Vrou oor k-woord van Kulula-vlug verwyder

Argieffoto: cyberairlines.net

ʼn Passasier is Vrydagaand van ʼn Kulula-vlug verwyder nadat sy glo die k-woord gebruik het om na die vlieënier te verwys.

Nadine Watkins, een van die passasiers op die vlug Vrydagaand van OR Tambo in Johannesburg na Durban, het kort ná die voorval getwiet die vlug mag met tien minute vertraag word aangesien ʼn “aanstootlike” passasier uit die vliegtuig begelei is.

“Die vrou het met haar kêrel op die foon gepraat en die man wat langs haar op die vliegtuig gesit het, het gehoor sy noem die vlieënier die k-woord. Hy het die lugwaardin in kennis gestel en hulle het veiligheidspersoneel gekry om die vrou te verwyder,” het Watkins getwiet.

“Ons vlug mag tien minute vertraag wees, maar as Suid-Afrikaners kan ons nie toelaat dat sulke optrede voortgaan nie,” het sy bygevoeg.

William Smook, ʼn senior konsultant van Meropa Communications wat as woordvoerder vir Kulula optree, het Maandag die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Die vrou is van die vlug verwyder en die lugredery het ʼn volledige ondersoek na die voorval van stapel gestuur. Kulula duld nie enige vorm van diskriminasie nie en hangende die uitkoms van die ondersoek, sal daar besluit word of daar verdere stappe teen die vrou gedoen gaan word,” het Smook gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

144 Kommentare

Ontsteld ·

Totsiens Khulula gaan nie weer van jul gebruik maak nie. Was die skuldige Afrikaans? En die mede passasier??? Het sy reg verstaan of is dit nou weer ‘n vals aantuiging. OMW mense moet liewers niks se nie veral nie in die openbaar nie.

Kannaland ·

Ons almal kan eni9ge oomblik volgende aan die pen gery word, so gaan ons almal een vir een vervolg word omdat ons n minderheid is.

MissDemeanor ·

Kannaland…dis maklik. Haal daai woord uit jou gedagtes en uit jou woordeskat. Dit doen niemand enige goed om dit te spreek of aan te hoor nie. As mens iemand wil kritiseer fokus op ander eienskappe, nie op ras nie. As jy dink iemand is incompetent, gee ‘n voorbeeld van sy of haar gedrag sonder om rassituese beledegings te gebruik. Daai “k woord” moet verdwyn. Dit bring net moeilikheid en pyn.

Slaanstok ·

MssDemeanor, die land slaan nou heksejagfase in, al gebruik jy nie die woord nie sal daar enige manier gevind word om ons selektief te vervolg. Ander woorde, ander redes, nuwe woorde, vals beskuldigings.

Nee kannaland ·

…as jy jou mond in toom hou is daar niks om aan die pen te ry nie.
Mense moet bykom!
Dit gebeur nie ney in SA nie. In Amerika stop hulle TV programme omdat een n ander met Planet of the Apes vergelyk….
Mense moet OPHOU om ander sleg te sê NET omdat hulle nie soos jy lyk nie.

Kannaland ·

“Nee Kannaland, al se jy niks rassisties nie gaan jy aan die pen gery word, mens noem dit heksejag. Daar is ‘n ou gesegde iets in die lyn van as jy iemand wil slaan sal jy ‘n besemstok kry.

MissDemeanor ·

Kannaland, nou praat jy nonsens. Heksejag…dis bog! As daai vrou nie die “k woord” so laat val het nie, dan sou sy op die vliegtuig bly sit het. Dit is geen heksejag nie. Sy was dwaas en vol hoogmoed en toe kry sy wat haar toekom. Ek sal haar nie verdedig nie, sy is ‘n skande vir die Afrikaner volk.

Liberaal ·

MssDemeanor my liberale vriendin, ja se hulle dis bog, alhoewel swartmense wat witmense beledig, slaan en dreig met doodmaak en inderdaad doodmaak op grond van hulle ras nie in die tronk sit of R 200 000 boetes kry nie, moet ons dit aanvaar dat witmense vir dieselfde sonde baie erger gaan afkom want liberaal demokratiese waardes heg minder waarde aan witmensregte.

Albaster ·

Heksejag is as een groep vervolg word en ander nie vir dieselfde oortreding. Hoeveel swartmense versus witmense is tronk toe gestuur of ongelooflik hoog boetes toegestaan nadat rasklagtes teen hulle ingedien is? … ja dit is heksejag.

A ·

En die vrou wat so ontsteld is oor die ongewenste woord is seker nou vreeslik trots op haarself. Sy dra nou by tot ‘n nie-rassistiese omgewing.

Word wakker. Jy kon met die vrou ‘n ordentlik gesprek aangeknoop het en haar gewys het op haar verkeerde optrede.

Liewe A ·

…n persoon wat sommer so openlik so gemeen kan praat van n ander, sonder om te blik of bloos… kan nie n ordentlike gesprek voer nie. Sy sou HEEL WAARSKYNLIK die ander dame ook slegsê of doodskree…
Wonder of die “skuldige” ooit weet wat n ordentlike gesprek behels!

Lola ·

A, jys reg. Sy is regtig nou vreeslik trots op haarself en sy gaan aanhou om haarself wys te maak hoe trots sy op haarself is en Saterdag middag met ‘n drankie in die hand en groot ogies vir haar vriendinnetjies vertel hoe gruwelik geskok sy was en sy moes net iets doen…….
en Liewe A, jy is tien teen een ook reg………

Saartjie ·

“‘n Ondersoek sal nou ingestel word.” WORD wakker, spandeer julle tyd en geld om Plaasmoorde te bekamp, en hou op geld mors op nonsens!

Soetlief ·

Ek stem Saartjie. Ek kan ni glo dat die mense telkens weer in daai woord se strik trap ni. Maar ja, soos met Helen word alles weer heeltemal uit verband geruk.

Kul ·

Nou hoekom sal Kulula dit doen? Gee jy geld, gee jou maatskappy geld vir dit?? nie so gedink nie.

Stem saam ·

Dit was ook nogal my ander gedagte, ek hoop regtig nie die persoon het verkeerd gehoor nie, dit sal ‘n verleentheid vir die persoon sowel as Kulula wees. Baie hang af van wat gebeur het en hoe dit gebruik is, ek vind dit baie vreemd in alle rigtings dat sy so iets sou doen, ek meen sy ken nie die persoon, hoekom afbrekend wees en as sy was ……. dan moet die reg sy gang gaan.

stinkgogga ·

Hierdie is ‘n goeie vraag… Op ons buurtgroepie het ons almal gekla oor die vlaag inbrake en pogings daartoe. Heelwat mense het geskryf en aanbeveel dat ons groot honde buite die huis aanhou en keffertjies binne-in die huis. Jy kan raai wat was die reaksie van die nie-Afrikaanssprekende inwoners van die buurt. Dit het amper by ‘n klag van rassisme gaan draai.

Liberaal ·

Maak nie saak nie, ons liberales het haar klaar skuldig gevind, sy is mos nie geregtig op n verhoor nie want sy is wit.

Kulula vlerkknip ·

Ek gaan nie meer deur hulle vlieg nie want so kan ons hulle rassespanningaanhitsing vlerke knip en eerder ons ondersteuning gee aan maatskappye wat nie rassespanning aanmoedig nie gee.

Slaanstok ·

Nee hulle dra aktief by om rassespanning ‘n seepboks te gee sonder om seker te wees van feite.

Linda Gouws ·

Regtig……hulle verwyder haar van die vliegtuig af en kla haar aan op hoorsê???

Johan ·

Ja en die klaer/klaagster is seker te skaam en ruggraatloos vir sy/haar naam om gepubliseer te word.

Volgende keer as ek per ongeluk ‘n wind laat, gaan ek ook seker afgeskop word van die vliegtuig?

ANC ·

Om n wind te laat en iemand n kwetsende woord toe te sou is seker dieselfde…

Skepties ·

Vleniers is bekend vir hulle skerp oe, maar het nie geweet hulle ore is skerp genoeg om n foongefluister agter in die vliegtuig te hoor nie. Ek hoop hulle het darm die ontstelde vlenier ook gewissel want die vlenier was seker so ontstel dat hy nie sy werk behoorlik kon doen nie. Ek wens daar was soortgelyke deernis vir ons wat Malema se woorde moes aanhoor.

Jerry ·

Leer uit die foute van ander en beweeg aan en weg van rassisme

Andrea ·

Hopelik sê jy dit vir almal in hierdie land, nie net die wittes nie?

Skepties ·

Al wat ek hieruit en die nuwe beskuldigingsflaag leer is dat iemand n app moet ontwikkel wat 24/7 opneem wat jy se want jy gaan binnekort beskuldig word en dan moet jy jouself onskuldig bewys.

Henk ·

Of dit op hierdie stadium hoorse is of nie, is irrelevant. Ons weet wat die nagevolge daarvan is, maar steeds sal mense voortgaan om die k woord te gebruik. Hoekom sal jy jouself in so n situasie plaas? Lees jy nie koerante nie? Luister jy nie nuus nie? Gaan jy waaragtig steeds jou hand op n rooi warm stoofplaat sit – selfs as jy weet jy gaan brand? Komaan wit Suid Afrikaners – hou op om jouself bloot te stel!!!

Waarheid Henk! ·

Hoekom dit in die 1ste plek sê. Dis mos soek vir moeilikheid.
….ek wonder of die vrou ooit n Kite kan vlieg, dan worry sy oor die pilot…

M ·

Wat as dit ‘n nuwe manier van vergelding is? Ons moet maar net hoop ons word nie valslik beskuldig nie. Wie gaan in die hof geglo word?

Skepties ·

“Waarheid en Henk, verstaan julle wat hoorse beteken? Verstaan julle wat die gevolge van heksejag en selektiewe vervolging kan wees? Ons beweeg nou in n baie gevaarlike era in, en daar word met vuur gespeel.

rollie ·

Malema en ander swart oortreders word ook vervolg, weet nie waar jy aan die selektiewe vervolging twak kom nie. Jy moet weier lees as net Maroela.

Albaster ·

Wanneer was malema en ander vervolg vir hulle haatspraak? Noem voorbeelde rollie, in watter media het jy dit gelees? Ek volg al die nasionale media en het nerens daarvan gelees nie maar ek lees gereeld hoe ons mense vir dieselfde of eintlik nog minder vervolg word want ten minste gaan ons mense se woorde nie met dreigemente gepaard soos malema nie.

Piet ·

Baie snaaks om so iets te lees en dan terug te dink en te besef hoe besighede bemarking gedoen het voor 1994 . Let bietjie op en doen navorsing alle besighede voor 1994 se bemarking vas 100% wit en hul niks omgegee vir die ander rasse van die land nie maar oor dit nou in hul gins tel sak hul die heersende rasse in veldtogte gebruik ens . Wens net hul kan ophou skeinheilig wees en agter dit weg kruip en die ander rasse moet bietjie onthou hoe die selfde besighede wat nou kamstig vir hul opstaan teen hul was in apartheid met die selfde direkteure en eienaars al die pad . As die wind sou waai in ander rigting soos bv wit weer oorheesend is of indiers of wat okal sal die selfde besighede soos Khulula hul rug op jul ook draai dit gan als oor geld nie oor om ander kleuriges te beskerm nie ma eerder bietjie gratis publisiteit .

ANC ·

Uiteindelik iemand wat iets skryf wat sin maak. Ek ondersteun jou sentiment

Joachim ·

Piet: as jy buite jou eie (wit) gebied beweeg het voor 1994, sou jy gesien het die advertensies in die nieblanke areas (soos hulle destyds bekend gestaan het) het slegs mense van daardie groep ingehad; die advertensies op radiostasies was in die swart tale. Op die swart TV-stasies was dit ook swart mense wat in die advertensies gespeel het.

Skepties ·

Onthou dat maatskappye daardie tyd bloot geadverteer het in media soos gebruik deur die teikenmark, so het jy in die HG blanke afrikaanse advertensies gekry want dit was blanke afrikaanse lesers, anders as in die Drum waar swart akteurs was want dit was vir ‘n swart teikenmark. Jou punt dat sekere maatskappye nou aktief teen die blanke draai is waar, soos wat ons nou hier en by DSTV sien.

Piet ·

Joachim jy weet so goed soos ek dit is nie die geval nie . Ek het in ñ klein dorpie groot geword en het nooit ñ nie blanke advertensie gesien nie . Meeste van my maats was nie blank en ek kan hul taal praat ( setswana ) en ons het baie die gesprek gehad . Vat selfs restaurante se advertensies pre 1994 ? Was daar ander rasse in of net blank ? Nou wil ouens soos spur en en en kom se hul is teen rassisme ? Bog man hul almal Khulula ingesluit is skeinheilig hul ry die rasse kaart hol rug om profeit te eet niks anders nie . Gaan kyk na iets soos sigarete wat was op hul advertensies ? Supermarkte wat was op hul advertensies ? Dit gaan als oor waar die geld le nie oor wat reg of verkeerd is nie

Nel ·

Piet jy vat die woorde so reg uit my mond. Ek het presies dieselfde vermoede gehad – dat alles maar eintlik net oor ‘rande en dollars’ gaan…

Cornelia ·

En daar trap die dame in die strik. Waarom nie maar stil en biddend bly by die voete van Jesus ons Here nie? Om vriend óf vyand met woorde te probeer “doodgooi” baat tog niks. Dit plaas jou in die “beskuldigde bank.” Wat is beter as om net die Here se gebooie te gehoorsaam in tye van vrede en in tye van vervolging? Daarin is oorwinning, selfs oor die dood. Wees sout en wees lig. Want daartoe is ons geroep en daarin word ons lewe bewaar tot in ewigheid. God se Opdrag om die Liefde te leef, is nie aan die wêreld gegee nie, maar aan die wat die Liggaam van Christus verteenwoordig. “Word nie aan die wêreld gelykvormig nie.” “Moenie ophou om goed te doen nie.” Waak dan.

Nin ·

Kyk die vrou moes nie die woord gebruik het nie, maar sy het nogsteeds betaal vir die vlug. Belaglik dat sy verwyder is vir al omdat slegs een persoon haar na bewering gehoor het.

JoeV ·

betreurenswaardige voorval. “duld nie enige vorm van diskriminasie nie” sê die verteenwoordiger, maar is SEB en RA maatskapy? ai, die standaarde darm!

Johan ·

JoeV, jy slaan die spyker op die kop.

Maar dan moet ons mos onthou, SEB en RA is wetlik verskoonbaar en die regte ding om te doen. Dan tel dubbele standaarde itv die lugredery se integriteit mos niks nie.

Johann ·

Syt seker gese KULULA…. of selfs KAPTEIN KULULA? Of nog erger….. MANGO!!!!!! Ekt altyd n issue met die praterige mede passasiers… nou sien ek. die wat jou afluister is VEEL ERGER!

Al ·

Ñ Afgeluisterde gesprek weergee nooit die hele waarheid nie en kan maklik misverstaan word.
Stem saam.

jean ·

Op enige vlug..nasionaal of internasionaal…sê ek basies twee woorde..en dit is om seker te maak dat ek by die regte toonbank is met elke vlug. Geen kommunikasie vir 18 uur. Hoekom wil ek met enigiemand wit of swart gesels?. Hou den bek….onthou, jy is altyd die rassis.

Eileen ·

Die storie gaan so uitgerek en holrug gery word, maar hoor jy niks van daai voorval +/- 3 weke gelede toe daai swart “dame” so tekere gegaan het oor die “uneducated” witmense.

Johan ·

Eileen, daar sal ook niks gebeur nie. Die MRK is pateties verby en pas dubbele standaarde toe. Reageer nie eers op navrae nie.

O en daai mense met die donker vel wat van midde-Afrika af na Suider-Afrika gemigreer het (ek mag mos nie die sw…… woord gebruik nie), hulle kan mos nie rassisties wees nie. Daarom sal daar niks van daai saak gebeur nie.

Wesley ·

Vir wat KLOU ons Afrikaners so hard aan hierdie vieslike woord vas? Is dit lekker om te se? Voel ons beter oor onsself as ons iemand anders beledig met n skelwoorde wat histories baie pyn en vernedering veroorsaak het? En ons verdedig hierdie mense of praat daarvan asof dit dalk n glipsie of emosionele reaksie was? Ons is vir onsself verantwoordelik en ons behoort nie die foute van ons voorvaders weer te begaan nie.

What a joke! ·

So elke keer n swart persoon soos malema rassehaat en rassime aanhits en die blanke in Suid afrika sleg se sal ek ok nou verwag dat hul spoedig teen hul sal optree ne Weezley..maar gebeur dit Weezley?

Pieter ·

Wesley,
Malema maak dit absoluut maklik om nooit die verskille mis te kyk nie.

Se liewer niks ·

Met ander woorde die een vrou se woord teen die ander een……hhorse op die ergste. En daarvoor word sy van n vlug afgegooi, wat as dit nou andersom was, sal dit dan ook gedoen word? Eskuus,ekt vergeet,ons is klaar wit so daars geen slegte woord wat teen ons as wit mense gese kan word nie.

Se liewer niks ·

Solank as wat die mentaliteit in Suid Afrika is om apartheid die skuld te gee vir alles sal hierdie land nooit vorentoe beweeg nie….ons gaan net dieper in hierdie politieke put afsak en sekere mense gaan net ryker word.

Barries ·

As ek so na die kommentaar kyk dan kan ek sien hoekom ons probleme het in SA. Nasie bou, uitreik na ander, almal met waardigheid behandel begin by jou ingesteldheid. As jy nie ‘n probleem sien met die gebruik van die “K-woord” nie, het jy ‘n probleem, nie Kulula nie. En nee, moenie weer “maar wat van plaasmoorde” nie of “maar wat van iemand anders wat 3 weke gelede iets gese het nie”.

Ronelle ·

Ek stem saam dat sy dit nie moes sê nie, maar onthou net dat sy hom nie direk aangespreek het nie so sy het hom nie enige iets toegesnou nie. Soms kan mens baie meer vermag deur net stil te bly en jou besig te hou met jou eie goed.

Johan ·

Wat het geword van die dronk vrou wat so rassisties was en geskreeu het teenoor die sekuriteits manne so ruk terug? Voel vir my ons lees heeltyd hoe die wit man sondig maar niemand anders nie?

Ankha ·

Watvan daardie nie blanke dame wat ñ ander blanke vrou en polisie manne verskree het en gesê het alle wit mense is uneducated etc? Kan Maroela Media ons inlig asb? Dis asof daai storie net verdwyn het…

Theresa ·

Dame was verkeerd indien sy wel die ongewensde woord gebruik het.
Sy en duisende ander moet onthou hoe gretig mense mens nou afluister, dophou en graag wil nuus aandra. Onthou, daar is nou ‘n belonging daarvoor. Skielik kry so ‘n verklikker ‘n bietjie hero-status.
Vergeet die woord. Vergeet om dit te gebruik. Daar is soveel goed in hierdie wanbestuurde land wat meer aandag en energie moet geniet as om die woord te gebruik. So staan duisende skuldig wanneer hul ‘n blanke met afbrekende taal aanspreek of beskryf. Dis presies dieselfde. Dit probeer ook kwes en neerhalend wees. Ons weet egter dit word glad nie dieselfde hanteer nie. So weet dit en bly ten minste uit die moeilikheid uit – dis tog nie die moeite werd nie. O ja, soos ook hierbo gevra – enige nuus wat met die swetsende gebeur het wat die sekuriteit en polisie ‘n run for their money in vieslike taal en beskrywings toegesnou het?? Laat ons gerus ‘n opvolg lees.

Albaster ·

Ons is nie dom nie daarom kom ons agter daar is grootskaalse selektiewe vervolging in die land en daarom eis ons gelyke regte.

Charles ·

Ongelukkig weet blankes nie meer hoe om hulle frustrasies en woede oor die misdaad, moorde, onreg, hopeloosheid, wanfunksioneirng en daaglikse diskriminasie van die huidige onregmatige en illegitieme bestel te verwoord en in aksie om te sit nie, en daarom uitlatings soos hierdie.

Dit sal beter wees om hierdie woede en “motivering” te kanaliseer na beter doelwitte soos selfbeskikking en die opbou van weerstandigheid vis a vis die uitoefening van outonomiteit en onafhanklikheid.

Regtig, dis hoogtyd.

Kyk net watter suksesverhale is beide Orania en Kleinfontein !

rollie ·

Staan jou vry om na daai “suksesverhale” te verhuis waarna jy so begeer, niks keer jou nie.

Regdenkende Mense ·

GEEN regdenkende mens moet in elkgeval daardie vieslike woord gebruik nie. Wat is fout met mense!!! Die ergste is dat mense so voor hulle kinders praat en dink dis ok.

Albaster ·

Ongeag of jy dit gebruik of nie, jy gaan daarvan beskuldig word, net soos wat jy van moord beskuldig gaan word as jy n aanvaller sou skiet. Dis wat heksejag behels.

anton ·

Hierdie is weer belaglik verby!!!
So Kalula gooi haar af op hoorsê van n ander passasier???
Ek hoop die vrou dagvaar hulle asook die passasier wat die aantuiging gemaak het want hoe op aarde gaan dit bewys kan word. Die een se woord teen die ander sin.
Dus as ek iemand nie op n vlug wil hê nie, beskuldig ek hom/haar van n ”k” woord. Belaglik!!!
Wat vir my die ergste is, is dat die Here se naam daagliks eidel gebruik word maar niemand rep n woord oor dit nie en dit is n onvergeefbare sonde!!!
God sal iemand nie straf oor die ander woord nie.

Sann ·

Dankie Anton. Dis vir my baie moeilik om te glo dat mense nog so onnadenkend sou optree, maar ek deel ook jou ontsteltenis. Niemand rep ‘n woord waar die Here se Naam gebruik word soos hulle wil nie.

Karl ·

Want nie almal glo wat jy glo nie. Vryheid van geloof. Dis vir ander laster as jy se Allah of Mohammed. Dan kan ons se, die mans en vrouens wat so drink, en niks word gedoen nie.

rollie ·

Rassiste se koppe moet geswaai word. As hulle nie wil luister of rehabiliteer nie, moet hulle maar voel. Zero tolerance. Kla haar aan, twee jaar in die tjoekie. Ek het geen simpatie met diesulkes nie want ons blankes word almal oor die kam geskeer oor die minderheid rassiste onder ons geledere.

Piet Pompies ·

Daar is ‘n wet in die wetboek wat die gebruik van die K woord met ‘n verwysing na ‘n persoon strafbaar maak. As jy die woord gebruik dan is jy in die sop, as jy verkies om deel van die verdeeltheid is SA is en aanhou om die woord te gebruik gaan jy een of ander tyd in die slagyster trap. Wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Ek en my vrou het ook al met Kulula gevlieg en sal waarskynlik weer van hulle gebruik maak. Ons laat nie toe dat ander mense se swak openbare gedrag ons beter denkwyse verander. Wees deel van die oplossing eerder as deel van die probleem.

Leone ·

Solank dit net konsekwent toegepas word, dit doen nie op die oomblik nie maar kom ons hoop die regstelsel sal meer regverdig word en dit gelyk toepas.

Geskok ·

Kyk, ek regtig gedink Khulula sou die saak beter hanteer het instdede daarvan om op hoorsè te gaan. Baie teleurgesteld in julle!!!

Anoniem ·

24 Jaar later en mense kan nog nie besef die K word is n NO NO. Wanneer leer mense. Ek het my hele lewe saam met swart mense gewerk en werk vandag nog saam met hulle en van hulle is vandag my bestuurder en ek respekteer hom/haar en hulle vir my. Werk uintlik baie lekker saam. Daar is maar vrot kolle in alle nasies en nie ek ,jy of hulle kan dit voorkom nie maar ons kan almal mekaar respekteer. As mense maar net besef die skade wat hulle doen met hulle rassistiese aanmerkings en name. Die verkeerde person hoor jou en so word sy haat aangevuur en more word iemand heel onskuldig vermoor omdat die moordenaar jou rassisme gehoor het en besluit het kom ek wys hulle en vermoor iemand. Ons almal en dit sluit myself in moenie vra hoekom nie want deur ons dade sal ons geken word. Mens jy hoef nie saam te slaap en te drink nie, verander net jou gesindheid en denke en jy sal n mooier SA sien.

Cherokee ·

Watter K-woord? Kulula? Nie geweet Kulula is so ‘n skeldnaam.

Anoniem ·

Ja Cherokee net jy sal met so vraag vorendag kom. Dankie vir jou sin van humor.

Jakes ·

Plaasmoorde is glad nie belangrik nie, net daai woord Kaptein. Kill the boer, Kill the farmer word versprei en gesing en word op hemde geprint, ek is dom verstaan niks meer nie

Trots Afrikaans ·

As jy in vandag se tyd nog daai woord in jou woordeskat het, het ek geen simpatie met jou nie!!! Help nie ons sê “wat van die” of “wat van daai” geval nie, ja daar is baie verkeerd daar buite maar help nie ons probeer goed praat wat sy gesê het deur na ander misdade te verwys nie. Kom ons begin deur ons self te transformeer deur al hierdie dinge uit te sluit en raak ‘n voorbeeld vir die regering as ras en volk. Help nie ons gee hul die heeltyd rede om na ons as rassiste te verwys nie. Ons kan die lewe vir onsself ook maar baie makliker maak deur liewer saam te werk as ons altyd dwars te wil wees. Kom ons begin die voorbeeld stel van wat ons van ander rasse verwag, dan sal daar nooit vingers na ons gewys kan word nie

Anoniem ·

Ek stem saam kom ons daag almal om by onsself te begin en sodoende n beter SA te skep.

Pop ·

Ek is verstom dat mense se nerfies so dun is oor die K woord. Is net n woord. Daars baie erger goed as n woord. Nou een dag hoor ek een die ander die woord toesnou. Nou wonder ek of mag jy iemand ook aankla wat dieselfde nasie is.

Riaan ·

Sy het seker net na die vlieënier se koffer (aktetas) verwys. Afluisteraar wat heelwaarskynlik engels is, kon maklik verkeerd gehoor het en raak toe ophol en Kalula val toe daarvoor. Swak!!!

Liberaal ·

Ummm, nee maak nie saak wat sy se en of daar bewyse is nie, die maatskappy het haar klaar skuldig veroordeel en liberale waardes maak dat dit die polities korrekte ding is om te doen, so dankie aan ons liberale demokrasie, sy sal as n ongewensde minderheid moet terugstaan en die magtige regering en groot maatskappy oor haar lot moet laat besluit. Vryheid is nie meer belangrik nie.

GM ·

In vandag se tyd kan jy iemand net skeef aankyk, en hul sal sê jy het sekere woorde gebruik. Dan is daar eweskielik ‘n hele groep getuies wat gehoor het wat jy sê. As sy dit kwytgeraak het, dan moet sy maar haar pak vat. As dit die een se woord teen die ander een s’n is, dan moes Kulula mos eers bewyse gehad het voor hul die vrou net skuldig bevind?

MTSteyn ·

Blankes gaan tronk toe op grond van woorde wat vir sekeres kwetsend is. Maar wanneer die Heilige Naam van God in elke 2de fliek, boek, gesprek of gewone omgangstaal misbruik word, lag almal saam, ook die 80% ‘christene’ in SA.

As jy meer besorg is oor jou medemens se dun velletjie, as jou Skepper se heiligheid, is jy daar groot fout.

Whitey ·

Dit is platvloers om die k-woord te gebruik, net soos wat dit platvloers is om skelwoorde (vloekwoorde) te gebruik. As ‘n mens kan uitdeel, kan hulle ontvang ook.

Casper Labuschagne ·

Sy is nie die wit eerste passasier om van Kulula verwyder te word omdat die mede passasiers onveilig voel nie en dit het ook al op SA Express en SAL gebeur. Bloot ‘n argument met jou buurman oor sy bagasie in die rak bokant jou veroorsaak dat die ander passasiers ‘n klag lê dat hulle bedreig voel omdat die wit persoons kwansuis aggressief is en jy sal van die vlug verwyder word. Daarna word jou naam geplaas op ‘n lys van persone wat ‘n vlugrisiko inhou en jy sal nie gou weer op ‘n ACSA lughawe ‘n vlug mag haal nie. Jy sal selfs sukkel om ‘n langafstand buskaartjie of treinkaartjie te kan koop waar ‘n soortgelyke lys geld.

Ek wonder al lankal of sulke optrede van die ander passasiers nie moedswillig is nie want wanneer ek vlieg sien ek eenvoudig nie rassisme of gedrag wat ander onveilig laat voel vanaf wit passasiers nie. Inteendeel, ek het dit al van die ander rasse opgemerk waar die personeel dan hul hande vol het en heftig beskuldig word, maar sulke passasiers word nooit van die vlug verwyder nie.

Mark ·

Bewyse asb. Nie 1 op 1 nie. Dis mos dan maklik om net te se hy staan voor my en hy het n k woord gebruik. die is absoluut waansinnig en lagwekkend.
Fone het n shortcut wat laaste 10 oproepe record! Bewyse asb.

Liberaal ·

Neewat liberaliste het haar klaar skuldig bevind, nie almal het die reg op n regverdige verhoor nie, net sekere groepe word deur liberaliste beskerm. Dankie aan die NWO maatskappy Kulula dat julle haar skuldig bevind het, julle is voorwaar ‘n toonbeeld van hoe die NWO grootmaatskappy moet optree. Volgende keer vat julle dit n stap verder.

Kl ·

Vir die wat so aangaan en sê wat Kulula pre-94 gedoen het? mmm nie geweet n maatskapy wat in 2001 begin het, het iets voor 94 gedoen nie. Straf haar, mense wil mos nie leer nie.

Annamarie Olivier ·

Die feit is dat hierdie storie wat oorvertel is nie getoets is nie, ons kan die vrou wat die woord gebruik het beledig net soos julle goed dink maar daar is altyd my storie, jou storie en die waarheid. Ons wag vir die waarheid dan praat ons weer.

Nel ·

Alle krane is oop gedraai om die Blankes oraloor in ‘n slegte lig te stel – so maak julle sitgordels vas, ons is almal passasiers op ‘n bus sonder brieke – reguit af op die afgrond.

Een vir een ·

Goed gese. Ons gaan almal een vir een ge’frame’ word, of ons skuldig is of nie.

Hof in lug ·

Ek het al gehoor sekere lugmaatskappye het spas, hotelle en wie weet wat nog aanboord, maar ek het nie geweet Kulula het ‘n hof in die lug wat mense skuldig kan bevind nie. Mooi man Kulula, die lugredery met ‘n hof aanboord.

Gert ·

As die storie waar is, moet die vrou maar vir haar kry. As jy nie wil HOOR nie, moet jy maar voel!!!! Kry vir jou!!!!

Skepties ·

As is gebrande hout, en n vriendelike waarskuwing, moet niemand kwaadmaak nie, mens weet nie wanneer iemand jou gaan hoor iets onvanpas gaan se nie. Dit is die probleem.

Se liewer niks ·

Barries,ek wil van jou verskil………Die feit dat daar niks gedoen word aan ander wat van ons as wit mense net se wat hulle wil is n HELSE probleem. Julius Malema en sy trawante se net wat hulle harte begeer,die vrou wat nou onlangs langs die pad die mense so sleg uitgeskel het……niks kom daarvan nie, maar laat jy met n wit vel dit nou waag doen. Ek stem saam,ons moet mekaar kan respekteer en as jy jouself skuldig aan haatspraak maak moet jy met die nagevolge deel……..Maar dit geld vir ALMAL!!! en dis die probleem,dit geld net vir ons afrikaanse wit velle!!!

ek sê maar ·

Daar is ‘n gesegde: what others say about you is a reflection on them not you. So….haal daardie woord uit jul woordeskat en bly uit die moeilikheid. Wat die ander klomp dan aan/vir/oor jou sê is ‘n refleksie op hulle en hul karakter. Ek weier om ontsteld te raak as die ander klomp my goed soos whitey of dutchman of boor(boer) noem met lelike stemintonasies. Ek gee NIE in aan hul uitlokkings en ignoreer hul. Dit is maar so dat ons die minderheid is en mooi moet loop so, laat ons dit maar doen vir vredesonthalwe. Hoe moeilik is dit ook nou. Die k woord is maar lelik en klaar.

Grotman ·

Hoorse!!! Als is maar net hoorse!!! Hulle gaan mooi moet dink om dit te bewys.

Werner ·

Ek wonder of julle wat so half braak oor die k woord weet waar dit vandaan kom en wat dit beteken ek glo nie eers die meeste swartes weet nie maar net iets om oor te huil wat wil hulle nou genoem word kan iemand my asb sê

A ·

Almal is al weer histeries. Hoe weet enige van julle wat werklik daar gesê is. Almal is baie gou om afleidings te maak. Presies soos ‘n paar weke gelede met die supetsport ding en daar was niks rassisties gesê op daai stadium nie. En ek kan van ondervinding praat. Ek en my dogter het in clicks gestaan en wag vir my medisyne. toe vra sy my hoe lank moet ‘n mens swot om ‘n apteker te word. Toe gooi daai madam ‘n tantrum wat het my kind oor swart mense te sê. Toe sê ek vir haar as sy wil luister wat ons praat moet sy seker maak sy verstaan my taal en nie haar eie afleidings maak nie. Ek was nog nooit weer in daai clicks gewees nie.

Nuwe lughaweafkondiging ·

Die standaard afkondigings by lughawens moet aangepas word: moet nie net mense waarsku dat hulle vervolg gaan word as hulle bomdreigemente maak nie maar ook as hulle sekere woorde gebruik.

Nuwe verbodegoederelys ·

en die verbode goederelys moet nou ook uitgebrei word met ‘n lys van ontoelaatbare woorde en taalgebruik. En almal moet in Engels praat sodat almal kan hoor of jy enige van daardie woorde gebruik anders diskrimineer dit mos teen die meerderheidstaalsprekers.

Verbode ·

So ook bordjies vir verbode woorde, nie net verbode goedere nie.

EFF lede aanboord ·

Wat is Kulula se beleid rondom EFF drag aangesien hulle leier sulke rassistiese aanmerkings maak? En wat van ANC lede wie se leiers sing van witmensskiet? En slagspreuke op klere? Julle het n kan worms oopgemaak en gaan dit als in n beleid moet aanspreek Kulula.

Max ·

Die kaptein het teen internasionale lugvaartreels die vrou van die vliegtuig afgesit. Hy is seker onaantasbaar vir sy oortreding van die lugvaart reels.

rollie ·

Sover ek weet is Malema se sake nog aan die gang. Kom ons wag maar voor ons wilde konklusies trek.

Sean ·

Die medevlienier se woord word gevat As sy skuldig is goed en as sy onskuldig is?????? Kulula kort spur bebandeling

rollie ·

Rassistiese spraak kan nooit as vryheid van spraak afgemaak word nie. Dis heeltemal tereg as misdaad verklaar.

Belaglik ·

Baie van die kommentators hier was blykbaar daar om te hoor wat die vrou te se gehad het of is die woord van die klaer vir julle meer werd as die woord van die beskuldigde? Selfs julle skynheiliges wat praat van die Here terwyl julle sonder enige bewyse hierdie vrou klaar veroordeel het.

Sputnik ·

Heng Flippie, hoe laat jy my nou lag! Dit is nogal ‘n goeie vraag! Wat sê die regsgeleerdes?

Trudie ·

Hoeveel moorde moet gepleeg word voor daar iets daaraan gedoen word.

Jy mag nie die K-woord gebruik nie, dan is die herrie los. Weet enige iemand wat die woord regtig beteken? Laat asseblief van jou hoor. Hou op om moeilikheid te soek. Hoe se die Engelse – stop stirring.

Marie ·

Hoekom kan mense mekaar nie uitlos nie. Ek vlieg baie, sit langs alle rasse en kleure. Hulle kan praat wat hulle wil ek luister kwalik. Gaan nie sit en wag vir iets om oor te vertel nie. Nee hel. Hou jou neus uit ander se sake uit. Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie.

Nel ·

Ek hoop Kulula verbied ook in die vervolg vir Malema om voet aan boord te sit.

HESTER NEL ·

Gee die dame wat die nuusdraer is ‘n lollie om te suig…………..

Albaster ·

Ja sodat sy daaraan suig en nie leuns uit haar duim suig nie.

Afrikaanse Knaap ·

Laat hy wat sonder sonde is die eerste klip gooi. Laat hy wat sonder ‘n rasse aanstelling beleid die eerste rasis op sy vlug uitgooi.

Jax ·

Ag nee sies man! Die vrou behoort van beter te weet as om dit te sê. Doen aan n ander wat jy aan jouself gedoen wil hê. As ons almal dit sal na-leef, gaan ons n baie beter wêreld hê. Naaste-liefde begin by jouself en kan wondere verrig as ons dit almal sal na-streef.

Barries ·

En daar was dit toe ‘n jong Indiese dame wat die k-word gebruik het, in ‘n SMS wat ‘n mede passasier gesien het. Wat nou kommentators, nogsteeds ‘n heksejag?

Aster ·

Ja, dit is die nuus vol dat Malema alle minderhede nou teiken, hy het die naweek bruin en indier mense beskuldig, so ook het die ou tweede aan bevel indiermense so 2 weke terug aangevat, dit was die nuus vol.

Rina ·

Kommentaar gelees sjoe mense kan darem gou gevolgtrekkings maak. Terloops hierdie was ‘n Indiër dame en nee sy het nie gebel maar ‘n sms gestuur. Die man wat langs haar gesit het was ‘n swart meneer wat haar sms gelees het en die woord opgemerk het en toe ‘n tantrum daaroor gemaak het waarna sy afgesit is van die vliegtuig! Nou is duidelik dat daarop haar privaatheid ingedring is en net sy kan van die weergawes aanvaar is wat pateties is. Dit boodskap hier is dat logiese denke en bewyse oorboord gegooi is en die man se weergawe eenvoudig aanvaar is bo die van die vrou. Hierdie tipe optrede om mense se woord te aanvaar om dat hy swart is en ander bevolking groepe sin in twyfel te trek en die beheptheid om in als net rassisme te sien en die k woord gaan ons vernietig in die land.

Afwesig ·

O so dit verklaar waarom EWN wat deur indiers besit word gladnie die berig geplaas het nie. Wel dit tel steeds as heksejag want alle minderhede word deur die EFF en regering geminag.

Elizabeth ·

Ek praat HOEGENAAMD nie die vrou se optrede goed nie. Basiese respek vir jou medemens behoort jou te verhoed om ooit neerhalend na enige iemand te verwys – en dit sluit alle rassegroepe in die land in. MAAR: ek hoop van harte Kukula kan met harde feitelike bewyse kom, want indien dit een mens se hoorsê teen een ander mens is, sal geen hof iemans skuldig bevind nie, en dan kan die vrou Kulula dagvaar vir miljoene ….

Frank ·

EWN konsentreer op “white bashing”. Luister maar bietjie na die stasie en jy sal tot die besef kom hoe hoog die vlakke van haat en nydigheid is. Anti-wit, wit kapitalisme, ens ens word aangeblaas en aangemoedig deur van die opmroepers. Daar word sonder omhaal duidelik gestel dat die ubuntu benadering wat so hoog deur die liberaliste opgegee word nonsens is. Wit = skuldig. Finish en klaar.

Fly away Kalula ·

Ai mense het regtig baie tyd op hande om oor onsinnige nonsens aan te gaan. Het sy nie dalk na die Kaptein (met ‘n K) verwys nie? Het die persoon wat dit gehoor het, reg gehoor, of net gehoor wat hy/sy WIL hoor? Daar is dinge soos moord/roof en verkragting in die land……miskien moet daar meer op dit gefokus word.

NEE ·

Almal mis die punt. Om die k-woord te gebruik is ‘n kriminele oortreding in SA. Maw as die Kulula niks sou doen nie, nadat dit onder hulle aandag gebring is, sou hulle aandadig wees aan ‘n kriminele oortreding. Dit is nie Kulula se plek om regter te speel nie, maw hulle oorhandig die saak aan die SAPD wat dit ondersoek en na die NPA verwys wat sal beslis of dit vervolg word al dan nie. So die meeste mense hier wil apokalipties word as ‘n taxi nie wette gehoorssam nie, maar wil uitsonderings maak vir iemand wat na bewering ‘n kriminele oortreding pleeg. Verder, sodra die vliegtuig se deur sluit en weer oopmaak is die Kaptein in beheer van die vliegtuig en alles binne-in die vliegtuig maw hy is die Koning van die vliegtuig en sy wet geld ten alle tye in die geval is hy die SAPS, jip hy het die regte en pligte van ‘n polisie amptenaar. Aangesien Kulula binnelands sou vlieg geld te wette van SA. As beweer word jy is ‘n moordenaar, word jy in hegtenig geneem en word jy aangehou totdat ‘n hof op grond van getuienis jou vrylaat of vonnis. Maw, Kulula het geen keuse gehad nie, hulle was wetlik verplig om dit te doen. Maw, daar is ‘n REDE vir Kulula se optrede wat NIKS met ras te doen het nie. Dan vir almal wat nie weer Kalula vlieg nie, jy kan kies uit SAA(Mango/Safair), BA(Kalula).

Nikita ·

Sal mense ook leer om reg te praat in die privaatheid van hul huise in die teenwoordigheid van die kinders dat hierdie woord kan uitsterf….hoeveel van die kinders het die k- woord nie al aangeleer nie. Ek hoor nog steeds dat klein kindertjies daardie woord gebruik. Ouers is verantwoordelik vir hulle kinders se opvoeding. n Onderwyser vertel my nou die dag hoe hulle die kinders nog moet reghelp wanneer daardie woord uitglip, en dit plaas hulle in n ongemaklike situasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.