, klere, selfone en ʼn kettingsaag ingesluit.

Giddy het egter haar bewussyn herwin en op ʼn handradio om hulp geroep. Binne oomblikke het boere uit die omgewing by die huis opgedaag en die man het dit gesien en op die vlug geslaan. “Boere van oral rondom die plaas het gehelp om hom agterna te sit en paaie af te sper. Vliegtuie het ook gehelp met die soektog,” het Geldenhuys gesê. Polisiebeamptes was ook vinnig op die toneel om met die soektog te help.

Later die aand is die verdagte vasgetrek nadat plaaslike inwoners laat weet het dat hulle ʼn man vasgekeer het wat beweer dat hy iemand doodgemaak het.

Giddy is intussen na ʼn hospitaal gehaas, maar het Dinsdagoggend aan haar beserings beswyk.

“Namens TLU SA wil ek die polisie, die gemeenskap en almal wat gereageer het bedank vir hul samewerking en hulp om die verdagte aan te keer,” het Geldenhuys gesê.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte, John Madonsela (35), het reeds Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord. Ná Giddy se dood is die tweede aanklag ook na moord verander. Madonsela, ʼn Swazi-burger, sal weer Donderdag in die Piet Retief-landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

Volgens Geldenhuys is daar vanjaar reeds drie mense op plase vermoor en 13 plaasaanvalle het al voorgekom.

ʼn Gedenkdiens vir Van Zyl en Giddy word Vrydag om 11:00 in die Family Life-kerk op Ermelo gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Nakkie ·

Ai dis darem maar hartseer. Sinnelose verlies van twee lewens.

Deloris ·

WAAR kom die statistiek van “3 mense op plase vermoor” ?????? tot dusver !!!

Frederiks ·

Lees die hele berig – stadig, dan sal jy agterkom wie dit gesê het.

Chris W ·

Ons regstelsel is vrot .Hy GAAN borg kry en oor die grens verdwyn.Einde van die verhaal.Ek wens iemand wil hom buite die hof elimineer.Dis die enigste geregtigheid wat sal tel.

Sumari ·

As ek dit nie mis het nie dink ek die oom was my dokter van Ermelo se pa.

johannes van zyl ·

jy is reg Sumari, bly glo en bid vir almal in ons land.

Sumari ·

Johannes van Zyl ek is so verskriklik jammer vir julle. Julle is almal in my gebede. Ek kan dit nie glo nie.

Berhalet Beukes ·

So word ons goedheid uitgebuit deur roekelose boewe! Tyd om te skoffel en die kriminele elemente van plase AF te hou!

M ·

Goedhartigheid werk ook nie meer nie. Hierdie mense kom altyd met die verskoning hulle is honger en wanneer jy uit die goedheid van hou hart kos gee dan word jy vermoor of aangerand . Hier is maar weereens ‘n bewys. Sy het die persoon geken so jy kan nie eers mee vir iemand wat aan jou bekend is iets goeds doen nie.

tambotie ·

Slim mense en professore en doktore en blink politisi beweer mos daar is geen politieke of rasse motiewe nie, wat snuif hulle? Godgegewe verstand sal duidelik uitwys dat hierdie net soos die ander plaasaanvalle, opperste en openlike rasse haat en volksmoord is:

Die aanvaller was in geen stadium hul werknemernie – geen loongeskil as motief.
Aanvaller is nie ‘n SA burger, geen sosiale motief.
Aanvaller is goed deur slagoffer behandel (op hul plaas gebly en die slagoffer het aangebied om kos te gaan haal) dus geen aanhitsing as motief nie.
Aanvaller het reeds goedere gebuit, so geen roofmotief vir tweede moord.
Aanvaller het meer geweld (tot die dood) gebruik vir enige verweer van slegs huisbraak en roof.
Aanvaller het reeds werk – hy was dus nie werkloos nie.
Aanvaller se lewe was nie bedreig of is deur afsetting bedreig nie – geen noodweer as motief.

Laastens die aanvaller is net soos die ander vermeendes ‘n rassistiese moordenaar en groot lafaard wat oues en kreupeles aanval, want toe die boere opdaag vir hulp het hy soos lafaard gevlug.
Geen volk of leier ter wereld kan ooit trots wees op sulke landsburgers en ons regering behoort met uiterse durf en mening optree teen hierdie misdadigers – terroriste.

Die gebrek aan daadwerklike optrede bewys egter wat is hierdie regering se sentimente – maar nogsteeds die ou stryd tussen swart en wit, net omdat hulle nie die vermoee beskik om met sukses te regeer nie, daarom verag hulle wit en probeer ons vertrap.

david ras ·

Stem heeltemal saam Tambotie. Ek haal ter inligting die volgende frase aan uit die ANC se 1963 rewolusionere document Operation Mayebuye wat by destyds by Rivonia gevind is:
“Shamelessly attack the WEAK and shamelessly flee from the STRONG….”
Dit lyk al hoe meer of Mayebuye weer herleef…..

Die spreekwoord se mos: ” ‘n wolf verander van hare maar van nukke nooit”

Sarie Botes ·

Uitstekend uiteengesit Tambotie! Die feite praat vir hulself…

Anne-Marie ·

Tambotie… jy kon dit nie beter gestel het nie… Hierdie is oorlog van Swart-teen-wit. Hulle word opgesweep en aangehuts tot haat.
My hart gaan uit vir die familie… Samuel en Johannes. Mag die Heilige Gees julle vertroos en krag gee

Bokkom ·

Die kloof tussen wit en swart is al amper net so groot soos dié tussen hemel en hel (Lasarus en die ryk man).

tamboti ·

Ja Bokkom, daar is wel meelopers en draadsitters tussen in, maar die die ras verskil is soos die noord en suid pole van magnete; al forseer jy hul teenmekaar – hulle sal nooit kleef of verbind nie.
God het ons so geskape en daarom verskil ons, tog kan daar vrede en samewerking wees tussen volke en nasies, maar nie op die manier wat huidige regering en liberales tans aanvoer nie. Ek dink rasseverhoudings is tans swakker as ooit in SA!

Trolle ·

Defnitief Bokkom raak al hoe erger.Ek worry nie eens meer as ek n rassis is nie want ek is elkgeval een omdat ek wit is.

Hannelie ·

Amen Bokkom! Jy slaan die spyker op die kop! Ek wonder net hoe lank gaan hy sit? 5 dae….’n maand dalk, seker niks meer.

Rian ·

My bure gewees. Ons is baie ontsteld. Vanoggend 11vm die roudiens in Ermelo. Ons bid daarvoor en vir die perspektiewe wat ons hoop om daar uit God’s Woord te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.