Marius Jacobs van Watchdog Tzaneen het aan Maroela Media gesê die rowers het omstreeks 09:00 toegang tot die plaas verkry deur die elektriese heining te knip. “So net na 09:00 het die krag afgegaan en die huishulp het die eienaar gebel om te sê die krag is af. Toe sy omdraai het hulle voor haar gestaan met ʼn vuurwapen in haar gesig,” het hy gesê.
Die rowers het glo die huishulp vasgebind en verkrag, waarna hulle die huis omgekeer het. Hulle het met ʼn sak items gevlug.
“Die huishulp kon daarin slaag om haarself los te wikkel en die eienaar van die plaas te bel. Die polisie was blitsig op die toneel en ʼn helikopter is gekry om na die verdagtes te soek. Die honde-eenheid is ook op die plaas om die verdagtes se spoor te kry.”
Jacobs kon nie bevestig of die huishulp beserings opgedoen het nie, maar het gesê paramedici was op die toneel en het haar hospitaal toe geneem. “Sy was verskriklik getraumatiseerd en het nie veel gesê nie,” het hy gesê.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê hulle is nog besig met die ondersoek.
Dis net siek siek siek – vang die vuilgoed soos Theresa se – net jammer hulle kan nie in dieselfde manier gestraf word nie
Hierdie misdadigers moet vas gevang en gemartel word. Siek, vuilgoed!!
Dis regtig skokkend. Ek is van Tzaneen af en dis regtig skrikwekkend om te sien hoe die misdaad hier toeneem…
Dit wil voorkom asof die tereur nou vir die skyn ook meer op plaaswerkers en huiswerkers fokus. Tog versuim ons om ons plaas-en buurtwagte beter te benut en aan groter organisasie met beter “komops” en vlakke van burgerlike beskerming te koppel. So sterf daar elke dag meer mense met nagevolge wat al wyer en meer tragies uitkring, – weens ons eie apatie en versuim.
Ag nee magtig soos Melanie is ek ook van Tzaneen af. Ons het die pragtigste dorp maar my magtig die veiligoed wurm hulle orals in almal se privaatheid in. Sterkte aan die werker mag die reg geskiet en daardie veiligoed gevang word.
Dit klink net nie reg nie…Hulle plunder die huis vir waardevolle items, en vat kos en KINDERklere, maar hulle los die platskerm tv? My opinie.