Vrou ontken k-woord-inskrywing; ‘vrees vir haar lewe’

Somizi Mhlongo (Foto: Facebook)

Die 19-jarige vrou wat daarvan beskuldig word dat sy die Idols-beoordelaar Somizi Mhlongo die k-woord toegesnou het, sê sy het die polisie by die voorval betrek omdat sy vrees vir haar eie lewe.

Die vrou, wat intussen as Lia Meyer geïdentifiseer is, ontken “ten sterkste” dat sy ʼn inskrywing op Twitter gemaak het waarin Mhlongo ʼn “homoseksuele k*****tjie” genoem word.

Meyer voer aan ʼn kuberkraker het “doelbewus” toegang tot haar Twitter-profiel gekry en dié inskrywing gemaak wat verlede week onder die Idols-beoordelaar se aandag gebring is.

Die 19-jarige en haar gesin het die afgelope naweek ʼn woordvoerder aangestel nadat Mhlongo in die media gesê het hy gaan regstappe teen haar doen.

Evelyn John Holtzhausen, Meyer se woordvoerder, sê sy het dié naweek ʼn klag by die polisie ingedien om ʼn oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies (25 van 2002) te ondersoek.

Meyer het in ʼn beëdigde verklaring gesê sy is die slagoffer van “crimen injuria en bedrog”. Sy sê die kuberkraker het haar “privaatheid geskend”. Hoewel dit steeds onduidelik is presies hóé ʼn kuberkraker toegang tot haar profiel verkry het, voer die 19-jarige aan dat sy vroeër vanjaar haar selfoon vir herstelwerk ingestuur het en versoek is om al die wagwoorde vir haar selfoon te verskaf.

Sosialemediagebruikers het Meyer sedert verlede week met onder meer foto’s van messe en byle gedreig.

In haar beëdigde verklaring sê sy: “Ek was ongelooflik besorg, bang en bekommerd aangesien iemand duidelik my private inligting bekom het. Ek het aan niemand toestemming gegee om toegang tot my Twitter-profiel te verkry nie. Hoewel ek nie die Twitter-rekening in die afgelope 13 maande gebruik het nie, is dit steeds my profiel en dit bevat my persoonlike data.”

Meyer sê sy het ná die voorval dringende stappe gedoen om haarself van die inskrywing te distansieer en haar profiel te sluit. Sy het kort ná die inskrywing op Twitter gesê: “Ek het nie hierdie inskrywing gemaak en sal nooit só ʼn opmerking maak nie. Ek neem geen verantwoordelikheid vir die siening wat uitgedruk is in die inskrywing nie en vra opreg verskoning vir die aaklige boodskap wat uitgestuur is.”

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het Maandag bevestig dat Meyer ʼn klag by die polisie ingedien het. Traut sê die saak word ondersoek.

Mhlongo het vroeër aan Maroela Media gesê hy is geskok dat iemand in “vandag se tyd” nog só ʼn aanmerking op sosiale media maak én boonop “die vermetelheid het” om hom in die inskrywing te tag.

Die Idols-beoordelaar het gesê nóg hy nóg sy regspan is oortuig dat iemand wel onwettig toegang tot haar rekening verkry het. “As dit wel waar is, hoekom het sy nie die inskrywing verwyder nadat sy die reaksie daarop begin sien het nie? Sy het bloot haar rekening gesluit toe aanhangers en ander sosialemediagebruikers haar oor die kole begin haal het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Andre ·

Ongelukkig glo ek nie haar storie nie, sy moet maar die gevolge dra.

Jakalas ·

As jy nie die feite ken nie, moet nie aantuigings maak nie. Wag totdat die ondersoek verby is.

Oordelaar ·

Ek wed jou sy is reg, en wie is jy nogal om die oordeel oor haar te val, op grond wan watter bewyse?

tamboti ·

@ Andre, sy is onskuldig totdat ‘n hof voldoende bewys vind dat sy skuldig is! Ek reken boodskappe met messe en byle daarin is defnitief ‘n groter probleem/misdaad as ‘n onbeskofde woord.
Wag maar dat so iets met jou gebeur pel, moenie dan kom kla maar jy is “onskuldig” nie.

Cherokee ·

Waarom Andre, beskou jy dit as belangrik dat jy haar nie glo nie? Dit is immers geen faktor nie.

Anoniem ·

Net ‘n kwessie van tyd dan word dit ‘n alledaagse gebeurtenis. Jy praat en oordeel veels te vinnig.

Wolhaarstorie ·

Ek glo ook nie haar storie nie. Die tyd waar ander mense vrylik beledig en verneder kan word vanuit ‘n beskermende posisie of omdat ‘n person glo hulle het ‘n baie spesiale velkleur is vir altyd verby.

Dassen ·

Ja glo wat jy wil tot dit die dag met jou gebeur. Dis die nuwe taktiek, om ons so sleg te laat lyk.

Peter ·

Julle wat so aanval dat ons nie haar storie glo nie, nou wys bietjie julle bewyse dat sy Onskuldig is. Snaaks hoe sy nou eers agtergekom het sy’s “gehack” maar tog die tweet gedelete, en NIKS gese nie.

honourable member ·

Sit maar n wag voor jou mond. Jy kan dink wat jy wil maar nie se wat jy wil nie.

Koos ·

@Dassen, wys vir my waar is dit “taktiek” ? Gee jou bewyse asb.

JamesBond ·

Mense, dit is BAIE maklik om iemand se wagwoord/password te kry. Iemand kon ‘n “man-in-the-middle attack” gedoen het of hulle kon die nodige inligting gekry het toe die foon herstel was. Laasgenoemde hoogs waarskynlik. Ek hoop net daar is genoeg kundigheid sodat hulle ‘n behoorlike ondersoek kan doen.

IT kenner ·

ek stem glad nie saam jou nie aangesien die term man in the middle attack helemal verkeerd is sien die beskrywing van so n aanval
“Man-in-the-middle attack. … In cryptography and computer security, a man-in-the-middle attack (MITM) is an attack where the attacker secretly relays and possibly alters the communication between two parties who believe they are directly communicating with each other.”as daar n hack was sou dit van iemand wees na aan haar wat haar passwords ken en of sy jok oor die hele geleentheid.

JamesBond ·

@ITkenner – ITKenner, Dit is inderdaad hoe hulle passwords capture. Deur ‘n man-in-middle te doen. Ek het dit op MY netwerk al baie gedoen.

Beter IT kenner ·

@IT kenner, eks bekommerd oor jou kennis. Inderdaad is dit baie maklik om wagwoorde te kry en daars baie maniere om dit te doen, moet nie verstrengel raak in detail wat jy nie hoek tot kant ken nie.

Kassie ·

Ek glo haar ten volle. Die spelfout het die kuber kraker-“ketjie” weg gegee.

Ja Kassie ·

Stem volkome met jou saam. Dit het my ook eerste opgeval.

Se net ·

My softer was in Idols die jaar en ons ons moes regstappe oorweeg om seker te maak dat hulle nie verdraai wat gebeur nie en dat sy nie op TV verskyn nie. Al wat ek kan se alles is nie soos wat dit lyk nie. So as jy besluit om dit aan te pak wees bereid om te vat wat saam.met dit kom. En vir die persoon in.die artiekel kan ek.net se “2 wrongs do not make a right”. Daar is maniere om jou ongelukkigheid uit te spreek en sosiale media nie een van dit nie. En onthou tog om nie.iemand se karakter aan te val.nie. Daar is n legal dept. by.mnet wat na.jou luister en bake behulpsaam is. Hulle sal doen wat reg is as jou probleem geldig is. Se net…

Nie meer naief nie ·

Snaaks hoe sommiges as hulle uitgevang word vinnig hulself probeer vryskeld van enige blaam en sê hulle profiel of rekening is “ge-hack” of gesabotteer. Is sy ‘n belangrike of beroemde filmster of ‘n baie baie belangrike ander person dat mense haar agtervolg om haar twitter rekening te “hack”????

Snert, daar is mense wat lankal nie meer so naief is om stories oor sogenaamde belangrikheid en gepaardgaande onskuldige onskuld te glo nie.

JamesBond ·

Mens hoef nie ‘n filmster te wees nie. Dit gebeur daagliks met onskuldige mense. Dit vat gewoonlik ‘n ex-boyfriend wat aan ‘n minderwaardigheidkompleks lei of selfs kwaai vriende wat dit aan iemand sal doen. Of net iemand wat rasse gif wil saai.

Jan Nel ·

In die afwesigheid van forensiese getuienis moet mens na waarskynlikhede kyk. As sy die waarheid praat oor haar gebruik (en dit kan baie maklik vasgestel word):

Maak dit sin dat iemand ‘n twitter-rekening vir 13 maande nie gebruik nie en dan net gebruik vir een rasistiese inskrywing, waar die belanghebbende “getag” word?

Maar miskien moet ons die saak vir die Maroela-media-kmmentaar-speurders en regters los vir ‘n finale bevinding.

Ver links ·

If it was indeed “hacking” involve, then please come forward with all the neccessary proof. Hope you are innocent.

JSO ·

@Ver links – Nee, those that accuse, must proof. Sy hoef niks te bewys nie. Hy aan die anderkant sal moet kan bewys.

Koos ·

JSO jy weet nie waarvan jy praat nie. Wie beweer moet bewys. As sy beweer dis gekaap moet sy dit bewys…

Kaufman ·

Ja, en ons gaan een vir een vals beskuldig en uitgehaal word. Ek wonder wie is volgende…

Verby ·

Glo nie vir n oomlik haar nie, as jy stupid genoeg is om jou passwords uit te gee, leer dan maar nou jou les.

Programmeerder ·

O dis maklik om wagwoorde te kry van die gewone publiek. Daars baie mense wat n lewe daaruit maak.

Anoniem ·

Is jy bewus dat een van ons grootste selfoon netwerke net verlede jaar ‘n “hacking kompetisie” gehad het vir juis toegang tot wagwoorde vir Facebook? Asseblief slaan ons geel selfoon netwerk se doen en late bietjie na. Lekker onbewus is die publiek.

Gerda ·

Op ‘n manier glo ek haar. Hoekom sou sy na 13 maande een rassistiese tweet stuur?
Nou gaan almal wat swart is, sê dit wys net hoe rassisties alle witmense is. Dan het hulle mos nou bereik wat hulle wou – om haat te saai en dit te regverdig wat hulle aan witmense doen.

Ek het nou sommer my Twitter profiel wat ek bittermin gebruik gedeaktiveer.

Michael ·

Ja dit is nou n groot storie.Maar wat het dan van die dronk vrou wat so 2 weke gelede so rasissties was dat die see nie haar mond kon skoon spoel nie?

Elize C ·

Wil ek ook weet, Michael. MM, doen vir ons ‘n opvolg asb?

Litha ·

Niks sal met haar gebeur nie. Nog minder met die wat die meisiekind nou so dreig met messe en byle nie. Want soos ek dit sien gaan dit nou oor fame… arme kind moet vrees vir haar lewe oor 1 blerry woord wat flippen daagliks gebruik word uit hoeveel monde … maar lyk my die targets word nou gekies op wie dit gebruik word neh. Dis vir my skandelik dat hul nou so groot storie wil maak van die afere . Maar die feit dat dit kind gedruig word met haar lewe is niks. As ek sy was het ek daai verdomde boodskape en fotos gevat en saak gaan maak .. ongeag waarop hul se dit baseer is. Haar lewe is belangriker as 1 blerry woord. Weet elkeval nie wavoor mense so aangaan oor dit nie. Want amal noem amal iets . Ongeag die kleur van jou vel en watse woord dit is. Die hele afere maar vir my baie kinderagtig. Dat hul die arme kind nou so bang maak met als . Lyk my die afere gaan manet om publisiteit te ontvang… dat mense so hard-up kan wees vir attention gaan my verstand te bowe. Ek sou of dit my skuld was of nie. Net om ophou attention te lok once onverskooning gevra het. Want ek dink nie die hele afere gaan oor net die woord wat gebruik was nie. Gaan oor meer as dit. En publikasie is maar 1 van dit. Arme kind- die lewe van vandag.

Die Woord ·

@Litha, ek het jare laas iemand die woord hoor gebruik. Ek hoor wel baie gereeld hoe soortgelyke woorde om ligte mense te beledig gebruik word.

ollie ·

Ongelukkig in vandag se tyd IS dit moontlik dat iemand haar twitter rekening gekraak het en haar passwords in die hande gekry het. Luister gerus Donderdagmiddae op RSG na Prof Basie Von Solms van die Universiteit van Johannesburg se praatjies oor kubersekuriteit en jy sal gou agterkom dat NIKS maar NIKS veilig is nie. Sterkte, ek hoop syt ‘n “Basie von Solms” agter haar!

Retha ·

Is sy dalk die slagoffer van ‘n kuberkraker wat haar wil slenter? Dis heel moontlik. Daar is baie mense daarbuite wat daarvan hou om onmin te saai. Die moontlikheid bestaan óók dat sy dit wél geplaas het…

ONGEAG of dit sy was of nie, die storie het ongelukkig reeds dekking gekry en by sommiges (gelees “baie”) die indruk geskep dat blanke mense oor die algemeen rasisties is… die skade is reeds gedoen. Rasseverhoudinge is op ‘n mespunt die laaste paar jaar en sulke dinge help GLAD NIE versoening aan nie.

Francois le Cochon ·

Ek hoop Lia se verweer is eg, andersins maak sy haar skuldig aan regsverydeling.

Nie so onskuldig nie ·

Ek hoop jy is reg Francois anders gaan hierdie dame die lewe vir haar self bitter moeilik maak. Ongelukkig of gelukkig (soos dit mens seker pas) het die waarheid ‘n verrassende manier om uit te kom. Ongelukkig dink te veel mense hulle kan met platvloerse gedrag op sosiale media wegkom deur net Oeps maar ek is doodonskuldig te sê.

theo ·

enige “hacker” kan jou profiel hack en dan sulke aantuigings deur gee na die sosiale media.
daar is geen oog getuie wat dit gehoor het of gesien dat sy die belediging tik. hierdie is weer iemand, miskien somizi homself wat rasisme wil aanblaas wat n “hacker” is.

thinus ·

Dit is ook interressant dat selfoon opnames en foto’s in sommige strafsake nie gebruik mag word as dit sonder die “oortreder” se wete of toestemming gemaak is nie, maar in ander sake is dit die enigste bewys wat nodig is.
Tweedens is dit jammer dat ‘n opregte verskoning (sonder dat ‘n hof dit afdwing) en amptlike verklaring van teenkanting, nie voldoende is om ‘n saak te besleg nie, maar in ander gevalle word dit weer vereis?
Ai die lewe is so kompleks!

Johan ·

Ja nog ‘n “sogenaamde wit op swart belediging” (is onskuldig tot skuldig bewys) wat lekker media dekking kry. Maar die swart dame wat ‘n week of wat gelede so aangegaan het. Wat gebeur daar? Niks, zilch, nada. Dit is mos omgedraai in daardie geval en dit word maar gedwee aanvaar deur meeste (let wel nie almal nie). Howe, media en selfs die gebreinspoelde lede van die publiek.

Reguit ·

Die heksejag teen die wittes gaan nooit end kry nie. Beste opsie is om te emigreer.

Gideon ·

Tog so gevoelig! Die betrokke woord en beskuldiging daarvan is ‘n v
erfoeilike manier om geld te probeer kry uit onskudiges.

Selfbeskikking ·

Ja en vir die wat nie kan emmigreer nie is selfbeskikkingsonderhandelings die enigste uitweg, maar iets sal gedoen moet word want die regering maak reg om ons te vernietig.

Israel ·

Mense moenie mekaar afslag nie daar gaan n tyd kom dat julle mekaar baie nodig gaan kry…

Peet ·

Snaaks hoe sy die tweet gedelete het, en toe niks gesê het van “hack” nie, maar nou skielik is sy gehack.

Anoniem ·

Almal gons oor snert en kyk die punt mis. Al meer sosiale platforms word skielik gemonitor en is vol “onskuldige bloedjies” wat die blankes tot die uiterstes tart. Hulle word “trolls” vir ‘n rede genoem. Strategie. Kom ek voorspel dat dit een van die dar aan die orde van die dag gaan wees dat blankes hulself teen vals beskuldigings moet verdedig! Word wakker al julle mense wat sommer voetstoots glo en veroordeel. Hierdie storietjies is maar die begin van baie.

Anoniem ·

Ondersoek gerus Tadhack se affiliasie met MTN asook Facebook asook die MTN hackathons. Agter die storie is ‘n storie en dan wonder mense nog hoe mense toegang tot Twitter of Facebook kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.