Vrou ontvoer glo pasgebore baba

(Foto: Unsplash)

ʼn 38-jarige vrou is Woensdag in Mpumalanga in hegtenis geneem vir die vermeende ontvoering van ʼn pasgebore baba.

Volgens die polisie in Embalenhle, ʼn informele nedersetting buite Secunda, het die verdagte haar op 28 Oktober aan die baba se ma voorgestel by ʼn taxistaanplek. “Sy het aangevoer sy is ʼn maatskaplike werker wat werklose jong ma’s help,” sê brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie. “Die verdagte het die ma gestuur om kos by ʼn nabygeleë winkel te gaan koop en het aangebied om die baba vas te hou. Toe die ma egter terugkeer, het die verdagte en haar baba skoonveld verdwyn.”

Sy het die saak by die polisie aangemeld en ʼn ondersoek is van stapel gestuur. “Die polisie het Woensdag ʼn deurbraak gemaak en toegeslaan op ʼn huis in Extension 5. Hulle het die gesteelde baba saam met die verdagte in die huis gevind. Die vrou is in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering.”

Sy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Die provinsiale polisiekommissaris waarsku ma’s om nie hul kinders in die sorg van vreemdelinge te laat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ONTPS ·

Ek kan nie vestaan dat mense hul kinders by vreemdelinge los nie.

Sean ·

Dit moet vreeslik wees om n baba of kind te wil hê en nie een te kan kry Aanneming is so streng

Miskruier ·

Ek dink dit gaan hier oor die geldwaarde van die kind. Met n baba kan jy n “grant” gaan eis.

anniekiewiet ·

Ons kan simpatie hê, of sulke ma’s slegsê, maar daar’s nog ‘n kant: soms is hulle honger en desperaat. Was ons al in dieselfde posisie?

Misky ·

Party vrouens wil so graag ‘n kind hê, terwyl ander hulle in vullisdromme weggooi. Beide hartverskeurend!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.