Vrou op Eugene Terre’Blanche se plaas vermoor

OPVOLG: Die man wat in hegtenis geneem is vir die wrede moord op Annerie Grobler is glo ʼn voormalige werknemer. Lees meer hier.

Annerie Grobler. Foto: Facebook

Annerie Grobler. Foto: Facebook

Annerie Grobler (55) is Sondag dood aangetref op Eugene Terre’Blanche, voormalige leier van die AWB, se plaas buite Ventersdorp in Noordwes.

Kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van moord word ondersoek. Sy kon nie dadelik besonderhede van die voorval bevestig nie. “Die polisie is nog steeds op die toneel. Ons moet die beamptes die geleentheid bied om hul werk af te handel, aangesien hulle nog op die spoor van die verdagtes is,” het sy Sondagmiddag gesê.

Sy het bevestig een persoon is reeds in verband met die moord in hegtenis geneem.

Oskin Chatwind, woordvoerder van CSS Security, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 07:00 plaasgevind. Hy het gesê die Hartbeesfontein-reaksie-eenheid het baie vinnig reageer. Volgens hom het die Suid-Afrikaanse Polisiediens ook vinnig reageer en daar was goeie samewerking tussen die polisie, die reaksie-eenheid en die buurtwag.

Maroela Media verneem drie persone het op die plaas toegeslaan. Hulle het met gesteelde goedere en ʼn Isuzu-bakkie gevlug in die rigting van Klerksdorp. Een verdagte is glo in hegtenis geneem toe die bakkie later gevind is, en twee verdagtes het na bewering te voet gevlug. Maroela Media kon nog nie bevestig dat die voortvlugtiges ook aangekeer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Esmay ·

By watter land kan ons aansoek doen om asiel want hier gaan iedere elkeen van ons uitgemoor word. Die “sogenaamde” regering asook die leiers van die vorige bedeling wat ons uitverkoop het sit met hande gevou……!!!!!!!

Valie ·

Esmay, asiel is nie die antwoord nie, tensy ons in tent kampe wil gaan woon vir die res van ons lewens. ‘n Ander man se genade is ‘n helse genade, soos my oorlede skoonpa altyd gesê het. Ons antwoord is om ons deel van die land op te eis, saam te trek en saam te staan. Ek laat my nie langer vertel dat die Afrikaner nie kan saamwerk nie, in die tye waar ons nie kon saamwerk nie was daar telke male eksterne (politiese in meeste gevalle) faktore wat verdeeldheid aangeblaas het. Ons oplossing is nie polities van aard nie, die eerste fases is maatskaplik, of sosio-ekonomies.

johann barnard ·

Valie,eerder asiel by n vreemde man as om te probeer saamstaan met ryk verwaande ongeskikte ryk afrikaners.EK het persoonlike ondervinding,ek voel n vreemdeling sal my beter behandel.Selfs ons afrikaanse families kan n mens nie vertrou nie,ons volkie is besig om vinnig ten gronde te gaan.

GES ·

Valie, ek kan maar net sê hoor-hoor. Ons moet begin laer trek.

Cherokee ·

Esmay, jy is heeltemal reg. Eerder asiel in ‘n vreemde land as ‘n onafhanklike wit staat in die hartjie van swartland. ‘n Blanke staat waarvan al die ingange vanuit Swart Afrika is, is sinneloos want hulle kan die hekke toemaak enige tyd.

Lila ·

Esmay- ek het al lankal die moontlikheid ondersoek en al baie daaroor opgelees! Maak solank alle koerantuitknipsels van hoe ons volk uitgemoor word en scan dit en bêre dit op ‘n usb stokkie.. gaan google bietjie hoe mens aansoek doen om asiel in die land waarheen jy sou wou gaan.. ek het Amerika, Frankryk en nog ‘n paar ander Europeuse lande bekyk.. en ek reken dit is die antwoord! Ons voldoen sowaar aan die vereistes! Ek dink ons moet terug keer na ons kontinent van oorsprong!

johann barnard ·

Oom de klerk,kan ons by jou huis kom skuiling soek,GROOT ASB.

Nici ·

Oom de Klerk sit in Micanos …. hy het vere met hierdie land en die blankes wat hy uitverkoop het. …

Esmay ·

Wel dan gaan ons ook Micanos toe!! Dink net hoe gaan de klerk se bediendes vir ons tee en koekies aandra…..

Varkie ·

Wel dit was net n kwessie van tyd, daai plaas en omliggende area sal altyd deur hulle gesien word as die vyand se grond

Esmay ·

Ja Gideon dis so waar wat jy sè. “Ons mense” moet begin wakker skrik. “Hulle” kom vir enige mens en dier. Ek het al talle martelings, moorde op ons boere gesien wat glad nie geplaas mag word nie , so erg was dit. Daar was geen maar geen genade vir daardie arme babas, klein kinders en ou mense nie!! Ek sè ook ons moet wakker word. Dit begin baie keer by die mense wat vir jou werk. Ons is “sitting ducks” Daar is geen leier wat ons uit hierdie “gemors” kan red nie behalwe onse Heer.

willem ·

wat meer wil hulle nog van ons vat hulle kry alreeds alles dan vat hulle ons grond ons besittings en ons lewens WANNER GAAN DAAR SAAM GESTAAN WORD EN GESE WORD GENOEG IS GENOEG maar as n mens kyk hoe dit gaan in die parlament dan moet ons seker nie vrae vra nie

vierkleur ·

Die skrikbewind word meer intens by die dag. Ons mense word uitgemoor reg onder ons neuse.
Daar is nogsteeds geen teken van saamstaan onder ons volk nie. Word wakker mense, die tyd is naby,waar die profesie in werking gaan kom. Ons gaan eers baie swaar tye beleef voordat dit gaan beter word. Berei julself voor.

Christene ·

Ag asb. Ook ‘n Suidlander wat sy hoop vestig op ‘n wit regering? Word tog wakker, Jesus self het gesê voor Sy verskyning in die wolke om die gelowiges weg te raap gaan daar swaar tye oor ons kom. Lees dit en glo dít. Verlaat jou nie op sieners ens nie.

Dan ·

Wel ons moet ok maar in hulle woon pleke in gaan en hulle begin moor dan sal hulle miskien sien ons kan ok hulle een vir een yt haal .hulle plan is om ons stadig maar stadig yt te din as ons nie gaan plan maak nie gaan all ons boere vermoor word

willem ·

Dan ek stem saam maar as hulle dit doen dan is dit n ‘gewone aanval” as ons dit gaan doen dan is dit rasisme

Nici ·

Neee nie net rasisme nie, MOORD ..doen hulle dit met ons is dit (te)REGSTELLENDE AKSIE

Gemsbok ·

Orania se praktiese prestasies is die enigste langtermynoplossing vir die Afrikaner se bestaanskrisis.

Esmay ·

Ek wil ook Orania toe gaan maar waar gaan ons “arm gatte” werk. As iemand vandag vir my man n werk aanbied is ons mòre daar. 072 393 4357 . As gevolg van die politiek in die land sit my man sonder werk !!!

Dan ·

Wel ek sal liewers my lewe verloor in n geveg as in my slaap. En een lemoen of een blikie vis kan grood skade maak

marie ·

ANDRE …. JOU KOMMENTAAR IS DIE ENIGSTE ANTWOORD WAT WAAR IS!!!!

Hendrik ·

ONS DOEN NIE WAT ONS VOOROUERS GEDOEN HET NIE. OP ELKE WA WAS N SITPLEK VIR GOD. ELKE DAG WAS HY GEKEN EN AANBID. ONS MOET SOOS EEN MAN TERUGKEER NA HOM. DIS DIE ENIGSTE WAT ONS SAL RED. DINK NET WAT HET BY BLOEDRIVIER EN AMAJUBA GEBEUR.

Jackie ·

Net oos van Pretoria is n nedersetting genaamd Kleinfontein, gaan google dit ek kyk wat dit vir die Afrikaners bied, Orania is kilometers ver!!!
Ek myself wil bitter graag gaan maar ek het nie geld om te bele in die dorp nie.

Anti-Chris ·

Sal nie verbaas wees as dit weer die onskuldige “minderjarige” is wat skotvry afgekom het van die moord op Eugene Terre’Blanche nie…

H.A. ·

Die AWB het daardie jare byeenkomste gehou en gesé die moelik kom. Die wittes het gelag en gedink hulle is moeilikheid makers.

Ernest ·

Ek neem kennis van die feit dat misdadigers gevang word, MAAR het ons al gedink wat word van gevangenisstraf ?? As daar reeds volgens syfers ongeveer 70 000 wittes vermoor is en net EEN skuldige per moord word gestraf……WAAR KAN HULLE TOEGESLUIT WEES ??? Daar is sekerlik nie “akkommodasie” vir soveel mense in SA se tronke nie……gewone misdadigers + moorde….NEE ek sal graag tronk syfers in SA wi sien. .

Sus ·

Net tot orde. Moordsyfers word nie uitgereik in kleur nie. Meer nie wittes word vermoor as wittes. Hulle loop net so deur onder crime maar MM skryf nie oor hulle nie. Julle moet ophou vir julle mal hou

Peet J ·

Praat maar met van ons mede Afrikaners oor “genoeg is genoeg”of laat ons “saamstaan” en sien hoe reageer hule, baie maak asof hulle jou nie hoor nie of verstaan nie wat jy bedoel nie.
Ek praat met van ons swartes: “waarom vermoor van julle mense ons witmense op die plase” hulle lag vir my asof dit ‘n grap is.
Die Afrikaner het die spoor i.v.m. eie grondgebied byster geraak na de Klerk se besluit om die Afrikaner se land weg te gee.

Bruno Stef ·

Ek twyfel baie sterk dat dit plaaslike mense is wat die dame vermoor het in die meeste gevalle kom die misdadigers van buite die gemeenskap net soos met die AWB leier gebeur het. Dit sal nutteloos wees om dieselfde optrede teenoor swart gemeenskappe as straf toe te pas maar die treitering van die wit gemeenskap is besig om alle goedgesindheid te vernietig wat nog bestaan. Pasop dat n vredeliewende persoon onverwags dalk se kop uithak en dit het al in die verlede gebeur.

twakkies ·

Ons moet dankie se vir die wat JA gestem het voor 1994. Te danke aan hulle is daat geen wet en orde en ook nie werk nie. Die vorige regim sit nou lekker met lyfwagte wat hulle oppas en rondry.

Jp ·

Daai verkiesing was net eye blind.Glo my,die meeste het nee gestem.De Klerk en kie wou n ja stem he en hulle het dit n ja stem gemaak.

BOLANDER ·

Hoekom kan ons nie baie hard bid soos ons vir reën ook bid nie!! Daar is baie sukses stories wanneer ons vir reën bid. Hoekom kan ons nie ook baie hard en aanhoudend bid vir uitkoms in hierdie land nie. Daar is baie krag in gebed. Ons moet net aanhou en aanhou en dit glo!! Daar moet bid dae gereël word.

Bruno Stef ·

Die plaas van Eugene is vir jare al onder n nuwe eienaarskap net Eugene en familie se grafte is n omheinde gebied nog op die plaas.Onthou mense nog hoedat hoernaliste Eugene se nagedagtenis geskend het deur voor te gee dat hy n homoseksueel was daarom die moord op hom.Die minderjarige krimineel het skotvry weggekom wat n bewys is van die dubbele standaarde wat toegepas word tussen blank en nie blank.Ek sal Eugene aanhaal wat gese het “Al skreeu die klippe dit uit die werklikheid sal in die toekoms uitkom”

Theresa ·

100%. Skandelik hoe hy behandel was. Ander sogenaamde vegters van dit waarin hul glo, word opgehemel en vereer. Die waarheid van mentaliteit het toe al begin deurskemer.

Johann ·

Hoe het ou Jacob Zuma gereageer op alles wat tans in ons mooi land gebeur. Hy sê dit is ” Demokrasie in aksie” Is dit die selfde as regstellende aksie?. Klink eerder vir my soos verwoes alles en almal wat in jou pad kom!. Steel, bedrieg, roof en moor so ver as wat jy gaan, of hoe?.

Gerrit ·

Vetrou op God .die van julle wat Glo .sal weet waarheen om te gaan as die Tyd kom Die Here sal ons folk help. Maar daar sal eers baIe sterf. ..als gebeur deur die Here se wil .hou op wary oor more want God sal voor sien .weet daar wag ‘n beter lewe vir ons folk ….as ons as folk terug keer na God en ons beloftes aan hom na kom .sal hy voor sien ons is ‘n handjie vol maar met geloof en Here aan ons kant sal ons oor win

Jurgens Oberholzer ·

Ek wil net met jul mee deel, di kanse dat dit n voormalige werker is , is nul en geen!! Ek ken tannie Annerie hulle persoonlik en was saam haar kinders op skool, het ook baie fakansies by hulle op plaas spandeer en in die 23 jaar wat ek hulle ken het ek nog nooit n swart werker op hul plaas gesien nie. Hulle het nog altyd hul werk self gedoen.

En vir die dame wat so lekker komentaar gelewer het op eerste berig en gese het die boere karjakker terwyl ander hul werk doen, sy is sewe uur die oggend dood by die skaapkraal gekry, wat dink jy het sy daar gan doen? Cocktails saam haar vriendinne gedrink? Kom by jy is n vernedering vir ons volk

Theresa ·

Ja, mense moet maar ‘n week lank saam met ‘n boer gaan werk om te sien wat hul als moet doen om hul werk te doen. Dis geen sirkus of speletjie nie. Ek praat nou van mense wat hul plekke gekoop het en met liefde vir boerdery daarop werk en suksesvol is. Mense wat nou, met al hierdie groepe wat so instap en moor en plunder, absoluut aan genade uitgelewer is. Die dame moes in vrede haar skape kon besoek, sonder om in gevaar te gewees het. WEG met die moordende massas wat ons land besoedel. WELKOM aan enige regverdige mens.

Bokmakierie ·

Jurgens, ou swaer, het jy al gaan lees wie die ou was wat in hegtenis geneem is??? Voormalige werknemer…

Nita ·

Ai my ou volkie die planne van laer trek en opstaan vir onsself en wit boerestate. Dit is alles “pipe dreams” soos die Engelse se. Mense het nog werk en huise en gesinne waarvoor op n daaglikse basis gesorg moet word. Hoeveel mense kan nou daadwerlik opruk en n stryd gaan voer met jou een handwapen wat jy toegelaat is? Daar is nou net een ding, wit Christenmense in die land is die martelare waarvan die Bybel praat.

Sus ·

Jy dink dus nie dat daar anderskleurige, gelowige slagoffers ook is nie? Mornie Christenskap beledig deur Christus net vir blankes toe te eien nie.

Alete Muller ·

Annerie Grobler gaan maar net deel word van statistiek. Eer haar en sovele ander se nagedagtenis……stem vir die Cape Party. Ek is huidiglik in Mauritius om die moontlikhede te ondersoek om ‘n nuwe bestaan elders te maak. ons het genoeg fondse om die skuif te kan maak, maar glo my dis nie die antwoord nie. Laat ons mense saamstaan , wit, swart, pienk of pers. Ras en geslag maak nie saak nie. Dit gaan oor ons kinders se toekoms. Gaan lees asb die manifes van die Cape Party op hulle webtuiste. Ons het nie ‘n keuse nie, ons moet saam staan.

Sus ·

Dis baie tragies. Als in hierdie land is tragies deesdae. Maar julle moet verstaan dat dit nie n blanke probleem is nie. Solank as wat julle dit so maak vir julleself in julle koppe sal ons as RSAners nooit kan saamstaan teen die ware vyand, die korrupte sleg regering nie. Het julle nie die laaste stemming gesien wat aan die gebeur is nie? Nie blankes is woedend en gatvol, nes ons almal

Lief vir my eie ·

God berei vir Hom eer. Hy’t Farao hart verhard, Hy’t d plae oor Egipte gebring en Sy mag vertoon. (Ex 7:3-4) (Ex 10:1) (Ex 11:9) God bewerk dinge, ‘n volk “ontsag kan kry vir Sy Naam”. (Ex 9:30) Baie eer God ni, mr verbreek Sy wette sonder om Hom te vrees. Hy verander ni (Heb 13:8) Ons moet verander. (Joh 1:12) sodt Hy ons harte kan verander (2 Kor 5:17) Eers wanneer ons waarlik bekeer sal God ons lot verander. Wat ons nodig ht is ‘n wonderwerk en Hy spesialiseer in wonderwerke. Hy kan ons lot in een dag verander, (Hosea 6:11) maar ons moet eers buig en ons verneder. (2 Kron 7:13-14) Dan sal Hy guns verleen in ons vyande se oë teenoor ons. (Ex 12:36) Hy begeer egter ons bekering eerste (Open 3:19-20) (Mat 3:8) Toe d doodsengel die bloed van ‘n lam gesien het aan d deurposte van d Israeliete se huise het hy verby getrek, terwyl die Here die Egiptenare se eersgeborenes met die dood getref het. Jesus is ons Paaslam (Joh 1:29) Moenie langer wag nie (Jes 1:18), maar gee jou lewe aan Jesus as jy nie al ht nie (Spr 23:26) Daar kom ‘n vreeslike tyd op aarde wat voorlê, as teken van God se straf (Open hoofstuk 4-19 Mat 24) Bid dat jy ontvlug (Luk 21:36) Na hrdie donker uur op aarde, sal Jesus terug keer aarde toe (Sag 14) Jou naam moet in die boek wees (Open 20:14-15), wie hul ni bekeer gaan voor die Wittroon verskyn. Gesels? Ferdie 083 458 7459

FM ·

Afrikaners sal NOOIT kan saamstaan nie. Die geldgogga het hulle gebyt. Die broederbonders sal mekaar byt en oor mekaar loop as daar geld betrokke is. Hulle voel niks vir mekaar nie. Hulle is materialisties ingestel. Vergeet van saamstaan, daar is nie meer so iets nie. ELKEEN VIR HOMSELF!!!Families sal mekaar uitroei as dit by geld kom. Die Afrikaner bestaan nie meer nie, want hulle dink net aan hulle self!!!!!Afrikaners kom n slag terug aarde toe!!!!

Boer ·

Gelukkig is ek ‘n Boer en nie ‘n Afrikaner nie..
God gebruik net ‘n paar gewillige siele en wen enige veldslag! Die mense met ruggraat wat moet saamstaan, sal saamstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.