Vrou oorleef lugduik-ongeluk

Argieffoto Foto: www.literallydarling.com

Argieffoto Foto: www.literallydarling.com

ʼn 33-jarige vrou is in ʼn ernstige toestand nadat sy ʼn rowwe landing gehad het by ʼn lugduik (skydiving)-klub in Carletonville, wes van Johannesburg.

“Die vrou het in die middel van die veld op die grond gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “ʼn Aantal omstanders het rondom haar gestaan.”

Die vrou het ernstige rugbeserings opgedoen. “Sy is met ʼn helikopter na ʼn privaat hospitaal in Johannesburg geneem vir dringende behandeling,” het Meiring bygevoeg.

Die vrou het vermoedelik haar bewussyn verloor nadat sy gespring het en het baie naby aan die grond eers weer haar bewussyn herwin. Sy kon nie betyds die snelheid van haar landing verminder nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.