Vrou op grens vas oor miljoene se heroïne

Heroine

Die dwelms waarop daar beslag gelê is. (Foto: African News Agency)

Suid-Afrikaanse doeanebeamptes het met behulp van snuffelhonde ʼn vrou aangekeer wat glo gepoog het om 3,6 kg se heroïne van Mosambiek oor die grens te smokkel.

Volgens die Inkomstediens (SAID) het die dwelms ʼn straatwaarde van R3,6 miljoen. Die vrou het glo twee rugsakke by haar gehad en is voorgekeer toe sy deur die voertuigbaan van die Lebombo-grenspos gestap het.

Die rugsakke is deursoek en die heroïne is in valse kompartemente in twee plastieksakke gevind. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het op die dwelms beslag gelê en die vrou is in hegtenis geneem.

“Die suksesvolle operasie is die resultaat van samewerking tussen die SAID en die SAPD, wat daaraan toegewy bly om ons grense te beskerm en wettige handel te fasiliteer,” het die SAID bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

PJC ·

Die polisie en andere probeer hul bes by grensposte maar wat van mense wat doodeenvoudig op ander plekke oor die grens kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.