Vrou ondervra oor baba in veld

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is deur die polisie vir ondervraging ingeneem nadat daar ʼn pasgebore baba in ʼn veld in Lenasia, suid van Johannesburg, gevind is.

“Die baba is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem en ʼn vrou, wat vermoedelik die baba se ma is, is ingeneem vir ondervraging,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die vrou is nou by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal waar sy deur dokters ondersoek word.”

Volgens Makhubela sal die vrou in hegtenis geneem word indien daar bevind word dat sy die ma van die baba is. Sy sal ook van kinderverwaarlosing aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eunice ·

Dis die wreedste ding wat n mens kan doen,ek kan dit nie verstaan nie regtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.