Vrou op kleinhoewe geskiet

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn 56-jarige vrou is Maandag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe noord van Pretoria geskiet.

Volgens ʼn bron van die Lusthof-gemeenskapspolisiëringsforum wat op die toneel was en verkies om anoniem te bly, woon die vrou en haar gesin in twee afsonderlike huise op ʼn kleinhoewe in die Kromdraai-gebied, naby Hammanskraal.

“Volgens inligting tot ons beskikking het twee mense die gesin se kleinhoewe omstreeks 01:20 betree en by die hoofhuis van die egpaar ingebreek. Die huiseienaar kon hulle egter verjaag en het skote afgevuur. Die verdagtes het in die veld verdwyn, maar kort daarna gepoog om by die egpaar se seun, in sy 30’s, se woonstel in te breek,” het die bron gesê.

Die seun het sy aanvallers aangevat. “Tydens die bakleiery het die verdagtes op die seun geskiet en in die proses sy ma in die bobeen getref voordat hulle op die vlug geslaan het.”

Die verdagtes het vermoedelik met leë hande van die toneel gevlug en is steeds soek. “Ons weet tans nie of daar nog verdagtes by die voorval betrokke was nie. Ons weet wel dat daar deur die loop van die nag by minstens drie kleinhoewes in die omgewing ingebreek is.”

Die beseerde vrou is op die toneel behandel en in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die seun is aangerand, maar het nie mediese behandeling nodig gehad nie.

Die Hammanskraal-polisie kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

RIANA ROOS ·

STERKTE MY SUS, ONS DINK AAN JOU EN BOETA EN DIE RES OP DIE PLOT

Ria ·

Het jul nie n whats app groep daar nie asb? Daar n dame wat ook in Kromdraai bly wat vanogg merkers gekry het en stres haar dood. Die dame in haar 70’s en haar broer in rystoel.

RIANA ROOS ·

Sterkte sussie, ons dink aan julle. sterkte vir die operasie.

Tobie ·

Dis verskriklik. Hier by die klein kusdorpies in die Kaap het ons tot 7 inbrake op een nag. Kan ienand asseblief vir ons inbraak statistiek bekend maak sodat ons kan probeer uitwerk waar ons redelik veilig kan wees.

Pieter ·

Tobie,da is nie so plek in SA wa jy veilig is nie.Hulle breek dan in veiligheidskomplekse in.

Onnie ·

Twee keer na mekaar op dieselfde plaas?? Het niemand dan die polisie of polisieëringsdienste laat kom na die 1ste poging nie??

Yolanda ·

Op ‘n Plot kom die Polisie nie en as hulle kom is dit te laat !!!

cooll ·

Dankie ons Here God het julle beskerm…wat gaan an AFRIFORUM, is dit oorlog of gaan die buitelaqnd intree?

Nico ·

Dis al vir dekades n (slow war)
Die buiteland is deel hiervan.ons is maar eintlik op ons eie

PJC ·

Hierdie aanvalle wys net weer dat ń mens bewapen moet wees anders is dit nie moontlik om jouself teen hierdie aanvallers te verdedig nie en natuurlik moet jou huis op een of ander manier beveilig word. Onder geen omstandighede moet jy jou huis gedurende die nag verlaat nie.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Bheki Cele beskou plaasmoorde nie as ‘n prioriteits misdaad nie. Bende geweld en dwelm handel is groter prioriteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.