
(Foto: SA Police Service/Twitter)
ʼn 21-jarige vrou is nou sélf ʼn verdagte in ʼn polisie-ondersoek nadat sy haar stiefpa valslik van verkragting beskuldig het.
Die vrou het ʼn verkragtingklag by die Benoni-polisiestasie aanhangig gemaak.
“Die saak is geprioritiseer en met die nodige dringendheid hanteer, net om vas te stel dat dit ʼn versinde storie was. Die voorlopige ondersoek bevestig dat sy ʼn vals klag van verkragting ingedien het. Die vrou is vir meineed in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn,” het brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, gesê.
Sy het nie verdere besonderhede verskaf oor wat die polisie tot dié gevolgtrekking laat kom het nie.
“Die polisie waarsku diegene wat vals klagte aanhangig maak dat dit onaangename gevolge inhou. Die polisie wil diegene wat wel slagoffers van verkragting is, vra om nié stil te bly daaroor nie, maar dit so gou moontlik aan te meld.”
Die polisie sê hy gaan voort om voorvalle van geslagsgebaseerde geweld, ook verkragting, te prioritiseer en uitgebreide hulpbronne word beskikbaar gestel om sulke sake te hanteer die oomblik dat dit aangemeld word. Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het ook beamptes op bystand om dadelik te reageer op sulke voorvalle.
“Die gemeenskap word gewaarsku om nie stories te versin oor sensitiewe kwessies soos verkragting wat die polisie sy hulpbronne laat ontplooi op grond van vals bewerings wat eerder vir werklike sake aangewend kon word nie,” het Mathapelo gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Ek hoop van harte daar gaan ‘n DEEGLIKE voorbeeld van haar gemaak word en dat die’ geval wye media dekking sal geniet.
Jy kan nie vals klagtes gaan lê net omdat jou iemand weier om langer vir jou te sorg nie. Jy is op stuk van sake al 21. Oud genoeg om te bestuur, drink, rook en stem. Gaan soek werk en sorg vir jouself. SJW is nie ‘n werk nie.
Ja veral in die Polisie
Hoogtyd. Meineed gebeur te gereeld.
Ek wonder nou of die pa in hegtenis geneem was?. Indien wel was dit uibasuin in die media.? Het almal toe geskree “Doodstraf”” geen borgtog”.?