Vrou ontsnap ná sy man se vinger afbyt

Die identikit van die verdagte.

Die identikit van die verdagte.

Die Noord-Kaapse polisie het ʼn identikit vrygestel van ʼn man gesoek word in verband met die ernstige aanranding van ʼn vrou.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het Dinsdag die identikit vrygestel van die man, in sy vroeë 30’s, wat die vrou op 8 Oktober, omstreeks 16:00, naby die begraafplaas in Delportshoop, oorval het.

“Die vrou het alleen geloop toe die onbekende man haar van agter af gegryp en erg aangerand het. Die vrou het verbete teruggeveg en kon ontsnap nadat sy ʼn stuk van die man se vinger afgebyt het,” het Tawana gesê.

Die vrou het na die buurt gehardloop en hulp ontbied. Die verdagte het in ʼn onbekende rigting gevlug en is steeds soek.

ʼn Klag van aanranding, met die doel om ernstig te beseer, is by die Delportshoop-polisiestasie ingedien.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om konst. Ernest Raadt by 053 5612 000 te bel as hulle weet wie die man is, of waar hy is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

jean ·

Bleh!!!!…Hoop hys vinnig uitgespoeg!…Jammer dit was nie die hele vinger..

indigogirl ·

eeeeuuuuuw!
Sy moes eintlik iets anders afgebyt het!
Welgedaan dame! Hoop hierdie ou word vasgetrek.

BS ·

Way to go! Wow dis nou survival op sy beste. Nie aangenaam nie. Maar het gewerk. Gryp hom waar saak maak en draai dit sommer af ook.

MOEKIE ·

Die doodstraf moet trug-gebring word asb.Mnr.Zuma
wys wat in jou steek sodat ons nog moed gaan oor he vir ons Land en Regering, vir Moord en Verkragting, dan sal ons sien hoe min dit gaan gebeur.

Bloues ·

Moekie dink mooi voor jy vra vir die terug keer van die doodstraf. Met n kurupte regering sal die regsbank nie meer vir lank onafhanklik wees nie

Sakkie ·

Ok, vang hom nou , julle het mos al klaar sy vingerafdruk(ke)! ;)

groenewaldt ·

Hy gaan die res van sy lewe onthou dat sy hom gewen het deur net na die stompie te kyk!!
Knap gedaan!!

Theresa ·

Sjoe! jammer sy moes die aaklige stuk vinger beetkry – maar wow vir haar dapperheid! Hoop sy het goeie ontsmetting vir die mond gebruik daarna. Sommer heeldag en nag bly uitspoel. Ek lees hy het in ‘n “onbekende rigting” verdwyn. Ek verstaan dit nie? Daar is mos net Noord, Suid, Oos en Wes. Help bietjie?

Kloekie ·

Sit sy foto by al die hospitale en klinieke in noord kaaap op- n mensbyt word vrot!

CQ ·

Dankie THERESA! ekt nou lekker gelag vir jou windrigtings –
Verstaan nie waarom hy nog opsoek is nie… sekerlik nie SO MOEILIK om n persoon met n afgebyte vingers op te spoor nie – iemand moet hom ken en hom gesien het..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.