Vrou ondervra, twee gesoek ná moord op boer

Moolman Meyer. Foto: Verskaf

ʼn Vrou word ondervra in verband met die moord op Moolman Meyer (67), ʼn boer van Ermelo, Mpumalanga.

Meyer se vuurwapen word uit sy huis vermis en twee van sy werkers, albei van Swaziland, het spoorloos verdwyn, het kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, gesê. Die identiteite van die werkers is nog nie vasgestel nie.

Daar is Woensdag op Meyer se erg verminkte lyk in ʼn plantasie langs sy trekker afgekom op die plaas Waaihoek.

Meyer is Saterdag die laaste keer lewend gesien. “Meyer het Saterdag met sy bakkie Ermelo toe gery om ʼn vrag vuurmaakhout te verkoop. Hy het twee werkers wat hom help om dooie hout in die plantasie te kap wat hy dan vir ʼn ekstra inkomste verkoop,” het Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA wat op ʼn plaas naby Meyer se plaas woon, vroeër gesê.

“Ons vermoed die werkers het Meyer laat weet daar is fout met sy trekker. Dit is hier waar hulle hom oorval en doodgekap het met ʼn panga.”

Een van Meyer se vriende het onraad vermoed toe hy Dinsdag by Meyer wou kuier. Hy het alarm gemaak toe hy sy bakkie sien maar geen spoor van Meyer kon vind nie.

ʼn Soektog is van stapel gestuur waarby die polisie, TLU SA en die landbougemeenskap betrek is. Hulle het Dinsdag van 17:00 tot 22:00 na Meyer gesoek. Die soektog is vroeg Woensdagoggend weer hervat waarna Meyer se liggaam gevind is.

Volgens Geldenhuys was daar tot kapmerke tussen sy vingers soos hy probeer het om sy aanvallers af te weer.

Meyer het meer as 50 jaar op die plaas geboer. Hy het egter oor die laaste paar jaar begin om sy boerdery af te skaal.

Geldenhuys het gesê die huis is geplunder en die aanvallers het vermoedelik met selfone en vuurwapens weggekom. Hy glo hulle het oor die grens na Swaziland gevlug aangesien die plaas naby dié grens is.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om lt.kol. Mbongeni Myeni by 082 556 5605 of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Paraat ·

Neem n foto van elke werker asook sy ID en stoor die inligting by iemand anders wat dan die polisie kan help as iets gebeur. Moet nooit onbekende werkers net op jou erf of plaas toelaat nie.

HPV ·

Paraat, dit is ‘n baie goeie voorstel, en dit is eintlik so maklik, as mense dit maar net doen.

Ingrid ·

Paraat,

ons doen dit al vir jare. Al id’s van werkers en nog al ekstra mense die op ons plaas bly is gestoor by plaaslik veiligheidsdienste.

Deloris ·

Die buite landers net so gevaarlik.. Hulle is die binne info mense wat info uitgee…..
Van Sat tot Dins. en niemd soek hom voor die tyd nie..

christine ·

So wreed n hard werkende man vermoor hoop hul vang die gemors .Sterkte aan familie en vriende.
Rus in vrede.

BlinkStephaans ·

Goed wees vir die ondankbare sal jou feitlik altyd in die gat byt… of jou lewe kos in hierdie geval… die lys van voorbeelde is baie lank. Ons mense probeer die regte ding doen… die beter mens wees… en ons boet daarmee… gereël.

Aksie SA ·

Ongelukkig is statistieke ontoereikend, maar dit word vermoed dat buitelanders (meestal onwettig in SA) toenemend verantwoordelik is vir geweldsmisdade in SA. Mede burgers, hou op om dié misdaadelemente indiens te neem….. slaan terug en doen die regte ding! Kry eerder jou mede burgers om die werk te doen, as jy dan nou nie als kan self vermag nie…. elkeen KAN nou ‘n verskil begin maak.

Paul ·

Aksie dis net soos jy sê: die probleem is die boere neem mense van ander lande indiens en dan kry hulle net probleme.

Ena ·

Wie is die vrou….en hoe is dit mootlik dat niemand van die betrokke werkers weet nie. Daar moet tog van die werkers wees wat met die gemors gemeng het…DNA…wat van dit….maar dan ja…is dit net n wit boer en belangstelling om skuldiges vas te trek nie eientlik n prioriteit nie. So n mooi sagte mens wat adders vertrou het en n kans wou gee….

TLC ·

Mmmmmmmmmm
VROU watter vrou
Sy vrou of huiswerker
Die dinge gaan ons laat uithaak
Genoeg is genoeg
Het ons wonderlike sapd al iets wyser geword oor daai bekende boer in die Kaap
Seker nie want hy is mos WIT
RIV my boere broers Amen

Hannetjie ·

Raak net erger en so wreed….ongelooflik..sou dit sy werkers wees…byt die hand wat hul gevoed het.So onnodig…Die Buiteland..lande wat regerings het…soos Amerika en Brittanje…sal Suid Afrika moet begin ‘straf’ omdat die regering so slap is.Hul kan ook bv Onse Prez en sy gesin…belet om na Amerika te gaan…soos hulle met Mugabe gedoen het.

chrisjan ·

Ai dis tragies!Ons innige simpatie met sy naasbestaandes.
As boere net wil leer : JY GEE NIE VIR ‘N BUITELANDER WERK NIE!!!

HARTROEREND ·

Hoe kan mens so wreed wees
My hart bloei
dis iemand se pa oom broer vriend oupa
Dit maak my briesend want die mense word oorval en verwag niks
Ek bid die Here het jou pyn op daai stadium weggeneem

Niemand dink hul sal so n wreede dood he

Carol ·

Neem n foto van ELKE werker, permanent en seisoenaal, asook n vingerafdruk van elke duim. Hou op rekord.

Willem ·

Snaaks dat daar so min moorde was toe moordenaars nog kon hang.

Piet parys ·

Dis nie net boere wat buitelanders werk gee nie julle in die dorp doen dit ook . Geen grens beheer nie . Plaaslike werkers ook te lui om op plase te werk . Wil net hoêr salarissse hè . Boerdery is nie lonend vir kleinboere nie.Sal graag wil weet wat is die statistiek omtrent moord op boere ten opsigte van buitelanders of plaaslik . Dit lyk my boere is voèlvry verklaar.

Alida X ·

Piet jy is reg. Buitelanders werk oral. In winkels, bou terreine en as kelners ens. ens.
Plaaslike mense wil nie regtig werk nie, kry mos toelaag.
Ons boerdery moet aan en in 15 jaar het nog geen SA kom werk vra nie.
Dept van Arbeid het eenkeer tydens inspeksie gekla en ons het hulle versoek om Sa’ners te bring en die buitelanders dan te vat en deporteer. Wag al 4jaar vir hulle.
Net een ding waarmee ek verskil is dat dit nie goedkoop arbeid is nie. Kry maar dieselfde as ander werkers.
Moeilike situasie. Die grense is oop, almal kom in maar mag nie werk nie. Waarvan moet hulle lewe?

Michelle ·

Ja die grense is oop gegooi vireg enige een met die voorwaarde dat jy ‘n wettige dokument sal hê wat jou toestemming gee dat jy (byvoorbeeld) twee jaar hier mag werk en dan moet terug gaan en jou paspoort hernu. Maar die regering is te sleg om die dinge na te gaan by die grensposte daar word omgekoop, daar word deur gesluip, noem net op soos jy wil om onwettig in te kom. Niemand gee om wie in kom nie daar is nie meer wet en orde nie. Die een wat die grensposte so wyd oopgemaak het moet vervolg word hy is skuldig aan al die sinnelose wrede moorde.

Geskok ·

Die is hartseer… Die is iemand se man, pa, oom, vriend… En Wat Kan Mense se komentaar wees, wees parraat, Moenie buitelanders in diens neem nie… Laat ek Raai… Julle Boer nie… Slaan terug… Regtig? Dink Julle die oom het nie baklei nie?! Boere werk nou saam met hul mense op die plaas en moet n vertrouingsverhouding he met hul Mense… Ma dit is nie net vir boere die waarheid nie. En die naasste mense aan jou kan jou seerste maak. Ek lees van man’s wat hul vrouens vermoor… Slaan terug (hoe?!) Onnies vermoor deur kids… Slaan terug(hoe?!) kids moor kids… Dis nie net uitlanders Wat moor nie… My hart is so swaar dat n mens se lewe niks werd is nie en dat dit so algemene vinnige opskrif is. En more vergeet… Mense word hier diep geraak en gaan jare na die oom se dood nog sit met baie vrae… My hart gaan uit na Julle as gesin, familie en vriende. Ek hoop dat Mense onthou… Maklik om komentaar te lewer en vergeet, die kon jy wees of iemand na aan jou… Die iemand se geliefde lees jou woorde en dis soos n steekwond aan die sy.

Dirk ·

@Geskok. Jy is reg met alles wat jy se. Ons moet net onthou dat mense se kommentare hulle frustrasies en desperaatheid weerspieel. Mense is verward, magteloos, kwaad en bang oor die moorde wat net aanhou ten spyte daarvan dat daar diegene tussen ons is wat baie te se het en diegene wat baie te doen het. Dit alles help ons niks nie, want ons is leierloos en ons is verdeel en dit deur ons eie toedoen. Ons is nog steeds te liefdeloos, hoogmoedig, glad nie nederig nie, disrespekvol, beledigend teenoor mekaar terwyl ons sakeryke en mure bou. Ons verwag dat ons leier na ons toe moet kom, maar hy sal nie, nie terwyl ons op ons eie kragte staatmaak en al die regte dinge nie reg doen nie. Ons gaan moet terugkeer na ons leier toe. Intussen sal die doeners voortgaan om sakeryke en mure te bou namens die Afrikaner se geskiedenis, taal, kultuur en godsdiens, maar dan ook so tenkoste van die Afrikaner wie daarvoor geoffer word, soos wat ons met die moorde sien. Die skille op ons oe en ons regte wat ons aan die groot klok bly hang as teiken vir diegene wat ons en ons God haat, bied dus genoegsame rede aan ons eie ondergang.

Andrea van Vuren ·

Hoekom mag ons nooit die ras van ‘n misdadiger weet nie.? Hoekom so vaag oor die vrou?
Dit laat mens wonder of dit die man se vrou of selfs die buurvrou kan wees.
Is dit steeds opdrag van regering om hierdie misdade so min as moontlik aan die groot klok te hang. Ramaphosa het mos vir Amerka gesê hier vind GEEN aanvalle en plaasmoorde in SA plaas nie!

Huisvrou ·

Die opskrif is misleidend. Dit laat onmiddellik die afleiding dat ‘n vrou (sy vrou, sy eks, ‘n jaloerse iemand) ‘n moord gereël het om soos plaasmoord te lyk.

Aanvangsin van opskrif en slegs melding in inleidende paragraaf. Is dit eerlik teenoor die lesers? Of sensasiesoekende beriggewing?

Tov boere, plaaswerkers en buitelanders. Dis nie ‘n eenvoudige oplossing of noodwendig korrekte afleiding nie. SA se arbeidswetgewing, werkersunies se eise, werknemers wat toenemend “traag” raak om opdragte uit te voer en dus ongelooflik duur raak. Dit speel alles ‘n rol. Buitelanders is honger, hardwerkend, gewillig. Maar….en dis d probleem, omkoopbaar as die prys reg is.

Ons boer. Het nooit buitelanders in diens geneem nie en werk al vir 20 jaar met dieselfde 10 werkers. Hulle raak nou oud. Waar kry mens gewillige, hardwerkende jonges wat kan oorneem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.