Vrou, nog drie vas ná moord op man

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou en drie mans sal Donderdag in die Middelburg-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag van moord en sameswering tot moord.

Die vrou en drie ander verdagtes, almal tussen 33 en 41 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die moord op die vrou se 57-jarige man, volgens kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie.

Die man is Dinsdag in Hendrina vermoor. Volgens die polisie se inligting het ʼn huurder van die slagoffer hom vroeg Dinsdagoggend by sy huis gaan soek. Diie huurder het verskeie kere geklop, maar daar was nie antwoord nie.

Volgens Bhembe het die huurder besef die deur is nie gesluit nie en die huis binnegegaan. “Hy het die slagoffer in ʼn plas bloed op die vloer aangetref.” Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied. Die man is op die toneel dood verklaar.

Die polisie se voorlopige ondersoek het bevind die vrou was voorheen met die slagoffer getroud, maar hul paaie het geskei en sy het uit die huis getrek.

Die polisie het nie in dié stadium bekend gemaak wat presies tot die moord aanleiding gegee het of wie die moord gepleeg het nie. Dit lyk of dit moontlik ʼn huurmoord was.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Almal gaan mal teen geweld teenoor vrouens en kinders. Geweld teen mans? Gewoonlik is sy opsoek na geld, ook al so ‘n geval gehad en ook met die dood gedreig. Sy het gedink as vrou kan sy skotvry uit die hof stap en die moord op haar hormoonwanbalans plaas. Ek het haar laat val soos ‘n klip nadat sy dit geuiter het.

LD ·

Dis nou al ñ alegemene ding wat gebeur! Huurmoorde, mense kyk te veel flieks! Dit bly tragies!

Michelle ·

Ek self is ‘n vrou en moet my asb nie verkeerd verstaan nie, as ‘n vrou bereid is om haar hande vir ‘n man te lig moet hy haar so warm klap dat syou nie weet of sy kom of gaan nie, in die geval was sy so laakbaar dat die persoon wat vir haar omgee het te laat vermoor het ek as regter sal haar ‘n baie lang tyd laat sit vroue het gevra vir gelyke reg dan moet jy jou man kan staan as jy ‘n man wil probeer wees, ek het respek vir enige ordentlik man .

Db ·

@Michelle. Ek stem saam met jou. Daar is vroue in hierdie lewe wat my skaam maak om myself ‘n vrou te noem. As jy kan uitdeel suster dan kan jy ontvang ook.

se net ·

Dankie tog ek is arm. Deesdae is dit beter om nooit te trou. Veiliger vir jou lewe so.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.