Vrou op kleinhoewe geskiet, soek skuiling in hondehok

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn Gewonde vrou het Vrydagaand in die reën en modder gekruip om skuiling in ʼn hondehok te vind, nadat sy en haar man tydens ʼn huisroof op hul kleinhoewe in die plaasdorpie, Sundra, in Mpumalanga, aangeval is.

Derek Bester, voorsitter van die plaaslike buurtwag, die Sundra Rietkol Bulldogs, het Maandag aan Maroela Media gesê twee gewapende mans het die egpaar, vermoedelik in hul laat 50’s, vroeër op hul kleinhoewe oorval en aangehou.

“Dit is nog nie duidelik hoe laat die voorval plaasgevind het nie. Die buurtwag en polisie is omstreeks middernag ontbied, maar die aanval het vroeër die aand gebeur,” het Bester gesê.

Hy het gesê die aanvallers het die egpaar buite die huis ingewag toe hulle hul honde wou gaan oopmaak. Die vrou is in die tuin in die bolyf geskiet en daar gelos, waarna hulle die man in die huis in gedwing het en op waardevolle items aangedring het.

Die gewonde vrou moes ʼn paar meter ver in die modder kruip om skuiling te gaan soek.

Die man is aangerand, waarna die verdagtes op vlug geslaan het. Dit is nog nie duidelik of hulle ʼn wegkommotor gehad het, of te voet gevlug het nie. Dit is ook nog nie bekend wat hulle gevat het nie.

Die man het by ʼn buurman hulp gaan ontbied en die buurtwag en polisie was kort daarna op die toneel.

Bester, die polisie en die erg bekommerde man het dadelik na die vrou begin soek. Hulle het haar naam geroep, waarna hulle haar hulpkrete vanuit ʼn hondehok gehoor het. Sy was in ʼn ernstige toestand en erg getraumatiseerd.

“Sy is in die bors getref en die koeël is by haar rug uit. Ons het dadelik noodhulp toegepas totdat paramedici opgedaag en oorgeneem het. Die vrou is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn hospitaal in Benoni geneem vir verdere behandeling.”

Haar man het onder meer ʼn kopwond opgedoen en was ook getraumatiseerd. Hy het self agter die ambulans aan gery om saam met sy vrou hospitaal toe te gaan.

Bester het gesê die vrou het reeds ʼn operasie ondergaan om skade aan haar organe te herstel en sterk nou aan in die hospitaal se waakeenheid.

Die buurtwag en polisie het dadelik ná die voorval vir ure lank sonder sukses na die verdagtes gesoek en uitkykpunte op verskeie roetes opgestel. “Die wyse waarop die gemeenskap saamgekom en gemobiliseer het, is uitstekend. Ek wil persoonlik dankie sê vir ons polisie en die hele Bulldogs-span wat so vinnig opgetree het, van ons noodhulplede wat daar was, tot ons beheerkamer wat ambulanse ontbied het, asook almal wat betrokke was in die soektog.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die slagoffers se familie het versoek dat hul identiteite nie bekend gemaak moet word nie, uit vrees vir hul veiligheid.

Bester het ʼn beroep op die publiek gedoen om die slagoffers in hul gebede op te dra vir volkome herstel en berusting.

Woordvoerders van die Mpumalanga-polisie was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Maak gereed vir meer ·

Mense, berei voor vir baie aanvalle want hulle word aangemoedig deur die politieke leiers om ons te vernietig, so berei voor vir selfverdediging, almal, nou!!!! Wees altyd versigtig, wees gereed vir die ergste.

Gerd Lourens ·

Sterkte aan die egpaar.

Lafhartige gespuis wat weerlose mense aanval.

Topster ·

Hulle gaan nooit gevang word nie want die Polisie steur hulle nie aan blanke volksmoord nie

Flippie ·

Skryf hierdie moorde toe aan die EFF en die ANC. Die EFF wat dit aanhits en die ANC wat dit toelaat.

BOLANDER ·

Mense, ons het hier te doen met iets erger as MONSTERS!!!!!!!! AfriForum, waar is julle, maak ‘n plan asb. Hulle gaan ons almal uit moor!!!!!!!!!! Ek behoort aan julle en smeek julle asb, sit ‘n stop aan hierdie onnodige moorde.!!!!!!!!!!!!!!!!!!

DirkdB ·

Moenie Afriforum vra nie. vra liewers wat doen “ek”. Die blanke volk staan nie meer saam nie. Kyk liewers rugby en braai en basta met die res. Staan op as ‘n volk en staan saam en gaan saam op julle kniee en maak reg wat verbrou is. Daar staan as jy jou rug op My draai sal Ek My rug op jou draai. Kom terug en bely en staan saam as een volk voor Hom dan sal daar veranderinge kom. Maar ons kerke is leeg en die sport velde word aanbid. Te vining vra ons wie doen wat maar vra ons die vraag van wat doen “ek”. Onthou drie vingers wys terug na jou !

Louise ·

Ja nee ek stem mense, iets moet gedoen word en baie gou ook.
WIT mense is net n TARGET om plaas eienaars bang te maak sodat hulle die plase kan verkoop en die MOORDENAARS dit kan vat so aangesien hulle nog nie na hulle wil geslaag het met die grond hervorming nie.
Jammer dat mense moet boet met hulle lewe uit selfsug en gretigeid uit.

Alida ·

Wat verwag julle moet die politieke partye doen? Elke huis, plot of plaas bewaak? Die duiwel is los en Julius met sy haatspraak uitlatings hoort in die tronk. Die howe skrik hom nie af nie. Slapgat JZ moet hom laat toesluit. Hy sit agter alles.

LB S ·

Malema en sy EFFers doen juis die “vuilwerk” vir die ANC, kyk maar, hulle sal wel op ‘n latere stadium weer bymekaar kom. Sodra hulle hul doel bereik het. Dis nou as Malema kan President word, want hy sal nooit tweede beste wil wees nie. En al hierdie dekking wat hy op die TV kry spoor hom net aan tot verdere hoogtes, want hy weet hy sal nie in die tronk gegooi word nie.

Oom Kalahari ·

Mnr J. Malema is besig om te volhard met die ANC manifesto.

Erika ·

Kan ons asb weet of hierdie aanvallers, swart mense was? Soos wat elke wit mens se aksies teen ‘n swarte aan die groot klok gehang word. Nee – geen geweld of misdaad is goed nie – nie wit, bruin, swart of geel nie- maar kan die nuus asb konsekwent gedeel word? Die EFF en ANC is gou om groot nuus te maak as dit ‘n witte is wat die misdaad pleeg. Kom ons deel bietjie die nuus regverdig, toe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.