Vrou nog lewend toe familie ‘lyk’ gaan haal

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Familie van Meyerton is woedend vir die provinsiale departement van gesondheid nadat hulle die ontstellende nuus ontvang het dat hul dogter in die Kopanong-hospitaal in Vereeniging dood is, net om haar later lewend by die hospitaal aan te tref.

Jack Bloom, gesondheidswoordvoerder vir die DA, het Woensdag gesê die familie van Tracy Palesa Hugo (26) is deur ʼn polisiebeampte ingelig dat Hugo in die hospitaal gesterf het nadat sy ʼn beroerte gekry het.

“Toe die familie Maandag saam met die begrafnisondernemer by die hospitaal opdaag om die lyk te gaan haal het hulle ontdek dat Hugo steeds lewe en in een van die sale behandel word. ʼn Verpleegster het aan hulle gesê dat Tracy se liggaam toegedraai is om verwyder te word nadat sy dood verklaar is, maar toe lewe sy nog al die tyd,” het Bloom gesê.

“Dit blyk dat die polisie gevra is om die familie van Tracy se ‘dood’ in te lig omdat die hospitaal beweer het hulle het nie ʼn kontaknommer vir die familie nie, maar die polisie is nooit later ingelig dat Tracy toe al die tyd lewe nie.”

Volgens Bloom is die Hugo-familie “erg getraumatiseerd” deur die voorval en beplan hulle om die hospitaal te dagvaar.

“Hulle het vyf dae lank oor Tracy se dood getreur terwyl sy steeds lewe. Dit is onverskoonbare nalatigheid van die hospitaal se kant. ʼn Ondersoek na die saak moet dringend gedoen word en aanbevelings moet gemaak word om te verseker dat so iets nooit weer in ons hospitale gebeur nie,” het Bloom gesê.

Qedani Mahlangu, LUR vir gesondheid, het die Hugo-familie om verskoning gevra en die bestuur van die Kopanong-hospitaal opdrag gegee om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Theresa B ·

Hoe deurmekaar kan hulle raak?? Goeie hemel tog, sal hierdie spul ooit regkom??!!

Foxi ·

Dit is wat ek mos sê………hulle weet nie wie hulle behandel nie en ook nie vir wat hulle jou behandel nie! Alle pasiente kry ponado’s, hetsy jy n hart of kanker probleem het. Hemel tog,
is daar nou regtig nie n ander manier om hierdie staatshospitale met hul ongeskoolde werkers reg te ruk nie! Dit kan net nie so aangaan nie.

Koos1 ·

Foxi, ja daar is maar ons moet nog 3 jaar wag. Hoop almal stem reg met die volgende verkieseing in 2019.
Baie sterkte aan die Hugo familie!

Liezl ·

Het die familie 5 dae getreur voor hulle eers hospitaal toe is? Interessant.

Irene Pelser ·

Vra ek ook. En hoekom het hospitaal geen kontak nommer gehad nie.

Charmaine ·

Wil ek ook weet..dit beteken hulle het haar nie eers besoek nie..net trane gestort.

Nettie ·

Wonder ekke ook. Maar van deesdae werk dinge anders lyk my?

Balkie ·

Ai Ai, alles word ondersoek en geen verslag is ooit gesien nie! Onbevoegde mense wat poste beklee. Jammer vir die familie wat so erge trauma moes deurmaak.

C ·

Ja-nee kyk, ek het altyd gedink dit is maklik om tussen lewe en dood te onderskei. OMW nee, dit is toe nou al die tyd ‘n baie moeilike onderskeiding. Eish, proudly South Africa!!!!!

Janet ·

Regtig? Het die familie haar nie besoek nie? Vir vyf dae treur en nie eers een maal by die hospitaal opdaag nie?

olga Els ·

Het ook gewonder. Nou wil hulle die hospitaal dagvaar maar dit klink nie asof hulle ooit eers gaan kuier het nie

Karma ·

@Janet, Olga en ander wat vra: “Hoekom eers 5 dae later …?” – het enige een van julle al ooit vir ‘n lyk gaan kuier? DIE FAMILIE WAS ONDER DIE INDRUK DAT DIE VROU DOOD IS. Normaalweg gaan mens nie vir ‘n lyk kuier nie.

Karools ·

@ Karma > Wel, van nou af beter jy/ons gaan seker maak jou familie is REGTIG oorlede!! Mens KAN die goed waaragtigwaar net nooit met enigiets vertrou nie..

Jean-Marie ·

Presies. Ek hoor die wat se dis abnormaal om vir n lyk te gaan kuier maar wragtig! Wie los n lyk vir 5 dae by die hospitaal?? Mens sou tog verwag dat die lyk dadelik uitgeken word en na n begrafnisonderneming geneem word terwyl die nodige reelings getref word…

Dalene ·

Toe ek jare terug begin verpleeg het,het ons die beroep gekies omdat dit in ons are gevloei het. Dit was n roeping. Die nuwe generasie in die Nuwe SA is boekgeleerd,(Die wat al die boeke kon lees),maar as dit by die praktiese verpleging kom,is die nie net die spelling wat n probleem is nie, prakties word daar net verpleeg om aan die einde van die maand n salaris van die staat af te ontvang. Frikken pateties.My hart bloei elke dag vir elke pasient wat aan die genade van hierdie (geleerdes) oorgelaat word.

Barbaar ·

Sterf eerder by die huis as in ‘n staats hospitaal – Minstens sal jy of jou gelefdes nie vernederd wees nie .

Elizabeth ·

Dalene ek stem saam jou.
Dit verduidelik die hele land se situasie.
Boekkennis want hul leer soos pappegaaie maar by die praktyk en beplanning en visualisering is daar feitlik 0%
Sterkte aan familie….verstaan ook nie die 5dae wagtydperk v geen kontak nie?

Maria ·

Ek het simpatie met die familie…maar kan ook nie verstaan hoe jy eers na 5 dae n liggaam opeis nie. Ons moes my skoonpa se liggaam binne ure deur n lykbesorger laat haal.

Najsaab ·

Wat ondersoek ons weet mos daar sal dadels van kom…….alles gaan net agteruit teen n helse spoed en niks maar niks word daaraan gedoen nie

Wilmien ·

Ja nee Liezl, wil ek ook weet ???? As die persoon vir hulle belangrik was sou hulle mos dadelik hospitaal te jaag……sjoe dis erg !

Louise ·

EN die ergste is hulle chat heeldag, lag en gesels.
Geen respek vir enige iemand wat siek is nie.
Almal moet wag tot hulle nou KLAAR ge-chat het.
Dan sal hulle nou LY lekker die rontes doen, kyk wat is in die borde van die wat nie kan eet nie. Praat lelik met die mense, voel net mooi NIKS nie.
Dankie TOG daar is darm n handjie vol ORDENKLIKE verpleegsters wat hulle sout WERD is en wat weet wat RESPEK beteken. Jammer pasiente kan nie kies nie. Mens is in die HOSPITAAL vir n rede nie n vakansie nie. BESLIS nie LUS vir die res wat daar rond HANG asof hulle op vakansie is nie. Maar die mensies met so min RESPEK bid jy word nie in dieselfde tiepe hande eendag oorgelaat nie.

Theresa ·

Ja, mens verlang regting na die dae met puik opgeleide mediese (en ander) personeel. Kon met ‘n glimlag hospitaal toe gaan en met oorgawe vasbyt tot gesond.
Nou sit mens met hierdie voorbeeld en nog een is: Vriend lê met toe oë na groot operasie, omdat eerste en tweede en derde misluk het, veral a g v nalatigheid. Suster stap in vroetel rond en vroetel toe in asblikkie. Pluk ‘n paar handskoene aan wat reeds weggegooi is en stap nader aan hom. Toe haar hand uitgaan om te werk aan hom, toe sê hy net: If you touch me, it is your last day. Sy het die argwaan gehad om nog te stry dat sy die handskoene kon gebruik, want daar was nie skones beskikbaar nie – privaathospitaal – watwou!!!!!

CR ·

Ek sou ook eerder my eie dood “gefake” het in daai hospitaal – net om daar uit te kom. Daai plek is genoeg om enige mens te laat doodgaan nog voor jy by die eerste deur ingaan

Louise E. ·

Die mense wat so oordeel. Weet jul wat is die familie se situasie? Dalk het hul ver weg gebly, dalk het hul niks geld gehad vir petrol. Dalk geld bymekaar gemaak vir “begrafnis” voor lyk gaan haal? Al die goed kos geld! Dis ook vir my snaaks dat so lank wag, maar soms is daar rede!

Kiepie ·

Foxi, wie is die “hulle” waarna jy so ruimskoots verwys? Ek sal wag vir jou antwoord voordat ek vêrder reageer.

Jakoba ·

Foxi lees weer sy praat nie van die verpleegsters nie sy praat van die familie. Genade lees tog voor jy antwoord

Anoniem ·

Louise E ek stem saam jou. Toe my broer oorlede was, het hy 7dae lank by die hospital gele voordat hy eers avbob toe was, en nog 3 dae in avbob voordat hy begrawe was. Daar was nie vir ons ‘n opsie gegee nie, ons moes dit so aanvaar! (Avbob was vol ) As julle nie so iets deur was nie, bly stil want julle het nie ‘n idee waarvan julle praat nie.

jaco ·

kyk na haar naam: dis duidelik dat haar ras wit of “not black enough” is. die regstellende aksie personeel van die hospitaal gee eenvoudig nie om vir mense van minderheidsrasse nie.

Stella ·

Dit het met my gebeur toe my man in die hospitaal was ek het gegaan om met die dr te praat toe ek in die hysbak is bel my en se my man is oorlede..hy is toe nie eers die aand tienuur oorlede

Frans C ·

As die persoon as ‘n armlastige was, is die kanse groot dat die onbevoedes haar lewend sou begrawe het,want ‘haar liggaam was reeds toegedraai om verwyder’ te word.

Dit is geen wonder dat privaat hospitale floreer en steeds bykans onbekostigebare dienste lewer. As kind was ek in ‘n staatshospitaal met ‘n gebreekte arm en later vir ‘n operasie in ‘n privaathospitaal om ‘n gewas te laat verwyder.

Daar was geen verskil in die behandeling wat ek in die staatshospitaal van jare gelede en later in ‘n privaathospitaal ontvang het.Seker omdat ek nog jonk was ,het die verpleegsters
van die staatshospitaal vir my mooier gelyk as die van die privaathospitaal- seker maar weens die spesiale aandag wat ek gekry het.

Sê Maar net ·

Baie mense moet eers die geld bymekaar kry voor hulle ‘n lyksbesorger kontant kan betaal om die lyk te gaan haal. Niks word op skuld gedoen in hierdie beroep nie. Die familie was erg getraumatiseer. Maar hoe wonderlik! Sy lewe! Hoeveel mense sou nie eerder deur hierdie trauma wou gaan in ruil daarvoor om hul geliefde terug te kry nie? Dit het hulle darem kans gegee om te besef hoe lief hulle haar het en hoe dit sou voel om haar te verloor het.

MFP ·

Ek stem saam met jou “Sê Maar net”. Ek dink dit moes groot vreugde gewees het die oomblik toe hul besef hul geliefde lewe.

gatiep ·

Ek sou nou eerder bly gewees het om te hoor sy lewe nog? Hoekom dan kwaad oor sulke goeie nuus.

Foxi ·

Jakoba…….ek weet beslis wat sy gesê het en het dit ook verstaan.
Jammer….

Johan ·

Ek dag ‘n mens sal baie bly wees om jou kind lewend te vind.

Boetman ·

Mense, julle sal my nou nie glo nie maar my ma moet jare terug ‘n (dubbele) hartomlyning kry. Toe ek by die ICU instap, was daar alles van Putu-pap tot Mopanie wurms BINNE IN DIE ICU!!! I kid you not!! Die verpleegpersoneel het “Cultural Day” gevier… 4-5-6!!

LIZLE ·

Ek verstaan nie hoe le ‘n lyk nog 7 dae in die hospitaal voor afgehaal word. Dit nie veronderstel om dadelik uit hospitaal geskuif te word nie?

Anoniem ·

Lizle hulle is veronderstel, maar soos ek gese het, daar was nie plek in Avbob nie. Dit het oor april vakansie dae geval so soms is ander se omstandighede baie anders.

Rapes ·

Ek ruik ‘n rot, maar dit wil my voorkom sy het uit die dood opgestaan, want ek sien geen ander verklaring nie.

Begrafnis Polis ·

Asb mense. Dalk het dai dame ni Begrafnispolis gehad nie. Indien wel het sy dalk in lykshuis beland. Verpleegpersoneel tog te haastig om “oorledene”te verwyder na lykshuis. Hu pateties. Strongs vi die dame en fam

Windsong ·

Wees bly sy lewe! Dis die belangrikste, jul dogter lewe! Wees verjuig daarin! Dis goeie nuus! Die ander dinge soos wie om te beskuldig sal later in plek val, gee jul dogter kans om ten minste net gesond te word.

Annie ·

Omverskoning gevra……my ass… As ek daardie meisie se pa was het ek die een wat “onverskoning” gevra het met n eentonner vuishou uitgeslaan. Dit is absurd. Omverskoning vra beteken sweet blou niks!!!! en dit vat nie die trauma wat veroorsaak is, weg nie!

Annelize ·

Verwys na bostaande artikel rakend die dame wat nooit oorlede is nie.

En wat se familie deur absolute hel gegaan het.

My opinie is bloot ek sal dit nie net daar los nie. Laat mens wonder

Wonder maar net ·

Ek wonder nou net, daar word gese :” dat Tracy se lyk toegedraai is om verwyder te word, nadat sy dood verklaar is”. Wat is die moontlikheid dat daar wel ‘n lyk toegedraai is, maar die hospital weet dalk nog nie wie se lyk dit is nie. Want daar word nie gese hoe hulle agtergekom het Tracy lewe nog nie, net gese dat sy in ‘n ander saal gevind is. Dalk lees en som ek die berig net verkeerd op want ek weet maar bittermin wat gebeur met ‘n lyk in ‘n hospitaal.

charlene ·

dis baie erg en hartseer MAAR 1 – kuier mense nie meer vir siekes in die hospitaal nie?? Hulle het 5 dae getrear oor haar dood – was hulle dan nooit by haar in die hospitaal. Staats hospitale gee niks vir mense wat daar lê jy is dam gelukkig as jy kos kry, en as jy nie self kan eet nie jammer jy moet dan honger bly…. was hulle nooit by haar, nooit vir haar `n kussing gevat, nooit vir haar `n lekker dingetjie gevat….

Waarheid ·

Sterkte mense so is die lewe nou en so ook ons lot tot verdere ….Maar oor DRIE jaar? Hemele behoed ons..siekte ongeluk ens., niemand regdenkend, soek sulke dinge en indien STAAN SAAM KYK UIT HELP JOU MEDE LEWENDE OORLEEF, ons is DIT en veel meer aan mekaar nie verskuldig MAAR te danke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.